Beurtkrag Sondagaand toegepas

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat beurtkrag Sondagaand toegepas sal word.

“Eskom sal van 17:00 vanaand fase 1-beurtkrag toepas en dit sal moontlik tot 22:00 voortduur. Dit word gedoen weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit veroorsaak deur tegniese foute by van ons eenhede,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

“Ons wil kliënte verseker dat beurtkrag as ʼn noodsaaklike maatreël ingestel word om die kragnetwerk te beskerm en instandhouding te doen sodat ons elektrisiteitstoevoer in die langtermyn verseker kan word.”

Eskom het vroeër Sondag gesê die kragnetwerk sal moontlik Sondagaand onder druk wees weens die koue weer regoor die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Peet Schabort ·

Eskom, ek sit en wag;
Bring maar die nag.
Met vuurhoutjie in die hand;
Is ek nie gestrand.

Thelma ·

krag was af vanaf 11h30 tot19h30 in Rustenburg. Toe dit aankom het dit 4x gedip en nou werk ons TV nie. Ek wil iemand verantwoordelik maak!!! Wie?

ig ·

Thelma’slegte nuus vir jou’daar is nie verantwoordelike mense by eksdom beskikbaar nie.

Gerald van der merwe ·

Dit word genoem n back emf of algemeen n surge. Die feit dat die krag gedip het het die spanning hoer as 220 v jou kragtoevoer getref, Indien jy versekering het sal hulle daarvoor betaal. Andersins kry n kwotasie en stuur die rekening vir Eskom of liewers die
munisipalitiet. Eskom is verantwoordelik vir jou skade, Wie is jou diens verskaffer?

Theresa ·

Ek stem saam. Keelvol vir hierdie treurige diens. Kry asb iemand in die poste wat bevoeg is en weet wat de hel hulle daar veronderstel is om te doen. Dit hou net aan en aan en alles gaan ten gronde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.