Beurtkrag Sondagoggend opgeskort

(Foto: pixabay)

Daar is goeie nuus vir mense wat Sondag gereedgemaak het vir nog ʼn dag van beurtkrag.

Eskom het Sondag vroeg aangekondig dat beurtkrag vandag van 08:00 af opgeskort word nadat die opwekkingskapasiteit verbeter het.

Eskom-spanne het sedert Vrydag vier opwekkingseenhede by die Medupi-kragsentrale weer in bedryf gestel, nadat probleme met steenkool ondervind is.

Nog twee eenhede is terselfdertyd weer in diens gestel en noodopwekkingsreserwes het behoorlik herstel.

Eskom het mense bedank vir hul geduld en steun tydens die inwerkingstelling van die beurtkragstelsel.

In hierdie stadium bly die moontlikheid vir beurtkrag egter steeds hoog. Die kragvoorsiener sê 4 664 MW is weens beplande instandhoudingswerk in hierdie stadium nie beskikbaar nie, terwyl nog 13 539 MW weens onbeplande werk wat gedoen moet word, nie beskikbaar is nie.

Eskom het ook weer ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

KB ·

Wat ‘n arrogansie/verwaandheid het Eskom net nie om “Suid-Afrikaners te bedank vir hulle geduld” nie. Man, ons is lankal keelvol vir julle onbeholpenheid, ons het lankal nie meer geduld met julle nie. Baie van ons het nie veel van ‘n keuse nie.
Ons probeer weg beweeg van julle af deur oor te skakel na kragopwekkers en sonkrag…ten duurste.

Neelsie ·

Dit was eerder ‘n kwessie van logistiek. Die steenkool kon nie by die kragsentrale kom nie agv verspoelde paaie. Hoekom moet mense altyd so negatief en neerhalend wees!!

Jaco ·

Het eskom se mense sowaar oor die naweek gewerk? Dis ‘n wonderwerk. Hier kom GROOT reën. Net jammer dan reën die steenkool weer nat…

Jan ·

Klomp idiote dink ek kan my besigheid na willekeur aan en af skakel . Maar soos die res van die ANC weet hulle nie van iets soos BEPLANNING af nie !

Snowball ·

Janee, watse geduld? Ons sit uitgelewer aan Eskom en moet gelate aanvaar as die beurtkrag op ons afgedwing word.

Persheks Adri ·

Patesiese diens!!! Dit reën en is yskoud en ons moet betaal vir sulke “diens” geen diens geen betaling meer nie ons is keelvol vir julle patete!

Cherokee ·

Ag nee!!!
Ek het onlangs ‘n duur herlaaibare lantern gekoop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.