Beurtkrag steeds in plek

kersEskom het Maandagoggend weer met beurtkrag begin, het ʼn woordvoerder gesê.

Eskom het op sy amptelike sosialemedia-kanale aangekondig dat beurtkrag fase twee om 09:00 sal begin. “Drie groot kragopwekkers by ons kragstasies is buite werking,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom gesê.

Eskom het vroeër gesê voorrade by sy pompbergingkragstasies is herstel en dat daar nie die week beurtkrag toegepas sal word nie. Beurtkrag fase drie is die afgelope naweek toegepas en groot dele van die land was vir langer tydperke sonder krag.

Etzinger het gesê Maandag se kragonderbrekings sal vir die grootste deel van die dag voorkom maar dat “dinge beter sal wees” sodra die kragopwekkers herstel is.

Indien jy ʼn Eskom-kliënt is, klik hier vir die beurtkragskedules.

Munisipale-kliënte kan hul beurtkragskedules op die onderskeie munisipaliteite se webwerwe kry. Eskom publiseer ook van die munisipale skedules hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Estelle ·

soos die spotprent op facebook:
“before 1994 we shouted white power, after 1994 they shouted black power, now we all shouting NO POWER”

Gerhard Bezuidenhout ·

Elke dag het Liegkom n nuwe verskoning . Lieg en bedrieg is hul nering. Etzinger erken nou maar vir eens en vir altyd dat julle te vrotsig is om julle wek te doen.

Marthie ·

Wat help die skedule. Eskom hou nie daar by nie. Ons kry tot twee keer op ‘a dag beurtkrag en ander plekke kry glad nie.

Gatvol ·

Die regering moet bedank aangesien die anc nie die vermoee het om basiese dienste te lewer nie!

Trippie ·

Dink net wat ons ALS in die donker kan doen. Ek kla nie. Kerslig etes, wegkruipertjie, sterre kyk, en sommer nog baie ander dinge.

boer ·

Trippie,

Eks bevrees ander ellimente het veel meer in gedagte as om kerslig etes en wegkruipertjie
te speel,as Eksdom langer gaan aanhou met hierdie gemors

boer ·

Ek het gewonder hoe lank dit gaan vat,voordat die kragopwekkers begin oppak. Eskom,
niks kan vir altyd werk sonder “maintenance” nie, hoe lank gaan dit julle nog vat om dit te besef?

Filemon, The Wise One ·

Eish sir! How can we fix something that is not broket? This maintenance thing is a white conspiracy.

anet ·

Ons het beurtkrag onderbreking van 18 ure gehad, ek moes my gevriesde groente en vis in die swart sak gooi want dit was heeltemal pap en ontvries. Ek wonder nou as die mense eise begin instel wie gaan bakstaan daarvoor? Eskom of City Power.??

Peet ·

Dit gaan nog erger word. En dan stop die water toevoer. En dan gaan ons sukkel om brandstof vir ons generators te kry. Misdadigers gaan ook gebruik maak van die duisternis,,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.