Beurtkrag: Stelsel steeds kwesbaar

Argieffoto: Pixabay

Geen beurtkrag word vir vandag (Woensdag) verwag nie, maar die kragnetwerk bly “kwesbaar en onvoorspelbaar”, sê Eskom.

Dit is die vierde agtereenvolgende dag dat Eskom nié beurtkrag toepas nie, nadat fase 6-beurtkrag verlede week vir die eerste keer geïmplementeer is. “Danksy ʼn afname in die aanvraag na elektrisiteit tydens die vakansie en die herstel van sommige kragopwekkingseenhede, hoef ons nie Woensdag beurtkrag toe te pas nie,” sê Eskom in ʼn verklaring.

Die kragreus sê egter hy sal in dié tyd voortgaan om noodreserwes aan te wend om die kapasiteit van die kragstelsel aan te vul, indien nodig. “Ons wil verbruikers graag waarsku dat die moontlikheid van beurtkrag steeds bestaan, aangesien die netwerk steeds kwesbaar en onvoorspelbaar is,” lui die verklaring.

Eskom se tegniese spanne werk dwars deur die vakansietyd om die stelsel te monitor en werk hard om onbeplande ineenstortings tot ʼn minimum te beperk en só die kans op beurtkrag te verminder.

“Ons vra egter steeds dat verbruikers so ver moontlik hul elektrisiteitsverbruik beperk, aangesien ʼn gesamentlike poging die moontlikheid van beurtkrag kan beperk.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Haarmald ·

Die “sabotasie” waarvan die ANC president gepraat het is Swart Ekonomiese Bemagtiging.

koos ·

Ek sal hoop hulle werk deur die vakansie. Kragvoorsiening is is ‘n noodsaaklike diens ek ek kan my nie juis voorstel dat hulle beplan het om toe te maak vir die vakansie nie.

John ·

Kwesbare kragreus… my hart bloei… Ons wag om te hoor hoeveel die bonusse beloop na die uitputting van die reuse werksmag beraam is…

Johanna Botha ·

Die hele verdomde land is op sy knee agv die anc en uiters kwesbaar …nie net eskom nie !

No worries ·

Toemaar, slaap lekker SA.

Die Pres het belowe daar sal geen beurtkrag wees nie.

Ek is n dapper muis…
Wat van n storm,
Wat van diesel tekorte, steenkool, kabel diefstal, substasie sabotasie..
Bankrot Eskom

Wat indien Medupi nog 1000MW verloor en Cahora Bassa ook ophou krag lewer?

Wat gebeur indien die vakbonde hulle meesterplan van optrede in Jan 2020 ontplooi?

Mnr die Pres, kan jy regtig so iets belowe terwyl jy goed weet, dat nie een in jou parlement of op Eskom se bestuur die omvang van die probleme by Eskom begryp nie.

Hulle kan ook beslis nie kotrek antisipeer wat alles kan en mag skeefloop oor hierdie tyd by Eskom nie.

James ·

Laat my dink Zuma wat gese het never will there be loadshedding ever again…

Johanna Botha ·

Ja zuma is maar uiters onnosel as dit by krag kom hoor

Susanna ·

Stelsel is kwesbaar en sensitief omdat die steenkool uiteindelik vlam gevat het!!! Ons wat wel betaal vir elektrisiteit moet gebuk gaan onder krag onderbrekings agv onwettige konneksies!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.