Beurtkrag toegepas

Argieffoto

Eskom het bevestig fase 2-beurtkrag word vandag van 09:00 tot 22:00 toegepas.

Dit kom nadat die kragvoorsiener reeds vroeg vanoggend gewaarsku het dat beurtkrag vandag ʼn moontlikheid is. Beurtkrag is ook gister van 12:00 toegepas en teen 21:00 opgeskort.

Die kragreus sê die beurtkrag is die gevolg van beplande instandhoudingswerk en weens onvoorsiene kragonderbrekings. Eskom het gesê die Cahora Bassa-hidrokragaanleg verskaf 700 MW minder aan die netwerk as gevolg van ʼn beskadigde transmissielyn.

Fase 2-beurtkrag maak voorsiening om tot 2 000 MW kragverbruik te spaar. “Beurtkrag word as ʼn laaste uitweg ingespan om die kragnetwerk te beskerm teen ʼn totale ineenstorting.”

Die kragvoorsiener het soos altyd ʼn beroep op verbruikers en sakeondernemings gedoen om krag te bespaar en geisers en ander nie-noodsaaklike toerusting af te skakel om elektrisiteitverbruik te verminder.”

Kliek hier om die beurtkragskedule vir Eskom-kliënte te sien, of kontak jou munisipale kragvoorsiener vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

leser ·

mountain view en suiderberg (pretoria) is nou al kragloos van vanoggend 02:00, hou beurtkrag so lank aan?

Adriaan ·

The Cousin het altyd gevra “Wat het mense in Zim gebruik voor kerse?” Die antwoord is “Elektrisiteit”. En nou ons in SA ook.

Thinus ·

Eskom en sy bestuur bly maar net useless en onbevoeg. Hou op krag uitvoer en kyk eers na die land se eie behoeftes.

annelie ·

En waarvoor hulle skedules beskikbaar het sal geen mens weet nie want hulle hou nie by hierdie tye nie – sny die krag net wanneer die lus hulle beetpak!

remondo ·

Gaan op die webblad en die werk ook nie _ lagwekkend webtuiste ook seker LOADSHEDDING:)

Archie Rautenbach ·

Beplande instandhouding? Indien soiets “beplan” is, hoekom is daar kragonderbrekings? Baie duidelik weet die “kragreus” niks van beplanning nie!!!!!!!

cornel ·

Ja nee mountainview en suiderberg het vanoggend onder vandelisme deurgeloop by die substasie en kabel diefstal in suiderberg. nou was ons vir hoe lank af tot omtrent 11 uur en nou moet ons weer beurt krag kry. wie gaan die skade begin betaal aan vleise en toerusting in ons huis agv die krag probleem. mountainview het ook laas week deur seker 6 krag onderbrekings deurgeloop agv take wat nie gesnoei was nie en die winde die drade afgeruk het. Ek is nou net mooi moeg daarvoor dat ons as verbruikers wat ons diens betaal moet deurloop agv die korrupte mense by die stadsrade wat nie hulle gelde oorbetaal na eskom en dan het hulle nou nie geld om verder te gaan BOG se ek

CHRISTA ·

Ek dink hierdie beurtkragstorie is slegs ESKOM se manier om die regering af te pers ten einde hulle 95% verhoging te kry!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.