Beurtkrag tot Dinsdag ingestel

Eskom waarsku dat die kragnetwerk nog jare lank onbetroubaar gaan wees. (Foto: Mujahid Safodien/AFP)

Eskom sal Sondag van 17:00 af tot Dinsdagaand beurtkrag toepas.

In ʼn verklaring sê die kragvoorsiener dit is omdat tien kragopwekkers by sewe kragstasies die afgelope 24 uur onklaar geraak het dat fase 2-beurtkrag Dinsdagaand tot 22:00 toegepas word.

Drie eenhede by die Tutuka-kragsentrale het onklaar geraak weens ʼn gebrek aan lugdruk. Nog ʼn opwekker het by die Kriel-kragstasie onklaar geraak weens ʼn lek in die  ketelpyp. Die probleme by die Kusile-, Medupi- en Duvha-kragsentrale word nog ondersoek.

Dié onderbrekings kom neer op ʼn totale verlies van meer as 6 000 MW se opwekkingskapasiteit. “Ons doen ʼn beroep op die publiek om ons te help om krag te bespaar,” het Eskom Sondag laatmiddag in die verklaring gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Boerkind

Shame!

Diline

O wee gee my krag! Voor die ANC in bewind gekom het was daar nie iets soos beurtkrag nie. Te veel korrupsie en useless amptenare wat nie weet hoe om die werk te doen nie. Raak ontslae van al die vrot appels en kry privaat organisasies om Eskom te behartig. Duidelik kan hierdie regering niks in stand hou nie. Alles wat deur die staat beheer word vou!

Persheks Adri

My geld raak ook klaar vir die patesiese diens pffft Eskom! Julle beter rigting kry en gou ook dis verdomp koud en winter. Enigste diens wat ons voor betaal en ons moet spaarsamig werk bid jou dit aan

Saartjievandiebosveld

10 op een dag….strooi man. Hoe stupid dink hulle is ons….

Pietertjie

As eskom reken dat die kragnetwerk nog vir jare onstabiel gaan wees, dan erken hulle dat die massiewe uitgawe aan die “Karkragskepe” ook vrugteloos gaan wees.