
Eskom waarsku dat die kragnetwerk nog jare lank onbetroubaar gaan wees. (Foto: Mujahid Safodien/AFP)
Eskom sal Sondag van 17:00 af tot Dinsdagaand beurtkrag toepas.
In ʼn verklaring sê die kragvoorsiener dit is omdat tien kragopwekkers by sewe kragstasies die afgelope 24 uur onklaar geraak het dat fase 2-beurtkrag Dinsdagaand tot 22:00 toegepas word.
Drie eenhede by die Tutuka-kragsentrale het onklaar geraak weens ʼn gebrek aan lugdruk. Nog ʼn opwekker het by die Kriel-kragstasie onklaar geraak weens ʼn lek in die ketelpyp. Die probleme by die Kusile-, Medupi- en Duvha-kragsentrale word nog ondersoek.
Dié onderbrekings kom neer op ʼn totale verlies van meer as 6 000 MW se opwekkingskapasiteit. “Ons doen ʼn beroep op die publiek om ons te help om krag te bespaar,” het Eskom Sondag laatmiddag in die verklaring gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Shame!
O wee gee my krag! Voor die ANC in bewind gekom het was daar nie iets soos beurtkrag nie. Te veel korrupsie en useless amptenare wat nie weet hoe om die werk te doen nie. Raak ontslae van al die vrot appels en kry privaat organisasies om Eskom te behartig. Duidelik kan hierdie regering niks in stand hou nie. Alles wat deur die staat beheer word vou!
My geld raak ook klaar vir die patesiese diens pffft Eskom! Julle beter rigting kry en gou ook dis verdomp koud en winter. Enigste diens wat ons voor betaal en ons moet spaarsamig werk bid jou dit aan
10 op een dag….strooi man. Hoe stupid dink hulle is ons….
As eskom reken dat die kragnetwerk nog vir jare onstabiel gaan wees, dan erken hulle dat die massiewe uitgawe aan die “Karkragskepe” ook vrugteloos gaan wees.