Beurtkrag tot fase 4 verhoog

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Eskom het Woensdagmiddag “tot sy spyt” aangekondig dat fase 4-beurtkrag omstreeks 14:00 ingestel sal word.

Dié verhoogde fase sal tot 22:00 geld, wanneer Suid-Afrika na fase 2 sal terugkeer. Maroela Media het vroeër berig fase 2-beurtkrag sal vir die res van die week geld. Dit blyk egter nou dié maatreël is nie genoeg om te verseker dat die onstabiele kragnetwerk nie heeltemal in duie stort nie.

Die kragvoorsiener sê in ʼn verklaring hy word genoodsaak om die beurtkragfase te verhoog weens bykomende probleme by ʼn eenheid van Medupi en twee eenhede by die Duvha-kragsentrale. Die koue skep boonop ʼn toename in die aanvraag na krag, waaraan Eskom nie kan voldoen nie.

“Fase 4 word ingestel om die oorblywende noodopwekkingsreserwes, wat ook amper uitgeput is, te rantsoeneer.”

Eskom benodig glo die noodopwekkingsreserwes om op verdere noodgevalle te reageer en sodoende die stabiliteit van die nasionale kragnetwerk te handhaaf.

In dié stadium is 15 087 MW weens stukkende opwekkingseenhede nie beskikbaar nie, terwyl 1 273 MW weens beplande instandhoudingswerk uit die stelsel gehaal is.

Eskom sê voorts kapasiteitsbeperkings sal in die afsienbare toekoms voortduur en alle Suid-Afrikaners word versoek om hul elektrisiteitsverbruik te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

MakersMark ·

Seker een van die swakste bestuurde besighede in die wêreld. Senior bestuur verander elke twee jaar en elke twee jaar een of ander nuwe skandaal en nuwe verskonings vir onder prestasie.

Hendrik Marthinus ·

Stem saam met jou MakersMark
Die CEO vat geensins verantwoordelikheid nie, hy kruip weg agter die feit dat hy Eskom so gekry het.
Guest what hy het die aanbod aanvaar en hy vertoon Baie swak. Was dit n Ander CEO was hy AL weggejaag
De Reyter spreek nie SA toe oor stand van sake nie, hy kruip weg. Maar hy kruip nie weg vir Sy salaris nie

Aai ·

Ek stem saam maar hoe effektief is die span wat onder hom werk dit is die probleem.

Pieter ·

Ek stem saam met jou – mits jou aanmerking nie sarkasties bedoel is nie.

Misky ·

Ja Johan, mens kan ook nie elke 2de aand braai nie, want die wyn voorraad daal te vinnig – ha ha ha

Persheks Adri ·

Ek ook Misky!!! Die ergste is ek’t ‘n nek en rug operasie gehad so ek voel letterlik elke skroef en plaat. Ek wil al huil so seer het ek en al wat regtig help is hitte…

Hendrik Marthinus ·

As soveel stasies breek is dit eenvoudig mos om Dan nie ook te same instandhouding te doen nie.
Dit wat jy reg maak is mos nood instandhouding.
Doen instandhouding as daar genoeg krag is
Nou is Al’s in duie en daar word instandhouding ook gedoen wat nog Meer bydrae tot die krisis.
De Reyter het nog nie eens n onderhoude toegestaan en Suid Afrikaners ingelig, van die posisisie tans van Eskom nie.
Nee hy kruip weg, en laat Sy Onderdane sleg lyk want hy Wil Sy naam in stand hou.
Gaan terug Nampak toe man, jy is n erg swak CEO pffft.
Hou op om te blammeer van vroeer jy is nou in die stoel, en jy doen slegter as die wat voor jou in die stoel was.
Ons worry nie oor hoeveel geld jy terug vorder nie, ons soek een ding en dus krag PUNT

Hendrik ·

Dit is nou vier jaar wat ons eie krag genereer en dit is beslis die beste oplossing . Ek hoef nie kwaad te raak nie en ek is onafhanklik.

Hendrik Marthinus ·

Wens ek jou finansies gehad Hendrik, waaragtig dus die beste om te doen
Ek Spaar om dieselfde te doen want met De Reyter aan die stuur gaan ons nog jare die probleem het
Bly dat jy die nonsens gespaar is, hou maar duim vas vir ons
Groete

Kerneels ·

Dis van aanhoudend instandhouding uitstel dat alles nou breek…

johan ·

Ongelukkig is ons nie almal in die possisie om ons eie krag op te wek nie.

Sarel ·

Versoek aan Eskom ….ons sal kurdus reel en verduidelik dzt jy betyds voorsiening moet maak vir die ” Winter ”
Nie wag tot dit daar is en dan instandhouding wil dien nie.
Amptenare van Eskom…het julle ook toestelle wat beskadig raak ens..

Hendrik Marthinus ·

Dink De Reyter werk uit England uit
Lyk my nie hy sit in SA nie
Swakste CEO in SA

Werner ·

Ons kan ons maar regmaak vir totale ineenstorting.Hulle het Eskom net afgebreek in 27 jaar wat laat hulle dink hulle gaan Eskom in vyf minute regkry.

Ben ·

Baaaaie van ons het dit lankal voorspel. Hier is dit nou. En dit gaan net al erger word.

Vernon ·

Ja nee,dit kom nou van die gestelery,krag onwettig tap ! En nog steeds “werk” daar duisende onnodige mense. Die peoples gaan seker nou weer Kubane inkry ……

Frank ·

Ek hoop daar word deeglike ondersoeke na hierdie gevalle ingestel. Moet seker maak daar’s nie nalatigheid/onbekwaamheid/gebrek aan voorkomende instandhouding wat die oorsaak is nie. In welke geval De Ruiter nog ‘n paar bestuurders moet afdank (om weereens van rassisme beskuldig word…).
De Ruiter kan ook net soveel doen. Hy sal egter spoedig by die wortel van die probleem moet uitkom, kan nie so aangaan nie.
Tyd dat Eskom sy kant begin bring, kan nie van verbruikers verwag om in die winter minder te moet gebruik nie.

Hendrik Marthinus ·

De Reyter is self afwesig, het jy hom al gehoor praat oor stand van sake

Snowball ·

Hy het terugvoer gegee Hendrik, maar dit was seker toe jy beurtkrag gehad het ;-)

boerie ·

Sny af die krag na die buurlande toe dan sal ons baie meer he.

Pieter ·

Kan ons nie maar die snedige opmerkings los nie? Kyk nugter daarna. EK wil nie die taak he – en kritiek beloop elke keer as daar ‘n hic-up kom – wat Adnre de Ruiter het nie! En ek dink hy kwyt hom uitmuntend van die taak wat hy het – gegewe wat hy ontvang het om mee te werk.

Hendrik Marthinus ·

Sekerlik familie, want van dat hy in beheer is het ons nog nooit soveel loadshedding gekry nie
Uitstekend van Sy taak, maar stage 4 loadshedding
1+1 = 2 die man kry 11

Skillie ·

Daar’s geen manier hoe De Ruyter die eskom karkas van die anc gaan lewe inblaas nie die skrif is aan die muur.

Pappa Beer ·

Maar die tariewe word opgestoot. So betaal meer sodat jy minder kan kry. Ons plaaslike munisipaliteit kan nie hulle skuld aan eskom betaal nie so ons het nog interne loadshedding ook. Gister was ons krag van 06h30 af tot 16h00. Dankie korrupsie en cANCer, hoop julle is nou tevrede.

Sobymykoolkop ·

Eskom wil nie toegee vir buitensporige salaris verhoging nie so ons saboteur tot hulle gee.

SjN ·

Wek krag op waarvoor julle betaal word, dan is tipe en fase berekening oorbodig.

annie ·

Ek glo De Ruyter doen sy uiterste bes, maar die ondersteuning is swak. Indien hy nie Eskom kan swaai nie, sal dinge net erger raak…

Hendrik Marthinus ·

Ek lewer ook my bes, dus nie goed genoeg nie
As hy Ander kleur was het jy gese jaag weg

James ·

‘n Doodgeborene – is ‘n lelike ding. Selfs diegenes in die kraamsaal wat gewaarsku het teen ‘n potensiele doodgeborenheid, sit handjie by, help met die masjiene, pomp lug en bloed in – en hoop vir die besste. Daar kom egter ‘n punt – so paar dekades later – wat almal moet besef: Sit nou maar die af die masjiene – die baba gaan dit nie maak nie. Op daardie punt is daar mense soos ek wat verklaar: Ek het julle mos gese!” Dis nou daardie punt in tyd.

donsie ·

Dalk moet hulle nou maar die krag permanent afsit en klaar kry, jerry blik vir hitte in die aand en kerse, dink net hoeveel babies gaan daar dan weer wees, hoe romanties, ek hoef nie meer te kook nie want ons gaan elke aand braai. Lekker niks skottelgoed nie, net papierborde…….

Hendrik Marthinus ·

Stem Cindy
Geen krag maar ons moet aanhou betaal
En Kan net krag gebruik as Eskom dit toelaat

Suzette ·

Waarom, waarom is daar GEEN Party wat die Eskom kwessie al aangevat het nie. Daar word miljoene spandeer op ander goed en kennis ingevoer vir ander goed, MAAR ons krag probleem sal ‘n probleem bly tot die hele storie in duie stort. Nuwe era met ou kragstasies wat nie onderhou word nie :(

James ·

Kom ons probeer weer:

Wat het mense verwag? As jy ‘n Republiek word, met voorsiening vir volkere om ONAFHANKLIK, met hul konings en tradisies binne hul EIE grondgebiede te floreer, wyl jy vir hulle paaie bou, hospitale bou – (Die groottste hospitaal in die Suidelike Halfrond heet tans Charlotte Maxeke – gebou deur Hendrik French Verwoerd..) en SKOLE (hulle is nou afgebrand)…

Dit het NOOIT gegaan oor Apartheid nie. Inteendeel: Deesdae haat swartmense witmense selfs in Amerika, so ‘n mens sou kon argumenteer dat hulle so ver as moontlik wil weg wees van hulle? Vreemd – nie. Jy sien: Hulle wil nie regtig sien dat witmense in tuislande gesit word nie. Hulle wil nie regtig WEG van die bose witmense wees nie – hulle wil steeds witmense gebruik – en kla oor onderdrukking. As jy witmense wegstuur – is daar niks meer oor waarop jy jou eie mislukkings kan blameer nie. So – hou hulle naby – maar beledig hulle en versterk hul skuldgevoel. Afrikane se kommoditeit

Willempie ·

“en sodoende die stabilteit van die nasionale netwerk te handhaaf”….as DIT stabiliteit genoem word , dan is vekeerd geleer op skool

johan ·

Ek persoonlik dink dit is nie lank voor ons geen krag meer gaan hê nie. Die anc het die hele land presies waar hulle ons wil hê.

Anoniem ·

Oe la la. Wie praat nou die waarheid. Sien al hierdie onwettige koppellinge na huise moet saans voorsien word van krag vir die koue nagte. Komberse ek kos word mos jaarliks ingesamel vir die “minder bevoorregtes” volgende jaar moet hul weer komberse kry want nugter weet wat van hierdie jaar se gratis komberse geword het. Ons gebruik nie heaters nie, want ons kan dit nie beskostig nie, ons gebruik nog Ouma Grootjie en Ouma se gehekelde en lappies komberse saam met die enkele komberse wat met die tyd aangekoop is om warm te bly. Ons is nie gemagtig op onwettinge aansluitings van gratis krag nie. Ons vra nie vir kos nie, sop en brood is maar reg, want dit is al wat ons kan bekostig in ons huidige situasie. Ons leef!

Kerneels ·

Ek praat so pas met ‘n kollega wat tans 3 (3!) verwarmers in sy huis aan het. Hy reken hy sal maar betaal… bogger die res.

As almal wat koud kry net warmer aantrek en nie verwarmers aansit nie, sal dit ook al beter gaan met die hele Suid-Afrika!

Snowball ·

As al die onwettige verbindings oral afgehaal word, en net dié wat betaal die netwerk gebruik kan almal 3 verwarmers aanhê, sonder probleme.. dis die ding van sosialisme, een of ander tyd, raak die geld op. Maar soos jy weet, AS is verbrande hout…

Keelvol ·

Doen ons asb n guns de ruiter en sit net die krag geheel en al af.

johan ·

Ek is seker nie een van die regering se mense sit sonder krag nie.

Rian ·

Dit kink soos n sekere ketting winkel. Hoe meer jy koop hoe meer spaar jy? Eskom sê weer hoe meer ons vir krag betaal, hoe minder krag gaan ons kry. Maak dit enigsins sin?

ES ·

Ek kan nie verstaan hoekom ons landsburgers moet boet vir ESKOM se wanbestuur nie… elke dag wil ek net meer en meer emigreer.

Rian ·

N vriend woon in Mosambiek. Hy sê alhoewel hulle krag van SA kom, hulle nog nooit beurtkrag gehad het nie.

Jr ·

Tot sy spyt Aagh jis ek wil vloek maar shjoo. Met wie praat hulle – dink hulle ons is idioote.

Cheryl ·

Dan wil hulle tariewe met 16% verhoging. Jammer Eskom maar ek sal “tot my spyt” nie meer my krag kan betaal nie.

Nicholaas ·

Ek kry meer die gevoel dat hier sabotasie agter als is, die eerste saak van rassisme teen hom het hul verloor so ek dink die comrades is nou kwaad

Di ·

Die land is juis weer afgegradeer – Ons land is LANKAL rommelstatus! Danksy die ANC is hierdie pragtige land totaal VERWOES van hulle oorgeneem het.

Debby ·

Sit Soweto se krag af, dan is daar genoeg vir die res van ons

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.