Beurtkrag tot Vrydag ingestel

Argieffoto

Fase 2-beurtkrag sal vanaf Woensdag 10:00 tot Vrydag 22:00 geld.

Eskom het dié droewige nuus Dinsdagaand in ’n verklaring aangekondig.

Luidens die verklaring word die kragvoorsiener genoodsaak om beurtkrag in te stel weens verdere onderbrekings van die opwekkingseenhede by die Majuba- en Arnot-kragstasie, asook vertragings met die terugkeer van opwekkingseenhede na diens by die Arnot- en Tutuka-kragstasie.

Eskom sê voorts noodopwekkingsreserwes is die afgelope paar dae gebruik om beurtkrag bedags te vermy. Die reserwes is intussen uitgeput wat die beskikbare kapasiteit verminder.

“Dit is dus nodig om beurtkrag deurlopend tot Vrydag 22:00 in te stel om die noodreserwes weer aan te vul.

“In hierdie stadium is 13 601 MW weens kragonderbreking nie beskikbaar nie, terwyl nog 1 330 MW weens beplande instandhoudingswerk uit die netwerk gehaal is.

“Eskom se spanne werk hard daaraan om opwekkingseenhede weer in diens te stel en die noodreserwes aan te vul.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Persheks Adri ·

Regtig Eskom? Wanbestuur en traag verby. Sit onwettige connections af man dis winter en ysig! Moeg om te betaal vir patetiese diens wat ons nie eers kry nie, maar ons moet betaal gggmmmfff pffft!

Alex ·

Enige nuwe redes om eendag die gehuurde skepe in die see se krag te kan gebruik seker. Nes soos die kubanse dokters. Geld gaan uit die land uit, maar niks kom in nie. Baie mooi ekonomie wat ons het…

Jack ·

Niks nuut hier nie.Afrika en Afrika standaarde.Kom ons maak beurte om te lewe.

KB ·

Dit het tyd geword dat Eskom ook terugstaan soos Ace Mageshule.

Vernon ·

Iets wat hulle gekry het na 94 is net opgemors,te veel kaders,te hoe salarisse,te min onderhoud….want as iets werk ,hoekom dan onderhoud. Volgende stap is om weer seker Kubane “struggle” maatjies in te voer. En die wragtig weet hulle jaag wit mense weg,hulle sal eerder vergaan en die hele land sonder krag laat.

Andre ·

Met hierdie Eskom situasie is daar een van twee dinge:
1. Hierdie Eskom werkers moet hulself amper dood werk met al hierdie probleme wat op n uurlikse basis intree.
2. Die Eskom werkers doen niks en dis hoekom sake so op die oomblik staan.
Ongelukkig voel dit meer soos punt 2 vir my.

Kokerboom ·

Dit toon weereens die groot skade van proporsionele afmetings wat die gevaarlike ANC regime aan die land se kraginfrastruktuur berokken het!!!Die HELE klomp BEEE bestuurders verantwoordelik behoort skuldig bevind , beboet of AL hul bates vervreem word en in tronk gestop word. Hul aksies tesame met die Zuma boef is niks anders as hoogverraad.
De Ruyter/ Oberholzer en staar ‘n onbegonne berg van ‘n taak in die gesig. Wil NIE in hul skoene staan

Hendrik Marthinus ·

Wat se julle Andre de Reyter fans nou
Seker die volgende: Hulle saboteer hom aspris
Nee wat hy sit met krag aan en ons in donker en koue
Lank lewe Andre de Reyter, gee hom n bells en n verhoging, hy speel in die hande van die regering

Nico ·

Dit alles is die baba van Eskom, daar was geen onderhoud gedoen nie.

Darkwing Duck ·

Beurtkrag is een ding, maar om 12 ure later nog nie krag te he nie, is onaanvaarbaar. Moenie vir een oomblik dink hulle sal die arme mense wat hierdeur geraak is ‘n breek gee met die volgende beurtkrag nie. Om een of ander rede (in ons area, noem nie name nie), kry hulle dit sommer gereeld reg om na beurtkrag nie weer die aansit knoppie kan kry nie en as hulle doen, blaas hulle ‘n substasie. Versoeke om die area tot ” nie-beurtkrag” area te verklaar val op dowe ore. Maar verhogings moet ons betaal.
Dink hulle moet die kragskip hier in Gauteng kom parkeer :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.