Beurtkrag tydelik opgeskort om wetsontwerpe deur te voer

(Argieffoto: pixabay)

Eskom skort beurtkrag Vrydag van 12:00 tot 17:00 op om die parlement kans te gee om verskeie wetsontwerpe deur te voer – en sal beurtkrag dan vir die res van die naweek toepas.

Volgens Eskom word die beurtkrag op versoek van die adjunkspeaker opgeskort.

“Die deurvoer van die wetsontwerpe is noodsaaklik om die regering aan die gang te hou, omdat daar sonder die betrokke toewysings nie finansiering vir sleutelstaatsfunksies soos hospitale, wetstoepassing en ander noodsaaklike dienste sal wees nie.”

Volgens Eskom word die opskorting moontlik gemaak deur groot nywerheidsgebruikers wat ingestem het om hul kragverbruik in dié tyd te verminder.

“Dit gaan in hierdie tyd vir Eskom ook nodig wees om sommige van sy noodreserwes te gebruik, en sommige van die reserwes wat oor die afgelope paar dae opgebou is, sal nou uitgeput word.”

Eskom sê om dié voorraad weer op te vul en vir die komende week voor te berei, gaan fase 2-beurtkrag Vrydag om 17:00 hervat word en tot Sondag om 22:00 duur.

“Eskom vra om verskoning vir die ongerief en onsekerheid wat deur die onderbrekings in kragtoevoer veroorsaak is.”

Die sukkelende kragvoorsiener het Suid-Afrikaners gevra om “in die nasionale belang” hul kragverbruik tussen 12:00 en 17:00, asook oor die naweek, te verminder.

In Maart vanjaar is beurtkrag ook opgeskort sodat Suid-Afrikaners die roudiens vir wyle Zoeloekoning Goodwill Zwelithini op televisie kon volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Fedup ·

So the hoi peloi have the power to stop loadshedding for brunch, but we have to sit without when excom sees fit?

Pietertjie ·

Ek dag die parlement is permanent vrygestel van beurtkrag. So het Bryntirion in Pretoria byvoorbeeld nog nooit beurtkrag ervaar nie. Politiek bly maar ‘n nare ding.

Johann ·

Lekker man. Imagine wat die paar uurtjies vir die sakke van die honourable members beteken. Hoor die Pres se hulle verdien so min en sukkel…

Vernon ·

Ja jy is reg Johann…en met n gemiddelde salaris van R 1,1 milj per jaar!! Skokkend!

Hendrik Marthinus ·

Ek dog beurtkrag was veronderstel om slegs tot Vrydag aand 22:00 te duur
Sal maar nie weer kommentaar liewer oor almal se held de Reyter nie

Asgat ·

Ek is skoon naar van befoeterheid! My pa is op 24/7 suurstof en is dit n’ gesukkel om elke tweede dag sy “cylinders” te moet laat vol maak – en dan is daar die te kort aan suurstof ook nog. Hulle dink nie daaraan nie. Ek is seker daar is nog baie families wat met dieselfde situasie sit. Ons krag was van gister 18h30 af en het eers 11h25 vanoggend aangegaan…… Ons moet meer betaal vir ons elektrisiteit maar loadshedding raak net erger. Die regering en hulle SOE’s maak my siek regtig!

Willem ·

So as die parlement besluit daar is genoeg krag dan is daar,laat my wonder oor oor beurtkrag retig nodig is,want met soveel ketels buite werking en die parlemt sê daar is genoeg krag en eweskielik is daar,hoe werk dit? Ek meen as daar te min ketels by eskom buite werking is is daar nie net vir wanneer die parlement so besluit nie,die selde ketels is buite werking elke keer

Juls ·

Die hele situasie is verregaande, geen rasionele mens kan die snert glo wat aan ons opgedis word nie

Persheks Adri ·

Vir hulle moet ons nou die hele naweek ook beurtkrag he waar dit net tot vanaand 22:00 sou wees? Kof man en jammer help nie Eskom!

Hendrik Marthinus ·

Die bus stop by die CEO, hy is die een wat beurtkrag aankondig
Of Dan mense wat deur hom die bevoegdheid gegee is
Eskom is in Sy hande, wys presies wat ek heeltyd se, onbevoegdheid
Wys jou dus n leuen wat Hulle heeltyd se dat daar nie krag is nie
Spaar krag asb, maar de Reyter se voorbeeld is nou duidelik hy is in die hande van die regerende party
Nie daar vir ons betalende kliente nie, hy spring as Hulle net se Boe of Ba

Boerkind ·

Ry nou op die N1 by Worcester…. dit is 12:00 en AL DIE OORHOOFSE LIGTE IS AAN – weerskante van die pad… dit was gister ook so!

Bart-Man ·

Stop loadshedding vir n roudiens. Dan vir n parlement sirkus. Terwyl mense moed sterf in ouetehuise en hospitale. Agter die skerms gryp die res van ons gas stofies, start generators. Kry ekstra komberse en kry rolls vir hotdogs. Terwyl die kokedore ons belastinggeld op mors en voorbery vir vandag se sirkus.

Heinrich ·

“Eskom vra verskoning vir die ongerief” – onaanvaarbaar.
“Alle korruptes by Eskom wat aanleiding tot beurtkrag gegee het gevonnis” – aanvaarbaar.

Objektief ·

Die feit dat de Ruiter nou al apartheid blameer vir ESKOMN se probleme se vir my hulle is besig om in duie te stort.

Alet ·

Agbare Eskom, Aangesien daar dan en wan vir sekere mense ‘n toegewing gemaak word vir krag – ek betaal al meer as 30 jaar krag. Hierdie jaar kry ek koud. Kan julle asb vir my ook voorsiening maak? Vra maar net.

Pierre ·

Wonder hoe “toor” hulle dan nou krag vir die geleentheid ?

Anoniem ·

Sny die krag summier, hoe minder die lot vergader, hoe beter.

Margaret ·

Hulle skort buurtkrag op vir 6 uur en dan moet hulle dit verleng met 48 uur. Hoe werk dít dan?

Mariana ·

Eskom se verskonings raak nou bietjie vervelig. Die besluite lê by hulle, maar dan is daar ook die ANC wat hulle besluite kan verander. Ons word ‘n rat voor oë gedraai met die alewige stories en moet maar net betaal. So gatvol ……

Juls ·

“In nasionale belang” ???!!! Laat ek elke moontlike toestel wat ek kan kry aanskakel. Nee, genade, ons moet klaar kom met generators, hospitale moet sukkel met generators en beperkte masjienerie vir operasies maar die parlement het krag nodig om ‘n speech te gee???? Gaan staan buite op die gras man!

VaalDonkie ·

Ek wil dinge tik, maar Maroela sal dit nooit laat deurgaan nie. Dis darem nou ‘n sirkus

Hendrik Marthinus ·

Vaal Donkie
Ek voel soos jy, maar ek besluit na vandag
Ek hou sommer my ligte aan dag en nag
Ek betaal vir my krag, so as loadshedding Dan Kom Dan verstaan ek dalk hoekom ons kry
Vir die afgelope Paar jaar is ek een wat vir huishouding se, asb julle sit af die ligte as jy nie in kamer is etc nie
En ek glo die meerderheid van ons doen, maar Steeds gee de Reyter ons loadshedding
So nou mnr de Reyter hou ek my ligte aan vir die keure dat jy my onnodig loadshedding voor gegee het, PUNT

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.