Beurtkrag tydelik opgeskort

Eskom het beurtkrag Dinsdag tydelik opgeskort. (Argieffoto: Mujahid Safodien/AFP)

Nadat verskeie opwekkers weer in diens gestel kon word, het Eskom beurtkrag Dinsdag tydelik van 04:00 af opgeskort.

Die verligting is egter van korte duur.

Volgens die kragvoorsiener sal fase 2-beurtkrag weer om 17:00 hervat word en tot 22:00 duur.

Eskom sê daar was ʼn verbetering in die kragnetwerk se vermoë nadat beurtkrag Sondag op baie kort kennisgewing in werking gestel is.

“Oor die afgelope 24 uur het Eskom-spanne sewe opwekkingseenhede weer in diens gestel. Dit het gehelp om druk te verlig en Eskom in staat gestel om beurtkrag in dié stadium op te skort.

“Dit is egter onvoldoende vir die aandspitstyd. Fase 2-beurtkrag gaan dus weer van 17:00 af tot 22:00 in werking gestel word,” lui ʼn verklaring wat Eskom in die vroeë oggendure uitgereik het.

Eskom het Sondag gesê tien kragopwekkers by sewe kragstasies het in die voorafgaande 24 uur onklaar geraak en tot beurtkrag gelei.

Drie eenhede by die Tutuka-kragsentrale het onklaar geraak weens ʼn gebrek aan lugdruk. Nog ʼn opwekker het by die Kriel-kragstasie onklaar geraak weens ʼn lekkasie in die ketelpyp, terwyl daar ook probleme by die Kusile-, Medupi- en Duvha-kragsentrale ondervind is. Die onderbrekings het gelei tot ʼn algehele verlies van meer as 6 000 MW opwekkingskapasiteit.

“Die vooruitsig vir die res van die week gaan na verwagting verbeter terwyl Eskom-spanne onophoudelik werk om meer opwekkers in diens te stel.

“Ons ondervind tans hoë aandspitstye, wat tekenend is van die winteraanvraagtydperk. Sou opwekkingskapasiteit verder versleg, kan beurtkrag weer nodig wees, waarskynlik tussen 17:00 en 22:00 in die winter.”

Eskom het ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

annie ·

Is dit dieselfde ou wat per donkiekar na die baie stukkende Eskomstasies moet jaag om al die probleempies reg te dokter wat ook die grafieke en inligtingstukke en kaarte en verduidelikings moet opstel waarop ons kan sien wanneer ons weer krag moet skenk vir die laebloeddruk, futlose en rigtinglose, lekkende ou Eskom?

Persheks Adri ·

Dis nou sommer snert hierdie! Ek sal my generator se rekening vir die patete stuur aangesien ons klaar so baie betaal en nou nog onnodige uitgawes vir die patesiese diens waarvoor ons betaal, maar nie die diens ontvang nie patete pffft!

N ·

Ons raak bly as beurtkrag opgeskort word. Van wanneer af is dit normaal?. Ons land is in die moeilikheid.

Persheks Adri ·

Net sodat hulle dit weer van 17:00 tot 22:00 kan af sit nogals as mens by huis kom van die werk af en moet kos maak. Bekotsingswaardig verby die patete

JM ·

Beurtkrag gaan deel van ons woordeskat bly tot in lengte van dae. Net nog ‘n patetiese en onbeholpe Afrikaland. Waarom moet enigiets werk?!

Misky ·

Ek het so tydjie terug ‘n ou koerant gesien en dit was voorbladnuus toe Pretoria middestad sonder krag was vir ‘n dag. Ek dink dit was in die jare 60 of 70, maar dekades terug. Ons is besig om terug te beweeg na die oertyd. Alles te danke aan die ANC

Lian ·

Ek stem saam dit gaan net oor grafieke , hetsy beskikbare krag of verteenvoordigning van die bevolkingsdiversiteit of geslagsdiversiteit , maar grafieke hou nie ‘n stelsel op nie en daarby is die topstruktuur te lief vir geld en ek stem saam dat die privaatsektor dalk fondse beskikbaar stel om die vrot appels wortel en tak uit te roei, maar die privaatsektor gaan dit net doen as hulle die bydraes van belasting kan aftrek, maar daaroor kan ons gesels.

Franz ·

Instandhouding by die kragstasies is n werklike probleem,verouderde toerusting word gelap,en so kan dit nie aanhou nie.Gebeur al vir baie jare,nie soos vrooer jare nie,toe as daar n probleem was,is dit onmiddelik herstel,met nuwe onderdele,dit is n feit.Tutuka sukkel al jare lank met die lugdruk,,en het al baie noue ontkomings gehaad,en nou gebeur dit.Sal seker net weer gelap word of aan sabotasie toegeskryf word.

Samuel ·

Shame!!

Eskom besig met spoeg en plak herstelwerk. Hulle voel vere.

Renee ·

Kan iemand dalk vir my se waarvoor le die miljoene rande de bote in die hawens was dit nie veronderstel om the help met beurkrag nie

Genis ·

Ag siestog, dis so pateties… Elke keer n nuwe CEO, wat die wa deur die drift moet haal… dan word alles geblameer op apartheid… Die probleem is, daar is nie n instansie wat bekostigbare solar kan voorsien, vir n huis, om van die sogenaamde grid af te kom nie… Dis tyd dat ons as Afrikaners n bekostigbare oplossing kry…

Sarel ·

Het julle nie geweet die winter is asn die kom.nie. Of wag julle vir Kubaanse Ingenieurs

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.