Beurtkrag vanaand ‘hoogs waarskynlik’

Argieffoto

Eskom het Dinsdag gesê dit is hoogs waarskynlik dat beurtkrag Dinsdagaand ingestel sal word.

Volgens Khulu Phasiwe, woordvoerder van die kragvoorsiener, is die nasionale kragnetwerk steeds erg onder druk. “Die kragnetwerk sal na verwagting veral van 17:00 tot 21:00 onder druk wees, wat ʼn hoë risiko vir beurtkrag tot gevolg het. Kragverbruikers word versoek om druk op die nasionale netwerk te verminder deur nie-noodsaaklike ligte, elektriese toestelle, swembadpompe en geisers af te skakel.”

Eskom het die afgelope naweek gesê dit sal tot tien dae neem vir die kragstelsel om te herstel van die protesaksies en sabotasie by Eskom se kragstasies en streekskantore verlede week. Die vervoer is van steenkool is ook verlede week tydelik gestaak weens die betogings.

Beurtkrag word as ʼn noodmaatreël gebruik om te verhoed dat die kragstelsel heeltemal ineenstort en die hele land in donker gehul laat.

Fase 1 vereis dat 1 000 MW op rotasiebasis landswyd bespaar word, fase 2 vereis ʼn besparing van 2 000 MW, fase 3 vereis ʼn 3 000 MW-besparing en tydens fase 4 word genoeg beurtkrag ingestel om landswyd 4 000 MW te bespaar.

Eskom het vandag saam met verteenwoordigers van Solidariteit, NUM en Numsa na die onderhandelingstafel teruggekeer om salarisverhogings vir werknemers te bespreek. Vakbonde eis verhogings van tussen 9% en 15%, terwyl Eskom aanvanklik nie bereid was om enige verhogings toe te staan nie.

Teen Dinsdag om 15:45 was geen beurtkrag nog ingestel nie. Besoek Eskom se webtuiste hier vir beurtkragskedules.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jaco ·

Beurtkrag, geen water, onteiening sonder vergoeding super tax ens ens….Ons is letterlik in die hel!

Cherokee ·

…en dit is tydens fase 5 wat mense by hul huise besoek word en die kerse doodgeblaas word.

Peet Schabort ·

Wanneer ek hierdie toedrag van sake lees/ondervind dan dink ek aan http://www.eskom.co.za/sites/heritage/Pages/RL-straszacker.aspx
Terwyl Dr. Straszacker besig was om kragstasies te bou vra die regering van die dag aan hom wat gaan hy doen met al hierdie onnodige krag waarmee hy besig is. Sy antwoord? “Los my uit want ek weet wat ek doen”. En hulle (regering) hét hom gelos anders was ons in nóg groter moeilikheid. Een van die uitgelese wetenskaplikes van SA.
Ek kan maar net wonder maar tog weet wat sou hy gesê het.

Chris Groenewald ·

Dit was nuus vir die 19de – ons kry dit eers die 20ste!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.