Beurtkrag vandag afgeskaal

Argieffoto (Pixabay)

Eskom het aangekondig dat hy beurtkrag later vandag van fase 2 na fase 1 sal afskaal.

Die kragvoorsiener pas sedert 09:00 Vrydag fase 2-beurtkrag toe wat tot 23:00 vanaand sou voortduur. Eskom sê egter nou dat hy van 16:00 af na fase 1-beurtkrag sal afskaal.

Teen vanoggend was daar steeds 11 996 MW se onbeplande onderbrekings. “Ons gaan voort om diesel vir ons oopsiklus-turbines en water by ons pompopgaarskemas te gebruik om kapasiteit aan te vul.”

Eskom poog om onbeplande onderbrekings af te bring na minder as 9 500 MW ten einde nie beurtkrag hoef in te stel nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër die week gesê daar sal van 17 Desember tot 13 Januarie nie beurtkrag plaasvind nie en dat die ligte hopelik daarna ook sal aan bly.

Ramaphosa het ʼn staatsbesoek aan Egipte kortgeknip toe die land die afgelope week in ongekende fase 6-beurtkrag gedompel is.

Ramaphosa het ook gesê afgesien van die kragvoorsiener se talle ánder uitdagings het beweerde sabotasie ʼn verdere bydrae tot die kragvoorsiener se magdom probleme gelewer.
Die president het gesê streng stappe gaan gedoen word teen diegene wat skuldig bevind word en dat die strafregstelsel hiervoor sal sorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johann cb ·

11996 MW! Dus is daar bitter min vordering gemaak met herstel van die kragtoevoer!

Nic ·

Krag af in silverton vanaf gisteraand tot nou Ramaposa is dit dalk sabotasie .vra maar net

jaco ·

Seker wit mense vol rassisme en wit monopolie kapitaal wat die sabotasie gepleeg het. Andersins funksioneer eskom dan so foutloos, amper perfek.

Willie ·

Jacob weet mos hulle saboteer Eskom deur wit kundigheid te verwyder, geen onderhoud te doen nie en lae graad kool by julle kaders ten duurste te koop!

André André ·

Die grootste oorsaak van negatiwiteit in die land is om van die ANC en sy entiteite se uitdagings te lees. Ek was so knorrig ek wou nou gaan kole aansteek en die res van die dag/aand geniet, toe keer my vrou en beduie dit is nou eers vieruur.

LHS ·

en skielik het iemand iets afgesit wat niemand kon agterkom nie, skielik toe Ramaphosa Toetenkamen verlaat is alles skielik oplosbaar werkend, voorwaar n towerkuns. Met enige kamstige sabotasie sal sekuriteitstelsels dit seker dadelik moes optel, of werk die ook nie meer. Asb. die verskonings word net al hoe meer lagwekkend.

Chris ·

Plaas dat hy maar daar gebly het, dink sy teenwoordigheid hier, het niks opgelewer nie.

LHS ·

Selfs die steenkool het hulle droog geskrik toe Rama pot die tombes vaarwel roep.

Hannetjie ·

Ek wonder of hulle enige begrip het van hoeveel geld besighede verloor met hulle beurtkrag. Wonder hoeveel besighede gaan die beurtkrag oorleef…

Johanna Botha ·

Kan mens hulle glo …ag wel seker bly wees dis nie fase 6 nie ….al so moeg vir die anc en die onvermoeë wat alles lamle !

Pieter ·

Ek sal baie graag wil weet hoe hy kan weet wanneer daar nie beurtkrag sal wees nie. Is hy dan die een wat dit reel?

Andre C ·

Dis wonderlik om te hoor dat ons nou kapasiteit met water en olie kan aanvul ,veral water.

Julie Jansen van Rensburg ·

Ramaphosa ensy trawante is so dikvellig dat hulle hulle alies aan klagtes oor beurtkrag en ander probleme afvee – solank HULLE nie enige ongerief verduur nie sal hierdie”African National Corruption maar bly voortploeter – eintlik is ekbietjie verbaas dat CR nie so ver gegaanhet om (weer) die wittes verantwoordelik te hou vir die “sabotasie” waaroor hy gal gebraak het nie…

Johan ·

Die steenkool en vervoerbande is darm skielik droog. Waar het hulle krag gekry vir so n groot haardroëer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.