Beurtkrag vandag toegepas

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat hy vandag beurtkrag sal toepas.

Die kragvoorsiener het gesê fase 1-beurtkrag sal vanaf 11:00 tot 23:00 toegepas word.

Die kragvoorsiener het die afgelope paar dae gewaarsku dat die risiko vir beurtkrag hoog is, maar het gesê dit kon tot dusver vermy word danksy sommige krageenhede wat weer aan die werk is.

Volgens Eskom pas hy beurtkrag toe weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit.

Die kragvoorsiener het huishoudings en besighede versoek om elektrisiteit spaarsamig te gebruik en geisers en alle ander nie-noodsaaklike toestelle af te skakel om die las op die kragnetwerk te verlig.

Waar kry ek my beurtkragskedule?

Beurtkrag word toegepas wanneer daar nie genoeg kapasiteit is om aan die vraag na elektrisiteit te voldoen nie. Beurtkrag word dan toegepas om elektrisiteit te bespaar en druk op die kragnetwerk te verminder. Fase 1-beurtkrag bespaar 1 000 MW elektrisiteit op enige gegewe oomblik, fase 2 bespaar 2 000 MW, fase 3 bespaar 3 000 MW en fase 4 bespaar 4 000 MW.

Hoewel beurtkrag dikwels veroorsaak word deur ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit, kan daar ook ander oorsake wees soos ʼn tekort aan steenkool, weersomstandighede of voorraadinvoerprobleme.

Beurtkrag sal voorafgegaan word deur ʼn kennisgewing deur Eskom, hoewel dié kennisgewing soms op die nipper uitgereik kan word. Indien jou krag af is sonder dat Eskom beurtkrag aangekondig het, is dit waarskynlik weens ander redes soos tegniese probleme of kabeldiefstal.

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 08600 37566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die volgende webtuistes besoek of inbelsentrums skakel.

City Power (Johannesburg): www.citypower.co.za of 086 056 2874
Ekurhuleni (Oos-Rand, Gauteng): www.ekurhuleni.gov.za of 086 054 3000
Tshwane Metro (Pretoria): www.tshwane.gov.za of 012 358 9999
eThekwini (Durban en omliggend): www.durban.gov.za of 080 131 3111
Stad Kaapstad: www.capetown.gov.za of 086 010 3089
Nelson Mandelabaai: www.nelsonmandelabay.gov.za of 041 506 5555
Polokwane (Limpopo): www.polokwane.gov.za of 015 290 2490
eMalahleni (Witbank en omliggend): www.emalahleni.gov.za of 013 690 6911
Umhlathuze: www.umhlathuze.gov.za of 080 022 2827

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

sweis ·

Hulle kan en sal dit nooit regkry nie privatiseer en gee dit vir bevoegde mense om te bestuur.

HPV ·

Patetiese spul, gelukkig nie meer afhanklik van hulle nie, sal nooit weer afhanklik van hulle wees nie. Bye-bye patete.

Eskom se baas ·

aan die een kant wens ek die hele grid wil nou maar inmekaar tuimel en klaar kry sodat
almal gedwing word om sonder eskom klaar te kom
dan kan al daai mense wat so baie betaal word voel hoe dit voel om werk te soek
stadig maar seker sal ons sonder eskom klaar kom
ek sien hulle vat nou 2 keer krag op die pre-paid meters deur die dag!
raai wat?
jy kan niks doen nie, waar sal jy tog gaan huil?
hopeloos is nie eers die woord nie

Johann ·

ANC LEGACY! ONBEVOEGDHEID en storm voort en verwoes elke eens trotse funksionele besigheid en stelsel…dra die koffers skaamteloos leeg…en word eenvoudig nie verandwoordbaar gehou nie!

MarieM ·

Het The Reeds/Rooihuiskraal/Heuweloord/Amberfield en daai plekke al ver hulle genoeg bespaar van Sondag aand 10:00 af tot Dinsdag nie?

Cobus.panther ·

Wat bedoel jy hulle vat 2 keer krag op prepaid……

Diefie ·

Hi Eskom se baas, wat bedoel jy met hulle vat 2 keer krag op die koopkrag

Henk ·

Die redes vir beurtkrag is soos die redes vir hoer petrol pryse, hoer olie pryse, verhoging van kos pryse op n daaglikse basis, verhoging van selfoon tariewe, verhoging van munisipale dienste. Op die einde van die dag is dit in kort n korrupte spul wat so lieg dat hulle hulself nie eens meer glo nie, maar hulle verhoog in elk geval die pryse, of pas beurtkrag toe.

James ·

Ons gaan dan nou amper 10% meer betaal. Soek hulle nog. China al geld gegee en ander lande en die testurier ook. Dis asof geld in gat weg val. Iemand se sak of sakke het gate in…

Omgekrap ·

So spaar hulle dan nie genoeg met die dorpe wat dae lank sonder krag moet sit, as gevolg van slegte of geen Maintenance nie.

Ses Volt ·

Beurtkrag kan verhoed word deur net munisipaliteite wat wanbetalers is, en miljoene skuld, se krag af te skakel. Maar die verkiesing is mos oppad. ESKOM was een van die beste maatskappye in die wereld, maar bedel nou by belastingbetalers Vote for fools and suffer…..

Onnodig ·

Kan iemand asb die straatligte afsit wat daagliks die hele dag lank brand? As dit net kan gebeur dan spaar ons al genoeg krag om nie Fase 1 beurtkrag te he nie. Ons was gister vir 8 ure sonder krag en vandag is daar beurtkrag. Fantasiese vooruitsig. Die yskas het net weer koud genoeg geword dat die water nie uitloop nie, dan begin alles van voor af.

Hendrik ·

Beurtkrag? Nog nooit gehad. Miskien by die werk. In S.A moet jy ver in die toekoms kyk en voorsiening maak vir die nood. Onthou om ook na jul water voorsiening te kyk en vriende met ‘n dokter maak vir die NGV.

Michael ·

Eskom vra!!! wees spaarsaaaaaaamig Ek wens net hulle kon dit met Eskom se geld doen

Jack Sadie ·

Ek volg gereeld Soweto se beurtkrag skedule. Dis duidelik dat ons in ons klein dorpie fouteer. Ons betaal vir die voorreg om sonder krag te sit en Soweto betaal nie vir die reg om nie beurtkrag te te kry nie. Dan die fout (?) wat Henk maak om nie die ë in hoër te gebruik nie, spreek boekdeke

Chris Ws ·

Eskom se probleme is BAIE groter as wat hulle laat blyk.Ons moet mooi kyk wat gebeur in Veneuzela.As ons hier vir 4 dae of langer heeltemal sonder krag sit,is al jou kos in jou yskas en vrieskas vrot,die winkels leeg geplunder en geen brandstof by die vulstasies nie.Net mense met alternatiewe krag bronne soos sonkrag stelsels en kragopwekkers en wat gas stowe het sal kan oorleef mits jy genoeg brandstof vir die kragopwekker gestoor het bygese.Laat mens dink . . . . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.