Beurtkrag verhoog tot fase 3

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Fase 3-beurtkrag sal Vrydag van 14:00 tot Maandagoggend 05:00 geïmplementeer word, waarna fase 2-beurtkrag sal volg.

Volgens Eskom is hy genoop om ʼn hoër beurtkragfase oor die naweek in te stel weens nog vyf opwekkingseenhede wat die gees gegee het.

“Die hoër fase is nodig om die noodopwekking te bestuur en te herstel,” sê die kragvoorsiener in ʼn verklaring.

Eskom versoek alle Suid-Afrikaners opnuut om voort te gaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

Vyf opwekkingseenhede, drie by Tutuka- en twee by Kusile-kragstasie, het Vrydagoggend onklaar geraak.

Die vertraging in die herstel van Eenheid 2 by die Koeberg-kragstasie plaas verder druk op die kragnetwerk.

Altesaam 4 588 MW was teen Vrydagoggend weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 17 131 MW aan kragkapasiteit weens onbeplande kragonderbrekings nie beskikbaar was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Antie Sarie ·

Al wat die gees gegee het is hulle verskonings. Dit is letterlik copy and paste elke keer.

Mieke ·

…en Harrismith sit all die hele week sonder krag. Ek hoor van my vriendin van kos wat nou in yskaste vrot en haglike toestande daar. Hulle is ook glad nie in kennis gestel oor die rede vir die onderbreking nie…

Piet 6 ·

Dit is nie Eskom se skuld nie. Transfornator gesaboteer, lees die berig op Maroela Medium.

Mieke ·

Dankie. Ek het die kommentaar vóór die nuutste berig gestuur. Ek het dit nou sopas ook gelees. Munisipaliteite is ewe sleg!!

Rudi ·

Daar is weer baie sabotasie. Dis net te toevallig dat aanlegte gelyktydig trip.

Antie Sarie ·

Dan is dit nie sabotasie nie. Krag word elders gekanaliseer. En nie na die buurlande toe nie

BARNEY ·

Dit is verstommend dat Eskom nie hulle eenhede kan onderhou en aan die gang hou nie, en nog meer n behoorlike instandhoudings program in plek sit nie.
Andre De Ruiter kon tot dusver net verskonings maak oor n boot wat reeds gesink het, en het nog nie behoorlike werkbare oplossings op die tafel gesit nie.
Meskien moet hy aanbeweeg, dalk sal die opsetlike beskadiging en sabotasie van openings eenhede ophou.

Jr ·

Barney jy kry nog blindes wat dink hy gaan eish is brokken red. 3 maande terug het hulle mense gevra om te help. DADELS DAARVAN GEKOM. EYEBLIND. Name lê nou in file 13, 13de vloer Luthulie house jhb

Elma ·

Verbeel ek my of is dit elke keer net so vlak voor die naweek, VYF eenhede?

domheks ·

sal binnekort nie meer van Eskom afhanklik wees nie!!! Dankie tog!!!

B-Man ·

Hoe kan twee eenhede by Kusile onklaar raak? Die plek is splinternuut! Is geneig om saam met sabotasiegerugte te stem.

Pietertjie ·

Om te dink dat Kusile ‘n splinternuwe kragstasie is, en hy duik so gruwelik gereeld in die hek!

Hugo ·

Dis hkm besighede vou en hul deure sluit nog meer werk verlies

Peter ·

En Kusile is nog splinternuut, wys jou net, as jy nie kop het nie is dit alles tevergeefs, morone

Antie Sarie ·

Die feit dat Kusile genoem word, dui 100% dat dit nie gaan oor onderhoud nie.

Jr ·

MM en hulle modereering. Te bang vir die waarheid en die government. Vir n media wat Afrikaners verteenwoordig is julle slapgatte. Gebruik die regte woord – SENSUUR nie MODEREER. SELFDE SOOS SWART OP SWART IS XENOPHOBIA TENSY VAN DIE REGTE WOORD TE GEBRUIK – RASSISME. As mens sê wat u wil dan MODEREER JULLE

Hendrik Marthinus ·

Net gister het ek op maroela media gese, Mark my words, fase 2 gaan 3 raak.
Ek begin wonder het de Reyter en Oberholzer nie aandele in McDonald’s en Paneelkloppers nie
Want net Fast Food Chains en Paneelkloppers wen met Beurtkrag.
Glo my hulle het Generators wat bitter vinnig in spring as Andre praat.
Ek wonder maar net, want Hoe de hel doen jy elke sekonde van elke dag maintenance en dit breek soos jy regmaak.
Nog snaakser is Dat jy presies Weet tot op die uur dat op Dai dag en tyd Beurtkrag ophou.
Ek verstaan Beurtkrag hou nou eers volgende Vrydag op om 22:00.
Maar mark my words teen woensdag middag hoor ons nee sekere eenhede by tutuka en medupie is weer reg en Beurtkrag verander na fase 2 of dalk Nog 1
Wat Dink de Reyter man van ons betaalde Verbruikers?
Vat die pad asb mnr, as jy regtig so wonderlik is soos almal Hier op maroela jou maak was jy beslis al lank al n CEO in n ander land
Ek Dink die man moet maar CEO word van Riool

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.