Beurtkrag verleng

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Eskom het Sondag aangekondig dat fase 2 van beurtkrag Maandag- en Dinsdagaand sal voortduur.

Die kragvoorsiener het Saterdagaand aangekondig dat fase 2 van 21:00 af in werking sal tree en tot Maandag om 05:00 sal geld.

Volgens die kragvoorsiener sal beurtkrag steeds van 05:00 af opgeskort word, maar dan weer Maandagaand en Dinsdagaand tussen 21:00 en 05:00 geld.

“Hoewel Eskom goeie vordering gemaak het om noodopwekkingsreserwes aan te vul, was daar Sondagoggend ’n verlies aan opwekkingsvermoë by Koeberg-eenheid 1. Daarom moet beurtkrag weens dié verlies ook verleng word,” lui ’n verklaring wat deur Eskom uitgereik is.

Koeberg-eenheid 1 het Sondagoggend uitgeskop weens ’n fout aan die voedingswaterpomp vanaf die sekondêre kragaanleg. Dié aanleg is afgeskakel in ooreenstemming met standaardbedryfsprosedures.

“Die reaktordeel van die aanleg is heeltemal veilig, asook gereed om weer in werking geplaas te word wanneer die voedingswaterpomp herstel is. Die ondersoek na die pompfout duur voort en sodra die probleem opgelos is, sal Eskom bevestig wanneer die eenheid weer in werking sal wees. Dít sal waarskynlik in die loop van die komende week wees.”

Eskom se spanne het die afgelope 24 uur die opwekkingseenhede by die Tutuka- en Hendrina-kragstasies herstel. Twee van die eenhede by die Kusile-stasie is ook al herstel. Benewens die Koeberg-eenheid is eenhede by die Hendrina- en Kriel-stasies ook buite werking.

In hierdie stadium is 15 813 MW weens onbeplande instandhoudingswerk nie vir die netwerk beskikbaar nie, terwyl ʼn verdere 4 967 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.

Eskom het verbruikers om verskoning gevra vir die ongerief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jr ·

Dis hoe dit werk. Hulle sit uit tot Maandag WEL WEETEND dat dit langer gaan wees en merk my woorde dit sal tot DONDERDAG WEES OF LANGER. En dan sal die verskoning wees ONS MOET DIE NAWEEK RESERVES REPLENISH. As julle die metaan gebrand het van al die poefie wat julle praat kan julle die ligte vir ewig aanhou

Papsak ·

Ag asb wanneer wil julle die speletjie stop ek is gatvol vir stories stories

Paul ·

Nou ja Dan vra ons ook omskroning as ons nie verder betaal nie. Jammer vir die ongerief Eksdom

Willem ·

Die verskonings is nou al rerig afgesaag. Ek steur my nie eers meer daaraan nie. Sorg maar net dat ek en my gesin voorbereid is op die onderbrekings.

BARNEY ·

Ek glo dat as hiedie land se mense saamstaan en kyk na alternatiewe krag bronne ons Eskom kan uitskakel.

Antonk ·

Verwat vra hulle omverskoning?Hulle kan maar hulle verskoning los,want dis vals.Dis nie eers ons skuld dat die goed breek nie.

Kobus ·

Dis nou al tiperend.Elke keer as Eskom en Nersa oor tarief verhogings redekawel,is daar beurtkrag.Dit is hulle taktiek om Nersa te dwing /af te pers om toe te gee. Tariewe styg net maar verskaffing bly daal.

Papsak ·

Ja so pragtig kort voor stemmery sit ons sonder water sonder krag en ja daars dit oulik ne nou wil hulle he jy moet stem korrup die hele lot

SjN ·

Elke keer as ons beurtkrag verby is en dit word aangeskakel dan blaas al die kabels ens agv verouderde infrastruktuur en dan neem dit dae om te herstel. Pateties.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.