Beurtkrag: Verligting van korte duur

Argieffoto ter illustrasie van beurtkrag. (Foto: Robert Weidemann/Unsplash)

Fase 2-beurtkrag sal Dinsdag weer omstreeks 17:00 ingestel word en tot Woensdag 05:00 geld.

Dié nuus volg maar enkele ure nadat beurtkrag vanoggend om 05:00 opgeskort is.

Eskom sê in sy jongste verklaring eenheid 5 by die Medupi-kragstasie is gedurende die nag weer in diens gestel. Drie opwekkingseenhede by die Camden-kragstasie het egter intussen die gees gegee wat bygedra het tot die huidige tekort aan opwekkingskapasiteit.

“Eskom se spanne werk hard om soveel moontlik van hierdie eenhede weer in diens te stel,” het die kragvoorsiener verseker.

Onbeplande onderbrekings haal in dié stadium 14 449 MW uit die netwerk, terwyl 4 804 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.

Eskom het opnuut gewaarsku dat ’n tekort aan opwekkingsvermoë vir die res van die week sal voortduur wat beteken dat beurtkrag op kort kennisgewing in werking gestel kan word, sou sy opwekkingsvermoë verder verswak.

Noodopwekkingsreserwes word in dié stadium gebruik om die fase van beurtkrag te beperk.

“Hierdie oornag-beurtkrag sal gebruik word om die damvlakke by die pompopgaarkragstasies aan te vul ter voorbereiding vir die res van die week,” sê Eskom.

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het intussen die media na ’n virtuele inligtingsessie uitgenooi waartydens hy oor die “huidige stelseluitdagings” sal gesels.

Dié inligtingsessie vind later vanoggend plaas.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dries ·

Met al die saboteurs en korruptes daar twyfel ek of enige persoon die pyp sal rook by Eskom.

FC ·

Eskom min ag die wetsgehoorsaam mense van SA.
Gaan breek af daai onwettige koppelings, en julle weet waar.
Dan sal ons oorgenoeg krag het en so leer die ander om vir dienste te betaal, soos die res van ons.
Maar, Eskom en Polisie is te slap om dit te doen.

Jr ·

Give Willem ‘n Bells iemand. My kandidaat is Jan van Riebeeck want hy het die blaam vir alles gekry behalwe Eskom. Well at least not for now – quote by small boy jujubean

Janice ·

Eerstens, vra eers vir Johann Rupert of hy belangstel, want ek wens die werk nie vir my grootste vyand toe nie. Tweedens, hoe verwag jy moet amper twee dekades se stelery, sabotasie en sub standaard werk oornag reggemaak word? As dit nie vir de Ruyter en die huidige Eskom bestuur was nie, was jy nou in permanente donkerte gehul.

piet ·

Ek twyfel Janice. Die meeste kragonderbrekings ooit onder die ruiter se bestuur. Dis ‘n feit soos ‘n koei. Swart op wit, hy maak dit nie want hy presteer swakker (in terme van ligte aanhou) as AL sy voorgangers. Hy mag sekere dinge regdoen en verbeter het maar by ligte aanhou, het hy misluk.

Witbaard ·

Jy kannie wen teen die ANC en saboteurs nie, maak nie saak wat jou naam is nie

Lubbe ·

Lagwekkend….mens kan nie miracles verwag nie. Nie eens Johan Rupert sal Eskom kan red nie.

Papsak ·

Kry tog ASB net iemand wat die werk Kan doen en nie so sukkel Soos die klomp onbevoegde mense wat werk Vir Eskom nie want Onder hulle Gaan die kragstasies tot niet

KatjieDeKat ·

At this stage it looks like only a faction of aliens from outer space could save Escom . Nee wat ek weet nie meer nie. As jy geld het, bele dit in n fabriek wat kerse vervaardig, die aanvraag gaan Groot wees in die toekoms. Ook kragopwekkers wat bekostigbaar is vir selfs lae inkomste mense. Nie eens n grap nie. Dis ons toekoms, kerse en kragopwekkers.

Pampoen ·

Dan is dit aan – dan is dit af. Werk soos ‘n flikkerlig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.