Beurtkrag veroorsaak vertragings by OR Tambo

OR TamboDie OR Tambo Internasionale Lughawe buite Johannesburg het Donderdag vlugvertragings ervaar weens ʼn kragonderbreking.

“Alhoewel noodsaaklike dienste op kragopwekkers gesteun het, het ʼn agterstand ontstaan,” het Unathi Batyashe-Fillis, woordvoerder vir die lughawe, in ʼn verklaring gesê.

Reisigers is versoek om geduldig te wees en hul samewerking te gee. Reisigers is ook versoek om die onderskeie lugrederye te kontak vir vluginligting.

Eskom het vroeër aangekondig beurtkrag sal tussen 09:00 en 22:00 regoor die land plaasvind ná swaar reën nat steenkool veroorsaak het. Verbruikers word versoek om alle nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.

Intussen het die regering gesê hy het nie enige berigte ontvang dat die ekonomie deur die kragonderbrekings geraak word nie en het beurtkrag as ʼn “tydelike terugslag” beskryf. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Kontak Sep Blatter – met TwentyTen het ons geweldige toeloop van buitelanders gehad, die media, stadions in elke provinsie ensovoorts ensovoorts sonder ‘n SEKONDE se beurtkrag. Nat kole? Bog snert en onsin! Die kole word in elk geval met warm lug geblaas om alle koolstoffies te verwyder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.