Beurtkrag vir dele van Gauteng ingestel

(Argieffoto: pixabay)

Eskom het beurtkrag ingestel vir sekere digbewoonde dele van Gauteng waar netwerkonderbrekings weens voortgesette onwettige verbindings voorkom.

Die kragvoorsiener het Saterdag gesê die sogenaamde kragvermindering aan die gebiede sal slegs tussen 05:00 en 09:00 en 17:00 en 22:00 gedoen word, wanneer die grootste skade aan sy infrastruktuur aangerig word.

“Eskom het met kommer kennis geneem van ʼn toename in transformator- en minisubstasie-ontploffings wat deur ʼn oorlading van die netwerk, onwettige verbindings, meters wat omseil word, ʼn gepeuter, asook diefstal van en vandalisme aan krag-infrastruktuur veroorsaak word.

“Die ontploffings lei tot verlengde kragonderbrekings wat mense dae lank sonder elektrisiteit laat en noodlottige beserings kan veroorsaak.”

Eskom sê hy moet beurtkrag instel om die skade aan infrastruktuur te beperk, asook om sy bates én die gemeenskap te beskerm.

Die kragvoorsiener het gesê weens die ongelooflike groot hoeveelheid herstelwerk wat herhaaldelik gedoen moet word, word sy hulpbronne tot op breekpunt gedryf en kan die herstelwerk nie altyd vinnig gedoen word nie.

Prioriteit gaan gegee word aan gebiede waar Eskom toegelaat word om oudits te doen en onwettige verbindings en meters wat omseil word, te verwyder.

Gebiede wat geraak word sluit in buurte in Benoni, Vosloorus en Brakpan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eiervrug ·

Nou kyk op julle stelsels, en sny dan die krag van die ouens wat nie betaal nie. Ek betaal elke maand my krag, maw ek is nie deel van die “illegal connections” nie. Hoekom moet ek nou ook onder beurtkrag ly, omdat ander ouens verniet hulle kabels koppel??? Pak vir ‘n slag die probleem, moenie altyd net die maklikste roete uit probeer nie…..

Snowball ·

Netwerkonderbrekings gaan wees in digbewoonde gebiede waar onwettige koppelings is. Op ander nuusnetwerke word gepraat van bv Mamelodi en dele van Soweto wat reeds sonder krag is. Die kanse is goed dat jy waarskynlik nie beurtkrag gaan beleef waar jy bly nie…

Snowball ·

Goed so. Uiteindelik beurtkrag waar dit hoort – by die onwettige kragverbruikers.

marius ·

Met kommer kennis geneem ? Waneer gaan die mense ophou lieg ?

Elize ·

Hulle sal nooit ophou lieg nie want dan het hulle niks om te sê nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.