Beurtkrag vir die naweek afgeskaf

(Argieffoto: Unsplash)

Beurtkrag kan weens ’n laer aanvraag na elektrisiteit vroeër as verwag opgeskort word, wat beteken Suid-Afrikaners kan uitsien na ’n naweek sonder beurtkrag.

Eskom het Vrydagmiddag aangekondig dat beurtkrag om middernag opgeskort sal word en na verwagting eers Maandag weer ingestel word.

Fase 2-beurtkrag sal egter nog tot vanmiddag 16:00 geld voordat fase 3 sal inskop en tot middernag ingestel sal word.

’n Opwekkingseenheid elk by die Arnot-, Kendal- en Krielkrag-stasie kon sedert Donderdagoggend weer na diens terugkeer, terwyl twee eenhede by die Tutuka-kragstasie weer in diens gestel is.

In hierdie stadium is 6 234 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie en nog 13 779 MW is weens onbeplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie.

Eskom sal na verwagting Sondag ’n vooruitsig op volgende week verskaf óf sodra daar groot veranderinge oor die naweek plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Skielik ‘n laer vraag na krag. Sommer net so.

Samuel ·

Die krag moet aanbly ter wille van die terreurwaarskuwing. CR heb gesegd.

Samuel ·

Ons het nie ‘n kristalbal nodig om te weet dat vanaf Maandag sal beurtkrag weer in volle swang wees nie. Kan ‘n mens enige storie wat Eskom opdis, nog glo? Oor die naweek gaan nog eenhede breek en so gaan dit aanhou tot aan die einde der dagen.

Keelvol ·

Ek lees gisteraand dat die Kusile en Medupi kragstasies elke 4800 MW krag kan vervaardig na voltooiing. Wat dan beteken dat beurtkrag tot n einde kan kom. Nou weet ek Hoekom die konstruksies solank sloer. Eskom wil hê dat daar beurtkrag moet wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.