Beurtkrag ‘vir eers’ opgeskort

Eskom se Tutuka-kragsentrale. (Foto: Eskom)

Eskom het die afgelope ses dae – terwyl Suid-Afrikaners weereens aan beurtkrag onderwerp is – gebruik om herstel- en instandhoudingswerk aan sommige van sy opwekkingseenhede te doen. Die kragvoorsiener waarsku nietemin dat beurtkrag steeds weer op kort kennisgewing ingestel kan word.

Beurtkrag het van verlede Donderdag tot vanoggend om 05:00 geduur, waarna dit opgeskort is.

“Hoewel ons sommige van ons noodopwekkingsreserwes kon opvul, moes ons in hierdie tyd steeds daarop staatmaak om die kragstelsel te steun.

“Hoewel Eskom beurtkrag in hierdie stadium kon opskort, is daar steeds beduidende risiko’s by sommige opwekkingseenhede wat Eskom kan dwing om beurtkrag op kort kennisgewing in te stel, sou ons enige verdere opwekkingskapasiteit verloor.”

Die Cahora Bassa-skema het Saterdag met sy jaarlikse instandhoudingswerk begin wat tot ʼn verlies van 650 MW aan die stelsel gelei het. Die skema sal na verwagting teen môre weer krag teen volle kapasiteit kan lewer.

Sommige ander eenhede is sedert Vrydag weer aanlyn gebring en het gehelp om druk op die stelsel te verlig, maar daar was die laaste paar dae hernieude probleme by sekere opwekkingseenhede.

“Hoewel ons sommige van die noodopwekkingsreserwekapasiteit kon aanvul, was dit nie voldoende om druk op die stelsel te verminder nie.”

Onbeplande herstelwerk het tot ʼn verlies van 14 868 MW aan die stelsel gelei, terwyl beplande instandhoudingswerk ʼn verlies van 5 277 MW tot gevolg gehad het.

Sommige van die eenhede wat geraak is, sou oornag en oor die volgende paar dae weer aanlyn gebring word en behoort druk op die sukkelende stelsel te verlig. Dit sluit in eenhede by Kriel, Majuba, Hendrina, Lethabo en Tutuka.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Di ·

En so sal dit aanhou vir ewig………….. Als te dankie aan ons korrupte regering

battleaxe ·

Maar vanaf 01 Nov. Sal daar geen beurt krag wees nie want ons moet mos stem! As die resultate uit is en Cyril het klaar gepraat oor alles wat Hulle nou gaan doen ???????? dan gaan beurt krag weer op ‘n gereeld basis gebeur!

JohanR ·

Tot dat Eskom weer geld soek en dit word geweier, dan is die weer beurtkrag!

annie ·

… ‘sou’ is ‘n interessante woordkeuse vir die toekoms… Eskom is SA se enigste maatskappy wat ons met vrymoedigheid ‘n suksesvolle rit tot by die einde van die Heelal kan beloof sonder enige twyfel in die waar word van die belofte…

Charmain ·

Port Edward blykbaar nie di memo gekry nie, krag 12.00 afgegaan!!!

Casper ·

Dit is maklik om gal te braak oor escom se swak diens.Kyk na die volgende feite;
1 Munusipaliteite se bates word op beslag gelê wat escom 4.3 miljard skuld.
2 Buurlande skuld escom miljarde rand.
Nou vrek ek net hoe moet die kragreus onder André De Ruiter funksioneer as munisipaliteite nie betaal nie en verbruikers nie betaal nie want daar word niks aan hulle gedoen nie.Daar bestaan ‘n wanpersepsie by sommige mense dat dit gratis is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.