Beurtkrag vir eers opgeskort

(Argieffoto: Johannes Plenio/pixabay)

Daar is goeie nuus vir mense wat Donderdag gereedgemaak het vir nog ʼn dag van beurtkrag.

Eskom het Donderdag vroeg aangekondig dat beurtkrag vandag van 08:00 af opgeskort word nadat die opwekkingskapasiteit verbeter het.

Eskom-spanne het sedert Dinsdag vier opwekkingseenhede weer in bedryf gestel. Beurtkrag is aanvanklik in werking gestel nadat die netwerk onder druk was weens groot meganiese probleme.

Die kragvoorsiener verwag om nog vyf eenhede in die volgende twee dae weer in bedryf te stel.

Eskom het mense bedank vir hul geduld en steun tydens die inwerkingstelling van die beurtkragstelsel.

In dié stadium bly die moontlikheid van beurtkrag egter steeds hoog. Die kragvoorsiener sê 4 928 MW is weens beplande instandhoudingswerk nog nie beskikbaar nie, terwyl nog 13 217 MW weens onbeplande werk wat gedoen moet word, nie beskikbaar is nie.

Eskom het ook weer ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

David ·

LOL – “Eskom wil mense bedank vir hulle geduld en steun….” asof ons ‘n keuse het.

Kaptein ·

Ja ja toe word hy wakker. Hulle het baie “goeie”
tegniese mense. Kan nat steenkool baie vinnig droog kry en met die die swaai van sy tower skroewedraaier maak hy dat genoeg krag opgewek word.Eish dan dink hulle ons is onosel

Wondermaarnet ·

Kan niemand dink dat daar daaglikse instandhouding moet wees nie? Hulle sit rond en wag tot iets gedoen MOET word voor daar aan die werk gespring word. Tyd dag die onbevoegde en oortollige mense by Eskom padvat en gaan kyk of hulle so luilekker kan werk vir astronomiese salarisse in die privaat sektor.

Suzette ·

Kan een plek soveel “meganiese” probleme hê? ‘n Eens puik maatskappy in die grond in bestuur deur “hoogs intelligente” mense….. skokkend.

gatgogga ·

Ek dink ons moet ‘n ander naam kry vir “beurtkrag”.
“Beurtkrag” is te vleiend.

Genis ·

Erken julle is onbevoeg… dis nie asof ons minder betaal, al is die krag af?

Persheks Adri ·

Moet ons julle nou bedank vir julle patesiese diens huh? Ons betaal immers gggmmmfff pffft loop tsek net dis koud en met ‘n nek en rug operasie is die plate en skroewe ysig koud!

Samuel ·

Nee, dit is vanaand Staatsrede, daarom mag die krag nie afgaan nie. Pasop vir naweek.

Anti-Verkramp ·

Beurtkrag – ons moan. Beurtkrag opgeskort (‘n goeie ding) – ons moan. Ons weet mos nou daar is ‘n probleem en dit gaan minstens 2 jaar vat om reg te maak. So hou op moan oor iets wat ons nie nou kan verander nie.

Jr ·

Ons weet dit is onvermydelik maar wat so irriteer is dat hierdie entity nog steeds nie die waarheid kan praat oor die stand van sake of tye of wat werklik die probleem is. Ek het geleer om met dit te lewe maar hel die onsekerheid is die ding wat skade doen. Ons persoonlik ( pensionarisse) moes nou 2 tv’s en yskaste vervang oor n skedule wat nie by gehou was. Remember that the world is full of evil because good men say and do nothing

TO ·

Ewe skielik, want die sirkus is aan vanaand. Ewe skielik more sal daar weer ‘n GROOT tegniese probleme wees, vreeslike druk, ag shame vir wie probeer julle fool, fools?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.