Beurtkrag vir Sondag ‘hoogs waarskynlik’

Argieffoto

Eskom het Sondagoggend laat weet dat die kragnetwerk steeds onder druk verkeer ten spyte van verskeie eenhede wat weer in bedryf gekom het deur die loop van die oggend.

Eskom het in ʼn verklaring gesê die moontlikheid van beurtkrag bly steeds hoog as gevolg van ʼn kapasiteitsbeperking wat spruit uit die nadraai van die onlangse protesaksie. Dié moontlikheid sal voortduur in die komende week.

Die kragnetwerk het vandeesweek onder geweldige druk verkeer toe verskeie vakbonde begin staak het ná ʼn loongeskil.

“Sommige werknemers werk onverpoosd om stabiliteit te herstel by die verskaffingsafdelings. Ons verseker kliënte dat alle moontlike nood-energiebronne gebruik sal word voordat beurtkrag toegepas word,” het Eskom gesê.

Eskom het gesê hy wil graag verskoning vra vir die ongerief, maar het terselfdertyd dié wat Eskom bystaan deur fluktuering in die beurtkragskedules aan te meld, bedank. “Die skedules word nou hersien as gevolg daarvan.”

Die kragvoorsiener het inwoners en sakelui weer eens gemaan om elektrisiteit spaarsamig te verbruik.

Eskom het inwoners aangeraai om voor te berei asof beurtkrag wel gaan plaasvind.

Die kragnetwerk se status kan hier dopgehou word en beurtkrag-skedules kan hier besigtig word deur jou dorp/streek in die soekveld in te tik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johanna Botha ·

Presies wat mens kan verwag met eskom wat so useless is …dankie anc !

John ·

Eksom se, Eskom beloof, Eskom verseker, Eskom sukkel, Eskom probeer, Eskom is onder druk, Eskom waarborg, Eskom, Eskom, Eskom Eskom, Eskom Eskom… Ons is keelvol vir die verwaande spul dwase wat hul show telkens elke winter aktiveer vir emosionele afpersing. Gordan ry nou ook op die koletrok en skree van bo-af dat alles onder beheer is. Wie is minister Gordan deesdae? Sluit die swak onderneming of verander dit in ‘n krematorium. Ons, die volk, gaan nie meer betaal vir die patetiese Es se sirkuskaartjies en sy 47 000 afdreigende, ondankbare klomp niksdoeners nie!

Johann cb ·

Wat help Eskom se verskoning die verbruiker? Die vorige Eskom-base is met ons geld weg – om nie te praat van al die Gupta-onreëlmatighede nie!

Dw ·

So laat ek raai ons krag gaan nou weer m hoog opgaan asgv. ons inkomste het gekrimp ?

Uitgesuig ·

Als gaan verder duurder word, ons inkomste laer word tot als inmekaarval en voor dit gebeur het Afriforum of iemand hopelik vir ons n tuisland gereel.

Gemaskerde Sopbeen ·

Sien julle nou? As julle nie so benepe was nie en oom Stortkop en sy Russian Cronies uitgelos het, was hier nou al 17 kernkragsentrales…….en elektrisiteit was gratis!! Wat is fout met julle kleinsieliges?

Johann cb ·

Gister was die skedule vir Port Elizabeth nie opdateer nie. Vandag moet jy toegang tot Facebook hê om dit af te laai…en baie van ons step nié in Facebook belang nie!

Jenny ·

Ek is meer bekommerd oor die onstabiliteit van die netwerk en die gemak waarmee sabotasie uitgevoer was as my eie persoonlike ongerief. Die kragnetwerk is eintlik al wat die land nog aanmekaar hou, as dit vou is dit nag.

Anoniem ·

Sal graag wil weet wat die “gebeurlikheidsplanne” wat Eskom laasweek geroem het in plek is en dat stakings daarom geen kraginderbrekings gaan veroorsaak nie. Klink nie asof hierdie pampoene enigsins kan beplan nie…

Koffie ·

Hoekom moet ek iets waarvoor ek ten duurste betaal spaarsamig gebruik? Ek betaal ek gebruik, sort julle probleme uit…

BaieMoerageRugbyKyker ·

Vloek ek Saterdag mos groot vloeke ……. presies 17:09, nes die laaste klanke van Die Stem wegval ….. tjoeps, daar slaat Ek’sDom ons krag af. En daar gaan my Saterdagmiddag se rugby. :-(((

Ek kon darem die laaste 14 minute van die wedstryd sien. DANKIE EK’SDOM!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.