Beurtkrag vir Vrydag bevestig

beurtkrag-kers

Argieffoto.

Eskom het bevestig dat hy van 09:00 Vrydag tot 06:00 Saterdagoggend fase 2-beurtkrag sal toepas.

Dit kom nadat Eskom teen 05:00 Vrydag beurtkrag vir eers opgeskort het nadat dit van 16:00 Donderdag toegepas is. Eskom het toe gewaarsku die kragnetwerk is onder erge druk en dat beurtkrag baie moontlik is.

“Die opwekkingsaanlegte presteer steeds teen lae vlakke van betroubaarheid en ons tegniese spanne kon nie daarin slaag om eenhede weer aan die gang te kry wat deur beplande en onbeplande onderbrekings geraak is nie.”

Volgens die kragvoorsiener het dit tot gevolg gehad dat waterreserwes vir die pompskemas nie aangevul kon word nie. Daar is ook steeds meer as 12 500 MW se onbeplande onderbrekings.

“Ons is besig om dieselreserwes by ons oopsiklus-gasturbines te benut om kapasiteit uit te brei ten einde beurtkrag tot ʼn minimum te probeer beperk.”

Eskom het gesê die reënweer het ook steenkoolhanteringsprobleme by van sy kragstasies tot gevolg.

“Dit kan verskaffing verder beïnvloed aangesien die reënweer voortduur. Hoewel ons dit nie verwag nie, kan enige agteruitgang van prestasie by die kragstasies of ander risiko’s tot gevolg hê dat ander fases van beurtkrag toegepas word.”

 

Waar kry ek my beurtkragskedule?

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 0860 037 566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die volgende webwerwe besoek of inbelsentrums skakel.

City Power (Johannesburg): www.citypower.co.za of 086 056 2874
Ekurhuleni (Oos-Rand, Gauteng): www.ekurhuleni.gov.za of 086 054 3000
Tshwane Metro (Pretoria): www.tshwane.gov.za of 012 358 9999
eThekwini (Durban en omliggend): www.durban.gov.za of 080 131 3111
Stad Kaapstad: www.capetown.gov.za of 086 010 3089
Nelson Mandelabaai: www.nelsonmandelabay.gov.za of 041 506 5555
Polokwane (Limpopo): www.polokwane.gov.za of 015 290 2490
eMalahleni (Witbank en omliggend): www.emalahleni.gov.za of 013 690 6911
Umhlathuze: www.umhlathuze.gov.za of 080 022 2827

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rêrig ·

Hulle sê op die “loadshedding” link dat hulle nie tans loadshead nie maar tog is die krag in groot dele v Sandton en Parkmore af?? Dit gaan noual vir meer as twee weke aan dat krag in hierdie gebiede presies om 15:00 afgesny word. Sal graag ESKOM se verduideliking wil hoor.

En v wanneer af beïnvloed reën ons krag verbruik? Ons kry al vir die laaste 2019 NC jaar reën – hoekom is dit nou ‘n probleem? Ek hoop die nuwe CEO kan hierdie probleme uitsorteer.

Ditto ·

Ons krag in Sandton het ook die gees gegee laas nag. Ek is nie so seker of dit beurtkrag is nie. Die infrastruktuur is in flarde, dan nog met gereelde wateronderbrekings ook.

Oom Willem ·

En so ploeter die eens magtige Eskom voort van krisis tot krisis terwyl hulle weier om bevoegde mense aan te stel om die werk te doen.

Johann Holtzhausen ·

Laat my dink aan ‘n kind wat nie gehelp wil word nie: “Los Pappa, ek wil dit self doen!”

Maans ·

Die anc regering is n misdaad teen die mensdom. Dit moet wêreldwyd versprei word

Lady ·

Ons was gister geskeduleer vir beurtkrag vanaf 16h00 tot 19H30. Teen 23H00 het krag aangegaan. Groot was ons verbasing toe ons krag weer 01H30 af is tot ongeveer 03H00. Fase 2???? Nou weer vanaand vanaf 21H00 tot 06H00???? Genade vir 7 ure beurtkrag. Dit is onaanvaarbaar. Regtig kan iemand vir my verduidelik hoekom Brits nie beurtkrag het nie?

Suzette Geringer ·

Kan nie eens by die skedules wat hulle verkondig hou nie… Ons was gister geskeduleer vir 20:00 – 22:00 – ligte het aangebly. Word in die nag by 03:00 wakker – krag af tot 06:36. toe die radio aangaan word daar gesê Eskom verkondig dat daar nie beurtkrag voorsien word vir hierdie Vrydag nie… kom by die werk toe is die storie verander…. Kan glad nie peil trek op wat hulle sê nie. Hoe pateties!!

JamesTwee ·

Van niks, tot fase 2, tot fase 4. Fases 1 en 3 sommer oorgeslaan.

Hy gabreek, die lektriek.

BR ·

Die groot probleem is Eskom lieg te veel. Dit is Desember en werkers is
lui vir werk. moet mos vakansie gaan hou. Hulle is net sleg.

JamesTwee ·

Sou jy die verskriklike keuse kon maak oor hoe jy gaan sterf, wat sou jou keuse wees?

Sou jy kies om terminaal te ly vir ‘n bepaalde periode, of sou jy kies dat jou einde vinnig is?

Eskom, is die hartklop van Suid-Afrika. Alles, maar alles – van kommunikasie, finansiele dienste, kos op die rakke, watervoorsiening vir miljoene in die stede – is afhanklik van bestendige elektrisiteit.

Wat sal gebeur sou die verpreidingsnetwerk ineenstort? Chris Yelland het so twee jaar terug ‘n artikel daaroor geskryf. Skrikwekkend. Om mee te begin: Dit sal MINSTENS twee weke neem om die krag weer aan te kry – as alles werk. Dit KAN so lank as drie maande neem. Hulle noem dit ‘n “blackstart”- waar eenhede een vir een, stukkie vir stukkie, weer krag op die netwerk kan byvoeg. Kortpaaie om die hele storie weer aan die gang te kry , lei bloot daartoe dat die eenhede aanhou “trip” om hulself teen uitbranding te beskerm – soos die “earth” op jou huis se skakelbord.. Gaan LEES daardie artikel deur Yelland.

Nou’s my vraag, met verwysing na my eersste opmerkings: Hoe wil jy doodgaan?

Ek, sou skielik en vinnig kies, bo terminale siekte.

Laat die netwerk val.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.