Beurtkrag voorlopig opgehef

beurtkragEskom het Donderdagaand om 22:00 die noodtoestand met die land se elektrisiteitstoevoer en gepaardgaande beurtkrag vir Vrydag voorlopig opgehef.

Eskom het op hul amptelike Twitter-mediarekening geskryf die kragnetwerk is steeds onder druk en het verbruikers gevra om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, het Donderdag gesê die afgelope week se reën het daartoe gelei dat die kragreus se steenkoolvoorraad nat is, en die kragnetwerk onder groot druk geplaas is. “Ons het ons groot nywerheidskliënte gevra om hul verbruik met 10% te verminder, maar dit wil voorkom of dit nie genoeg gaan wees nie,” het Etzinger gesê. Beurtkrag moes Donderdag ingestel word.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Weerdiens Donderdag gewaarsku dat swaar reënweer na verwagting oor die volgende sewe dae in sommige dele van die land sal voortduur. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anita ·

Wel in ons area het ons so mmin krag dit maak nie n verskil nie. Een as ek weer moet hoor n substasie het gebrand gaan ek iets oorkom. Ek meen rerig: hoeveelkeer kan n substasie brand????? Maar die iformele nedersetting se ligte brand asof dit kersfees is. ESKOM en die munisipaliteite kan nie meer verskonings uitdink nie. Ekurhuleni se 0860543000 nommer is van gister “Unobtainable”. Dis nou diens!!! Bel jy ESKOM moet jy hoor jy moet die munisipaliteit skakel. Dis so pateties. En regtig kragopwekkr aanskaf met ons petrol en dieselpryse??? Nie maklik nie

AmY ·

Maar ons het dan al van ter vore erge reën gehad, en nie met die probleme gesukkel nie. Sê maar net…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.