Beurtkrag voorspel vir Saterdagaand

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Saterdag gesê geen beurtkrag is vir die dag geskeduleer nie, maar gewaarsku dat die kragnetwerk na verwagting teen die aand onder druk sal wees. Dit verhoog die moontlikheid dat beurtkrag toegepas sal moet word.

Die kragvoorsiener het in ʼn verklaring gesê hy is tans in staat om die nodige opwekkingskapasiteit te bereik om in die vraag na elektrisiteit te voorsien. “Die kragnetwerk sal egter na verwagting onder druk wees gedurende die spitstydperk, van 17:00 tot 21:00, grootliks as gevolg van ʼn verhoging in die vraag na elektrisiteit.”

Eskom het ʼn beroep op verbruikers gedoen om, met die laer temperature wat nou dwarsoor die land ervaar word, energie-doeltreffende maniere te kry om warm te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Sit die elektrisiteit diewe se elektrisiteit af, dan sal ons nie ‘n probleem hê nie

Koos ·

Stem saam met Berhalet. Hoekom moet ander betaal vir elektrisiteit diefstal waaraan die regering absoluut niks doen nie. Is hulle bang vir teenstemme in die volgende verkiesing?

Peet Schabort ·

Nie net bang nie Koos maar daar sal net so vinnig munisipale eiendom afgebrand word. Hulle (die regering) het mos self die kultuur van wanbetaling in apartheid se tyd aangemoedig. So ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.