Beurtkrag-vooruitsig vir die naweek

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het gesê daar sal nie Saterdag deur die dag beurtkrag toegepas word nie, maar dat beurtkrag wel die aand ʼn waarskynlikheid is.

Volgens Eskom sal daar moontlik Saterdagaand fase 1-beurtkrag toegepas word. Die kragvoorsiener het intussen gesê daar sal Sondag vir die grootste gedeelte van die dag beurtkrag toegepas word ten einde reserwes op te bou vir die komende week.

Eskom het Vrydag van 16:00 tot 22:00 fase 2-beurtkrag toegepas. Daar is ook verskeie kere verlede week beurtkrag toegepas. “Eskom wil sy kliënte verseker dat beurtkrag soos nodig toegepas word om die kragnetwerk te beskerm en te verseker dat onderhoud gedoen word om die voorsiening van elektrisiteit op lang termyn te verseker.”

Fase 1-beurtkrag word toegepas wanneer daar ʼn tekort van 1 000 MW krag is, terwyl Eskom na fase 2-beurtkrag sal oorbeweeg indien die tekort tot 2 000 MW vermeerder. Fase 3-beurtkrag word toegepas wanneer daar ʼn tekort van 3 000 MW is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Bruno Stef ·

Sal een van die Eskom “Fundis” ASB verduidelik hoe jy elektriese AC toevoer opgaar om dit dan later op n ander geleentheid te gebruik.Miskien is my kop net plat maar in my 40 jaar in elektriese bedryf weet ek nie van sulke tegnologie nie.Dit is nie soos n motor se tenk petrol wat jy vir latere gebruik kan opgaar

KarooKlong ·

Bruno Stef, dit is ‘n briljante vraag. Ek is net bekommerd oor die briljante antwoord wat jy gaan kry, as jy een gaan kry.

Dave ·

As jy dit nie gevra het nie Bruno, sou ek dit gedoen het, want dit was ook ‘n vraag wat onmiddelik daar was toe ek die berig lees. Toe oortuig ek myself dit was hul dom manier om te sê dat steenkool en firelighters gespaar word.

Pietertjie ·

Ek vermoed hulle pomp water iewers in KZN opdraend verby ‘n hidro-elektriese stelsel, dan kan die water gedurende die week weer terugvloei deur die turbines. En dan maak hulle seker weer die diesel-tenks van die turbines in Kaapstad vol: ek reken daai turbines gaan deur dertig tenkwaens diesel per dag, en vinniger as wat dit daaruit getap kan word…

Japie ·

Bruno soos ek verstaan gebruik Eskom hulle hidro elektriese aanleg vir hierdie doel. Die opwekkers word gebruik as motors wat die turbines draai wat nou pompe word en dan word die water hoeër in ń dam gestoor .Sou hulle krag benodig word die sisteem net weer omgekeer.
Japie

Ben ·

Skuus ek is ook dom – waar kom die water vandaan wat terug gepomp word. Uit dieselfde dam uit? Dan het hulle niks bereik nie, want die water sal weer dieselfde vlak wees as voorheen. Nou verstaan ek – mooi Eskom.

Bruno Stef ·

Japie dit word in Natal gedoen maar dit kan maar hoogstens n klein toevoeging tot die aanvraag teweegbring op spitstyd.Die groot probleem is dat onbevoegde mense allerlei uitsprake maak en doelbewus as segsman hulle bewusteloosheid tentoonstel.Wat Eksdom behoort te weet is dat baie goed opgeleide voormalige personeel op die kantlyn staan en lag vir hulle onbeholpenheid.

Dave ·

Wie was die minister wat paar jaar gelede gelìeg het deur te sê ‘n moer is in een van die turbines gegooi? Gesê het dat dit bloot sabotasie is?

b ·

Ben die stelsel bestaan uit twee damme .Die Sterkfontein dam is bo in die Drakensberg en loop af na n dam in die vallei waar generators aangedryf word wat krag opwek en dan in aftye water terugpomp na die Sterkfontein dam, Dit is n goeie sisteem maar net bedoel om met spitstye met die aanvraag te help omrede dit maar n beperkte kapasiteit het.

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is mos nie meer snaaks dat Eskom gedurig met liegstories kom en netsoos die ANC ons IK onderskat nie . Lagwekkend.

Stoffel ·

Krag word gestoor in die ‘grid’. Di grid is soos n kapasitor, of n battery. Di groot sh@t kom egter as di outji leegloop. Dit gaan hule dan ten minste 2 weke vat om weer aan t skakel. Dis dan regtig nag.

KarooKlong ·

Stoffel, daar bestaan geen manier om AC krag te stoor nie. Nie by ons nie en ook nie in die res van die wereld nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.