Beurtkrag vooruitsigte laag vir Vrydag

Argieffoto

Argieffoto

As Eskom dit tot aan die einde van die naweek kan maak om die ligte aan te hou, sal dit twee weke wees dat beurtkrag laas toegepas is.

Eskom het Vrydag oggend vrolik getwiet: “Goeie môre. Die beurtkragvoorspelling vir vandag is laag. Dankie aan diegene wat ag slaan op die versoek om elektrisiteit te bespaar.”

Donderdag was die 12de agtereenvolgende dag wat geen beplande kragonderbrekings landwyd plaasgevind het nie. Dit is drie dae langer as die nege dag lange beurtkraglose periode wat die sukkelende kragvoorsiener in Julie gehad het.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.