Beurtkrag vroeg Sondag toegepas

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het vroeg Sondagoggend begin om beurtkrag toe te pas.

“Fase 2-beurtkrag sal vandag van 08:00 tot 22:00 toegepas word,” het die kragvoorsiener gesê. Dit kom nadat Eskom Saterdag van 17:00 tot 22:00 ook fase 2-beurtkrag toegepas het.

Eskom het ook Vrydag van 16:00 tot 22:00 fase 2-beurtkrag toegepas. “Eskom wil sy kliënte verseker dat beurtkrag soos nodig toegepas word om die kragnetwerk te beskerm en te verseker dat onderhoud gedoen word om die voorsiening van elektrisiteit op die langtermyn te verseker.”

Fase 1-beurtkrag word toegepas wanneer daar ʼn tekort van 1 000 MW krag is, terwyl Eskom na fase 2-beurtkrag sal oorskakel indien die tekort tot 2 000 MW toeneem. Fase 3-beurtkrag word toegepas wanneer daar ʼn tekort van 3 000 MW is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Ek kan net eenvoudig nie verstaan hoe en semi-staatsinstelling ‘n hele land kan afpers en gevange hou nie, want dit is nou presies wat Eskom besig is om te doen!! Eskom dink elke inwoner van hierdie land het ‘n paar geldbome in ons agterplase waar ons maar net gaan geld pluk. Ek is regtig nie iemand wat ten gunste is van kommissies van ondersoeke nie, dit kos miljarde rande en gewoonlik kom daar niks van nie – ons sal nou sien of daar iets kom van die Farlam-kommissie van ondersoek want dan sou Zuma al ‘n aanduiding gegee het van die kommissarisse toekoms – maar ek dink dit het tyd geword dat daar ‘n kommissie van ondersoek aangestel word na die bedrywighede van Eskom!! Ook sommer na die miljoene rand wat ons adjunkpresident maak uit steenkool verkope aan Eskom. Privatiseer Eskom dan sal ons probleme opgelos wees. Hou op om goue handdrukke uit te deel, hou op om miljoene rande se bonuses en salarisverhogings te betaal en kry hul werkers by die twee onvoltooide kragstasies terug by die werk. Maar wat gee die regering om hulle spul het mos nie beurtkrag nie en hulle, veral Zuma voel mos nie die hemelhoe elektrisiteitspryse nie!!!

EKSDOM beurshouer gewees ·

Ai Sarie, jy is SO reg! EKSDOM is só…

Hansie ·

Sarie, dis waar, daar is groot probleme by Eskom maar die d…inges in die drinkwater is die regering. Ongeveer 15 jaar gelede was 3 afsonderlike voorleggings aan die regering gemaak. Maar nee, om hul sakke vol te stop, vliegtuie te koop, Nkkkaandlas te bou, was belangrikker!! Daar sit ingeneurs tuis, wat te wit was vir Eskom wat vir hulself “kragstasies” gebou het wat hulself 100% onafhanklik maak.

Andre ·

Ai Sarie jy is so reg maar die regering steur hulle aan niks nie eers vir die grondwet nie. As ons in die land net vir eenkeer saam kan staan sal dit dalk help en dit sluit myself in.

Christo ·

Dit lyk my (volgens sekere media-berigte) dat dit beter sal wees om gebuk te gaan onder beurtkrag as ‘n verhoging in Eskom se krag-tariewe. Altwee is vir my ewe sleg en negatief vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. In ‘n demokrasie soos ons behoort bekostigbare kragvoorsiening nie ‘n opsie of ‘n keuse te wees nie. Ons moet sorg dat hierdie basiese reg terugkom soos wat ons dit vroeër gehad het. Ek sal my stem gee vir ‘n politieke party wat dit kan waarborg. !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.