Beurtkrag vroeg Sondag toegepas

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het vroeg Sondagoggend begin om beurtkrag toe te pas.

“Fase 2-beurtkrag sal vandag van 08:00 tot 22:00 toegepas word,” het die kragvoorsiener gesê. Dit kom nadat Eskom Saterdag van 17:00 tot 22:00 ook fase 2-beurtkrag toegepas het.

Eskom het ook Vrydag van 16:00 tot 22:00 fase 2-beurtkrag toegepas. “Eskom wil sy kliënte verseker dat beurtkrag soos nodig toegepas word om die kragnetwerk te beskerm en te verseker dat onderhoud gedoen word om die voorsiening van elektrisiteit op die langtermyn te verseker.”

Fase 1-beurtkrag word toegepas wanneer daar ʼn tekort van 1 000 MW krag is, terwyl Eskom na fase 2-beurtkrag sal oorskakel indien die tekort tot 2 000 MW toeneem. Fase 3-beurtkrag word toegepas wanneer daar ʼn tekort van 3 000 MW is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarie van Niekerk

Ek kan net eenvoudig nie verstaan hoe en semi-staatsinstelling ‘n hele land kan afpers en gevange hou nie, want dit is nou presies wat Eskom besig is om te doen!! Eskom dink elke inwoner van hierdie land het ‘n paar geldbome in ons agterplase waar ons maar net gaan geld pluk. Ek is regtig nie iemand wat ten gunste is van kommissies van ondersoeke nie, dit kos miljarde rande en gewoonlik kom daar niks van nie – ons sal nou sien of daar iets kom van die Farlam-kommissie van ondersoek want dan sou Zuma al ‘n aanduiding gegee het van… Lees meer »

Andre

Ai Sarie jy is so reg maar die regering steur hulle aan niks nie eers vir die grondwet nie. As ons in die land net vir eenkeer saam kan staan sal dit dalk help en dit sluit myself in.

Christo

Dit lyk my (volgens sekere media-berigte) dat dit beter sal wees om gebuk te gaan onder beurtkrag as ‘n verhoging in Eskom se krag-tariewe. Altwee is vir my ewe sleg en negatief vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. In ‘n demokrasie soos ons behoort bekostigbare kragvoorsiening nie ‘n opsie of ‘n keuse te wees nie. Ons moet sorg dat hierdie basiese reg terugkom soos wat ons dit vroeër gehad het. Ek sal my stem gee vir ‘n politieke party wat dit kan waarborg. !!