Beurtkrag Vrydag aangepas

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Nuril Ahsan/Unsplash)

Hoewel beurtkrag fase 2 nog Woensdag en Donderdag van krag is, wink effense verligting van die voortslepende kragonderbrekings.

Eskom het Woensdagmiddag aangekondig dat beurtkrag Vrydag na fase 1 afgeskaal word. Beurtkrag sal dan steeds tussen 16:00 en 00:00 geld.

Fase 2-beurtkrag sal ook Woensdag en Donderdag tussen 16:00 en 00:00 van krag wees.

“Sover moontlik sal Eskom probeer om beurtkrag tot die aand te beperk sodat daar ʼn minimale ingreep op die land se ekonomie is,” lui die kragvoorsiener se jongste verklaring oor die stand van sake.

Sedert Dinsdag is ʼn opwekkingseenheid elk by die Camden-, Kriel-, Kusile-, Matla- en Medupi-kragstasie weer in diens. Twee eenhede by die Majuba-kragstasie en een by die Tutuka-kragstasie is egter van die netwerk afgehaal vir herstelwerk.

Altesaam 5 021 MW is weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl onbeplande instandhoudingswerk tot ʼn verlies aan kapasiteit van 14 760 MW gelei het.

Eskom sal na verwagting Vrydag ʼn bywerking oor die stand van sake gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Di ·

Ons word nou net eers gepaai vir ‘n paar dae voordat die levels weer styg na 4 of 6 toe

Agge nee ·

Eksdom, wat van die 1000de studente wat voorberei vir hulle finale eksamens?

Keelvol ·

Hoe haal jy 3 Krag opwekking eenhede uit die stelsel as daar nog so baie is wat nie geherstel is nie. Maak eers al die ander reg, dan haal jy die 3 uit die netwerk.

Keelvol ·

As 5 Krag opwekking eenhede tot die netwerk toegevoeg is, hoe bly die getal van nie beskikbare Krag dan die heeltyd op 14760 MW. Dit maak mos glad nie sin nie. Die getal moet moes minder wees.

Leon ·

Vanaf Vrydagmiddag stiptelik 4 uur sal fase 2 tot 3 geld vir die naweek en vgl week. Eskom voorsien nou reeds dat n paar opwekkings eenhede die “gees gaan gee”.

Hendrik Marthinus ·

Ek sien julle held is op Huisgenoot se voorblad
Hoop julle het gekoop want hy se hy Sal Eskom regruk
Regruk met loadshedding werk nie vir my nie.
Hoekom was krag saterdag van 04:00 aan tot Maandag 16:00?
Jy Bly lees van eenhede wat terug in werking is, maar steeds loadshedding,
Sodra mense na werk tuis Kom, het jy loadshedding of moet ons eers 00:00 kos maak?
In Plaas van loadshedding in stel 00:00 tot 05:00 soggens
Dan pla jy nie regtig huishoudings nie, maar in spits tyd pla jy ons de Reyter
Nie net tuis maar op ons besige paaie ook oppad na ons donker huise.

Christine ·

Eskom sal wagte moet aanstel om daai kragopwekkers te bewaak teen die saboteurs. Die loadshedding het skielik verminder in Johannesburg na die ANC weer laas week aan bewind is… Maak mens weereens besef hulle is die saboteurs.

Casper ·

Hou op pessimisties wees en wees eerder dankbaar en hou duim vas dat die ander eenhede wat herstel word gou indiens gestel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.