Fase 1-beurtkrag is van vroeg Vrydagoggend geïmplementeer en later na fase 2 aangepas. Dit kom nadat fase 1 en later fase 2-beurtkrag Donderdag toegepas is.
“Eskom wil kliënte verseker dat beurtkrag geïmplementeer word as ʼn noodsaaklike maatstaf om die kragstelsel te beskerm en te verseker dat instandhouding gedoen word om kragvoorsiening in die langtermyn te waarborg,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.
Eskom het nie beurtkrag vir die res van die naweek voorspel nie, maar het gesê die situasie sal deurentyd gemonitor word. Die kragvoorsiener het ʼn beroep op verbruikers gedoen om krag spaarsamig te gebruik en van energie-doeltreffende metodes gebruik te maak om warm te bly.
Ai Eskom hoe kan mens julle glo. Weer eens val julle uit die bus uit met al julle lee beloftes van geen Beurt krag nie. Dit is seker een van die mees afgesaagde verskonings wat julle elke keer aan die verbruikers gee. Kom skoon en admit dat julle nie die regte mense vir die werk het nie. Ons verstaan julle sit ook in n geldlike verknorsing maar is julle eie skuld. Lekker vet bonuses aan mense wat nie eers n idee het wat aangaan nie. Kom Eskom skrik wakker en gee die werk vir die regte mense wat weet wat om te doen.
Ek verstaan wat aan gaan maar is dit regtig nodig om beurt krag op so n simpel tyd te maak. So vroeg wat van die mense en kinders wat in die oggende moet eet wat eers weer in di aand kan eet. En ja dit veroorsaak onweldig baie ongelukke kry n vaste tyd deur die dag dat ons tyd ht om vir ons mense kos te kan maak. Ek is siek as gevolg van die beurt krag, moes vanoggend met nat hare die koue in. Kom by toe. Dink aan die mense nie net aan julle self nie. Pleks is die goed van die bewginaf gedoen soos dit moes gewees het
Almal probeer krag spaarsamig gebruik, veral die mense wat met hul hardverdiende geld dit betaal, en verder se hulle jy van ander energiebronne gebruik maak, maar net vanoggend moes ons op die nuus hoor dat daar ‘n probleem is met die verskaffing van gas. NOU WAT NOU……
Dit gaan nie beter word nie. Dit spreek vanself. In die 20 jaar voor 1994 is 10 kragsentrales gebou en in bedryf gestel. In die 20 jaar na 1994 is 2 kragsentrales gebou wat nog nie behoorlik werk nie. Kyk ‘n mens dieper sien ons, ons onderang is korrupsie en diefstal. So hoe gaan ons hierdie probleem oplos?
Eskom het hulle al die jare verryk duer die gelde verhaal van die hardwerkende publiek. Hulle moes voorheen geweet het dat daar wel ‘n krag probleem gaan wees. Daar is niks daar omtrent gedoen nie. die grootbase het lekker groot bonuse gekry. Vir wat ?
Deur niks te doen nie. Diegene wat in beheer was moet vervolg word. Hulle moet die bonusse wat hulle gekry het terugbetaal . die geld moet aangewend word vir die bou/instandhouding benodig.
En net vandag hoor ons hoe die ‘government’ 1.5 miljoen aan Innibos geskenk het! Raai bietjie wat aan gaan…
Eishkom soek nog R55miljard volgens die nuus vanaand.
Nie almal kan generators bekostig nie en moet maar doodgewone in die donker sit en wag tot dit eendag aankom. Hoekom word van die lokasies se krag nie afgesit nie? Wat vir een geld geld vir almal. Ons gaan nog lank met die probleem sit want onbevoegde mense werk daar by Eskom! Mense is onbevoeg om te werk !