Beurtkrag Vrydag in werking gestel

(Argieffoto: pixabay)

Te midde van groot koue wat in groot dele van die land ondervind word, is die gewraakte beurtkragstelsel terug. Eskom het kort gelede aangekondig dit “spyt hom” dat fase 2-beurtkrag in werking gestel moet word. Dit duur in hierdie stadium van 12:00 tot 22:00.

“Die beurtkrag is veroorsaak deur ʼn toename in onbeplande instandhoudingswerk wat meer as 3 000 MW van kapasiteit verbygesteek het.

“Eskom werk hard om soveel moontlik van sy opwekkingseenhede weer in diens te stel,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

Eskom het Vrydagoggend vroeg aanvanklik net gewaarsku dat die kans dat beurtkrag vandag in werking gestel kan word al hoe groter word, nadat vyf opwekkingseenhede vroeër ingekonk het.

In die jongste verklaring sê hy ʼn probleem by die Matimba-kragsentrale het eindelik gelei tot die besluit om beurtkrag in werking te stel.

“Twee eenhede by die Arnot-kragsentrale, en een elk by Kendal, Tutuka en Majuba, moes gisteraand en vanoggend van die stelsel onttrek word.”

Die vertraging om ʼn opwekkingseenheid by die Duvha-kragsentrale weer aanlyn te bring, het boonop bykomende druk op die netwerk geplaas.

“Ons doen ʼn beroep op mense om kragverbruik te verminder om ons te help om beurtkrag te beperk,” het Eskom gesê.

Die situasie kan boonop die hele naweek duur, het die maatskappy gewaarsku.

Eskom het in Maart laas beurtkrag in werking gestel en die maatskappy se uitvoerende hoof, André de Ruyter, het die afgelope week weer gesê dat daar net drie dae lank beurtkrag in Julie verwag word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Snowball ·

Vanaf Maart geen beurtkrag, maar die land staan letterlik vir April en Mei stil…so niks om op te roem nie.
Lekker gelag vir die sinnetjie wat begin met “Eskom werk hard…”. Haai nee! Lieg ten minste só dat dit geloofwaardig klink.
Beurtkrag ten spyte van aanhoudende tariefverhogings. Wens ek kon skryf wat in my kop opkom.

Marius ·

Na die tariewe verhoog is moet ons as betalers van krag nogsteeds sonder krag sit , dit maak mos nie sin nie . Wat maak die mense met al die geld en die tyd wat hulle nou vir drie maande gehad het ?

Wondermaarnet ·

Ja ne. So word Eskom Koeberg se mense op 3 weke lockdown gesit per afdeling maak hul beurte maar dit is net ‘n verskoning vir die personeel om rond te rits en te drink. Tyd dat hulle begin huisbesoek doen en kyk of hul mense werklik onder lockdown verkeer en dit met vol betaling en dan gaan hulle seker toi-toi vir bonus ook einde van die jaar.

AndréS ·

Tyd om hulle na hul maai te stuur en oor te skakel na sonkrag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.