Beurtkrag waarskynlik tot Donderdag toegepas

Pravin Gordhan. Foto: Tracey Adams/ANA

Suid-Afrikaners kan hulself staal vir ʼn werksweek met volgehoue beurtkrag wat na verwagting minstens tot Donderdag toegepas sal word.

Nadat fase 2-beurtkrag deur die nag toegepas is, het fase 4-beurtkrag om 09:00 begin en dit sal tot 23:00 vanaand voortduur. Fase 4-beurtkrag beteken 4 000 MW se elektrisiteit word van die kragnetwerk gehaal. Volgens Eskom word in dié tyd steeds in 80% van die land se vraag na elektrisiteit voorsien.

“Fase 4-beurtkrag is geen rede vir kommer nie aangesien die kragnetwerk steeds doeltreffend bestuur word,” sê die kragvoorsiener.

Eskom het egter geen ander opsie as om beurtkrag vir die volgende vier dae toe te pas nie weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit. Dit is weens ʼn kombinasie van faktore, insluitend ʼn dieseltekort by kragstasies, die verlies van agt opwekkingseenhede by steenkoolkragstasies en twee kraglyne van die Cahora Bassa-hidroëlektriese skema in Mosambiek wat weens sikloon Idai afgesny is.

Intussen het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, die afgelope naweek met die raad en bestuur van Eskom vergader oor die huidige situasie by die kragvoorsiener, insluitend finansiële en herstruktureringskwessies.

Luidens ʼn verklaring van die departement van openbare ondernemings is raadslede en Gordhan tydens die urelange vergadering ingelig oor die probleme met steenkoolvoorsiening en die gehalte van steenkool wat aan Eskom voorsien word, lae damstoorvlakke by hidrokragstasies, dieselvoorraadtekorte, die probleme met die kraglyne in Mosambiek en lekkasies van ketels by kragstasies.

“Dit is duidelik dat daar meer dringendheid aan die dag gelê moet word om die toerusting te bekom wat nodig is vir dringende instandhouding. Ons stem saam met Suid-Afrikaners dat die voortdurende toepassing van gereelde beurtkrag, veral fase 4-beurtkrag, onaanvaarbaar is en ontwrigtend vir ons ekonomie is,” het Gordhan in ʼn verklaring in reaksie op Saterdag se vergadering gesê.

Hy het gesê die departement het saam met die nasionale tesourie onderneem om Eskom te help om die verkryging van noodsaaklike goedere en dienste wat nodig is vir herstelwerk by die kragstasies te bespoedig. Gordhan het gesê daar moet ook nadere ondersoek ingestel word oor die gehalte van steenkool wat afgelewer en aanvaar word by Eskom se kragstasies en die delegering van magte van Eskom se hoofkantoor na kragstasiebestuurders.

Intussen het ʼn tegniese hersieningspan verlede week begin om bedrywighede by kragstasies te hersien. Die span sal terugvoer gee oor die ineenstorting van kragstasie-eenhede en maatreëls wat ingestel kan word om te verseker dat kragstasies optimaal funksioneer.

“Die Suid-Afrikaanse publiek moet verstaan dat baie kragstasies tussen 37 en 50 jaar oud is en baie kan weens veroudering nie optimaal bedryf word nie, ” het Gordhan gesê. “Ons het Eskom versoek om saam met munisipaliteite te werk wat krag aan groot industriële verbruikers en ondernemings verskaf om die ontwrigtende invloed van beurtkrag op die ekonomie te minimaliseer.”

Gordhan sal binnekort die media en die publiek toespreek oor verdere ingrypings deur die regering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Dell ·

Ja ons verstaan die stasies is baie jare oud, voor die ANC die land oorgeneem het, maar die instandhouding geld het in gatsakke beland ipv om SA se krag aan te hou. So gatvol vir deur my ore te betaal om my huis se ligte aan te hou, terwyl massas niks betaal nie en Eskom my nie van krag voorsien nie. Ek wens ek kon van die grid afgaan, maar so het hulle dit ook ‘n onbekostigbare realiteit gemaak.

Hendrik ·

Jy kan van die grid afgaan. Bietjie vir bietjie. Begin sommer met ‘n gas geyser of gas stoof. Dis is relatief goedkoop.

Heinrich ·

VIVA ANC!!! Goed gedaan elke een wat stem om hierdie swape in beheer hou!

Charlie ·

Ook diegene wat nie hulle weersin aan die ANC vertoon nie deur NIE te gaan stem nie.

Duncan ·

Viva die korrupte ANC wat SA in nege jaar onder beheer van die mees korrupte president in die wereld, Jacob Zuma, tesame met sy kaders alles in die grond bestuur het. Mens hoor ook niks van sy korrupte kader vriend Brian Molefe nie – die ANC wil mos met sy beleid van kader ontplooiing onbekwame mense aanstel en die ervare en bekwame mense wie se velkleur nie reg is nie, uitwerk.
Viva, “Proudly corrupt ANC” – die gemors waarin SA en Eskom nou is die ANC se skuld en die korrupte spul en miljoene massas wat te onnosel is en nog steeds vir hulle stem, weet nie van beter nie. SA gaan nie uit die gemors kom om dit reg te ruk nie – die ANC weet nie van “Accountability” in `n demokrasie nie en hul lys van kandidate vir die Mei verkiesing is gevul van kandidate wat in “Orange oorpakke” in die tronk moet wees en nie in die Parlement moet wees nie. “Viva the proudly corrupt ANC”

Dries ·

Kry net di R17 miljard uit Soweto minister… Dan hoef Eskom ni di lekkende stoomketels te ‘patch’ ni – hulle kan dit dan sommer in totaliteit vervang!

Anoniem ·

I would however like to understand one thing. If loadshedding is such a real last measure, then where’s the greatest measure for a solution to it? Are we now simply going to continue down this path forever and a day until nothing really works anymore and we will need to conduct our lives completely without power? Can you not see that matters in this country is going from bad to even worse as time progresses? What happened to building this country together? If only people can see passed the skin barrier, then only will we accept help from each other in order to built on something TOGETHER that’ll really work and progress to EVEN GREATER things.

Anoniem ·

THERESA and the sad truth about it all is we all know, if they allow us to at least attempt to fix this issue on their behalf, it would really work for the better for everyone and everything. Sometimes I wish someone would come up with the solution of take your piece of land and give us OUR OWN piece of land, built a BIG WALL OF CHINA INBETWEEN, run your land the way you’d please and allow us to run our land the way we please. And then we will all live in peace and harmony for the better for everyone.

André Basson ·

How can you build together if one builds and the other breaks and burns?

Hanna Hoekom ·

Want hulle kry elektrisiteit (en ander dienste) verniet! Hier by ons in die Strand is dit net Nomzamu se woonbuurt wat dag en nag elektrisiteit het. Die res van ons nie-ANC stemmers, moet maar suffer!

Linda ·

Hoekom beurtkrag, as die straatligte helder oordag brand tydens “LOAD SHEDDING”

Gansie ·

As jy in die aand in Pretoria stad ry waar al die staatsgeboue is, brand al daai hoë gaboue se ligte dwarsdeur die nag. Sit dit af, dan spaar hul al baie.

Eben P ·

Parvin ons neem aan die WIT manne is nog nie terug in hul poste … eers was dit die ramp in Moz nou veroudering wat is volgende …. asb nie apartheid of oom Jan nie. Nee wat ou grote jy kan vergader tot dit uit jou ore kom die regte mense is nie daar en die geld reeds geplumber.

SUID-BABWE ·

Suid-Babwe hier kom ons ! So gaan alles net tot niet gaan . Steenkool en diesel is mos duurder as die miljoene rande wat die ekonomie verloor elke keer as die knoppie afgedruk word!

frans ·

Eskom laat besighede to 3.5 uur per dag sonder krag en steeds bly die werkgewer verantwoordelik vir sy normale uitgawes per dag. Telkom lyne is ook af wanneer beurtkrag toegepas word en daar is by Telkom geen alternatiewe opsie nie. Telkom is op pad uit omdat VOIP die beste opsie is

NuweSA ·

“geen rede vir kommer nie……” Die bietjie besigheid wat ons inkry agv BEE status levels, verloor ons ook as gevolg van loadshedding. ‘n Diens waarvoor ons betaal, wat ons dood eenvoudig net nie kry nie. DINK ONS HET GENOEG REDE OM BEKOMMERD TE WEES DANKIE!

BlinkStephaans ·

Ek is nou nie so slim met die dinge…. maar is dit moontlik om ñ klasaksie teen die staat of eskom te bring…belastingbetalers,landbou,besighede,nywerhede? Hulle versuim tog openlik hul mandaat en lê die een verskoning na die ander voor… terwyl almal weet dit is weens totale inbevoegdheid en korrupsie… en die regering kyk anderpad.

Sonkrag ·

Beurtkrag tot Donderdag , Maart 2060! Die ANC moet die vorige regering bedank vir die kragstasies wat na vyftig jaar nog werk! Self sukkel hulle nou al meer as tien jaar om Medupi en Kusile aan die gang te kry! Dan vertel Cyril die beleggers oorsee moet nie bekommerd wees nie. Eskom is onbevoeg, bankrot en kan slegs gered word deur dit te prvatiseer en almal wat krag gebruik dwing om te betaal.

HANNA ·

Ek wil net weet waarom word “loadshedding” net in sekere dele van Pretoria toegepas
en dis gewoonlik net in woongebiede. Asof die woongebiede baie meer krag verbruik as industerieële gebied. Die skade en verliese wat in woongebiede ervaar word is deksels moeilik om te vervang as vir besighede.
HERMANSTAD/DASPOORT/HERCULES spesifiek agv PPC kry nooit “loadshedding” nie die gebiede word nie eens gelys op skedules nie, dink net wat se besparing op die krag netwerk kan wees as PPC so paar uur daar sonder is. En moenie kom sê dit nie goed vir die ekonomie nie. Wat van die tuinwerker en huishulp wat nog steeds betaal moet word want hulle het opgedaag vir werk. En nie eens te praat van verkeers probleme wat veroorsaak dat almal laat is en ook verlies ly agv geen inkomste. Enige antw hierop asb

@Hanna ·

Hanna, daar is ongelukkig nie enige wenners in hierdie verhaal nie en daar is ook nie iets soos ‘n “regverdige” stelsel nie. Daar is net sleg en nog slegter (vervang maar “sleg” met die woord van jou keuse hier).

Indien dit ek was wat hierdie besluite moes neem sou ek ook eerder die woonbuurte se krag beperk sodat die ekonomiese sentra kan aanhou funksioneer.

As daar gekies moet word tussen fabrieke wat honderde, selfs duisende mense van werk verskaf en die ekonomie bedien, en of jou gras gesny gaan word, raai watter een gaan aan die kortste ent trek?

fred ·

ons moet één ding nie vergeet nie..eskom het teveel mense…maar daar was en waarskynlik nog honderde konsultante met die nodige kennis wat eskom miljoene rande kos om die werk vir hulle doen…het jare terug n blanke “konsultant” onmoet wat vir 2 weke se werk aan substasies 250,000 rand betaal is…het sy bankstrokie self gesien….ek was geskok…wat maak dan die +-60,000 eskommer?

Jepetto ·

Dries jy is reg Soweto skuld baie aan Eskom hulle koop hulle krag direk by Eskom . En baie gebruikers betaal nog steeds nie krag daar nie .Dit is uintelik duisende .Ek het die storie op Carteblanch gesien Hlle krag word ook nie af geskakel ,want hulle dryg met groot skaalse ontwrigting

Ja swaer ·

Gordhan – minister van openbare verskonings en vergaderings. Soos ander kommentare hierbo, mnr verskonings, trek 25 jaar af wat jou regering en party versuim het om hulle werk te doen

Load ·

Miskien moet hulle dalk net ‘n bietjie erken hulle is onbevoeg. My rekenaar het hierdie naweek gegroet as gevolg van loadshedding. Wie gaan dit vervang beslis nie ESGaan nie

Hennie ·

Soms voel ek dat ons die krag moet afsit en die situasie moet uitsort…

Karlahari ·

Watter blye dag sal dit nie wees as die DA en ANC erken dat BBBEE en regstellende aksie die totale ineenstorting by Eksdom veroorsaak het nie.
Hoeveel ander werks geleenthede is nie verlore weens onbuigbare regstellende aksie nie?

John ·

Afrikaans is darem so mooi. Kyk nou bv na ‘waarskynlik’. Dit is waar + skyn + lik. Soos in waarlik hou die lik verband met ‘dit is so’ en waarskynlik beteken dus die waarheid is blote skyn. So moenie glo die probleem is Donderdag verby nie… Lees ook Donder-dag… Sien wat ek bedoel? Sophia Kapp hoef nie te reageer nie…

George in Bloem ·

Janee,Gordhan se regruk plan begin ligte. errrr….ag vrugte afwerp sien ek. Mooi man. Patetiese spul narre.

Foxi ·

Ek is befoeterd…my vissies vrek, my yskaste hyg na krag, my geyzer begin lek van aan en af gaan en my wasgoed begin stink! Heil die regering en sy trawante wat die land op sy knieë gebring het. Of so nie, moet die krag nou vir eens en altyd net ‘vrek’ bly. Dan weet ons waar ons staan en wat om te doen.

Hanna Hoekom ·

Want hulle kry elektrisiteit (en ander dienste) verniet! Hier by ons in die Strand is dit net Nomzamu se woonbuurt wat dag en nag elektrisiteit het. Die res van ons nie-ANC stemmers, moet maar suffer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.