Beurtkrag waarskynlik tot Saterdag verleng

Kusile-kragstasie Foto: Leo za1 / © Rute Martins van Leoa’s Photography via Wikimedia Commons

Eskom se bestuurslede het Dinsdag aangedui dat beurtkrag waarskynlik nie Woensdag opgehef sal word soos aanvanklik gesê is nie, maar dalk tot Saterdag kan voortduur. Dit nadat verskeie kragopwekkingseenhede sedert Maandag onverwags die gees gegee het. Dit het ʼn tekort van 4 500 MW se opwekkingskapasiteit tot gevolg gehad.

Nie een van Kusile se drie kommersiële eenhede werk tans nie en een van Medupi se eenhede het ook vroeg Dinsdagoggend die gees gegee.

Volgens Jan Oberholzer, Eskom se bedryfshoof, kan Eskom nie sy gasturbines te veel gebruik nie, aangesien sy damme Maandag feitlik leeg was.

“Ons hoop om van vandag af en die res van die week ʼn hele paar opwekkingseenhede weer tot die stelsel te voeg, maar weens die onbetroubaarheid van opwekkers sal ons beurtkrag tot komende Saterdag moet verleng.”

Volgens Phillip Dukashe, projekbestuurder by Eskom, kan die skielike onderbrekings grootliks toegeskryf word aan verouderde infrastruktuur en ʼn gebrek aan die nodige vaardighede in hul arbeidsmag om dit reg te stel. “Ons probeer ons bes om toerusting in stand te hou en te diens voordat probleme opduik, maar ons kan nie die instandhouding vinnig genoeg doen nie. Daar duik ook gereeld probleme by Kusile en Medupi op, wat nie veronderstel is om te gebeur by kragstasies wat nuut gebou is nie.”

Dit is die tweede keer in net meer as ʼn maand dat al drie Kusile se kommersiële opwekkers gelyktydig die gees gee. Eskom se tegnici het in Februarie dae lank gespook met ʼn probleem met die kontroleerders op eenheid een se turbines wat stoom moet reguleer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

krodedil ·

Dis goedkoper om beurtkrag in te stel as om die krag verniet weg te gee.

Samuel ·

Ag tog. Kan Eskom nie met beter verskonings voor ‘n dag kom nie?

piet ·

Die ruiter met die windjie. Die hele storie het glad nie ‘n lekker reukie nie.

MAGRIETHA ·

Nou waar is al die vaardig hede dan heen?????? kry dan vaardighede , elke keer diselle ou storie hoekom word daar nie n pln gemaak nie

krodedil ·

Bekwame tegnici vat ‘n leeftyd om opgelei te word. ‘n Bestuurder kan vinnig aangestel of vervang word maar nie bekwame tegnici nie. Dis die groot verskil wat die besigheid wereld nie aldag wil verstaan nie.

Frikkels ·

Hulle het ontslae geraak van blanke opgeleides om kaders aan te stel wat nie hulle agterwêreld van hulle arms kan onderskei nie! Al wat die kaders doen is om te kyk wanneer en hoeveel kan hulle steel.

Dawie ·

Eskom se verskonings raak nou afgesaag en nie meer relevant nie. Hulle wil meer geld aanvra deur tarief verhogings, maar verbruikers wat direk by Eskom aankoop betaal lyn-en toerustinghuur vir tye ook tydens beurtkrag al is die lyn en toerusting in onbruik vir d9ie tyd wat Eskom nie kan krag voorsien nie. Die Eskom sirkus moet maar vinnig tot ‘n einde kom want daar s te veel narre in die krag-spel

JohanEtz ·

Dis onsin -gemiddelde maandelikse rekeninge van R53 000!!
Klink dit spotgoedkoop?

henndrik ·

“gebrek aan die nodige vaardighede in hul arbeidsmag om dit reg te stel” – maar hulle wil nie die vaardighede wat aangebied word aanvaar nie want polities gaan dit nie werk nie

krodedil ·

10 uit 10 Hendrik. Dis waar die probleem lê. Die bekwame tegnici raak moeg om die ander te dra en hulle werk te doen. Dis waarom die bekwame tegnici bedank.

Eugene ·

Swak vestuur. Niks gee sommer net in nie. Dis omdat n groep nikswetendes na die goed kyk en probeer regmaak. Maar julle wil n 9% verhoging he. Sommer geld van die huis af. Ons betaal en julle lewer niks

Boer ·

Dink net charge die mense hulle elektriese karre, want petrol kos mos baie. Nou gebruik hulle petrol om die generators te laap hardloop om hulle elektriese karre te charge. HaHaHa.

piet ·

Sit dit sommer permanent af….maar betaal steeds hulle moewiese salarisse. That’s how we roll.

Vernon ·

Wel ons almal weet watter kleur vaardighede laat loop is…

WILLEM ·

Dis duidelik dat Eskom se personeel onbevoeg geraak het en nie kan doen wat nodig is nie.
Sorg maar dat ons genoeg kerse en lampe en braai hout het om te oorleef.
Ek het so groot geword, laank voor Eskom gekom het. Toe het elke munisipaliteit sy eie kragstasies gehad en nooit was daar beurtkrag nie. Goeie ou dae!!

Keelvol ·

Snaaks dat as een eenheid die gees gee, dan doen nog n paar tergelyke tyd. Wat nog verder funny is dat Medupi wat n splinter nuwe kragstasie is se eenhede ook altyd onklaar raak….. nee wat de Ruyter, jy praat net en doen niks. Jy moes al lankal instandhouding geprioritiseer het.

piet ·

Medupi is ‘n konstante probleem. Hoekom is daar nie permanent op ‘n 24-uur basis tegnici daar om te sorg dat die dinge nie inkonk nie? Dis swak bestuur as jy my vra.

Keelvol ·

Goeie vraag Piet. Maar antwoorde sal ons tog nie kry nie.

Willem ·

Ek dink de ruyter lieg. Hoe kan n splinternuwe kragstasie se toerusting elke paar maande onklaar raak?

Chris ·

Gebrek aan vaardighede aan die nodige vaardighede in hulle arbeidsmag….. HELLO BBBEE!!

Gaan julle ooit leer?

krodedil ·

Hello “AA”. Twee letters wat verantwoordelik is vir alles

Di ·

O wee, hier gaan ons alweer! As dit nou al so gaan weet ek nie wat gaan gebeur as dit Winter is nie!

quartus ·

EKSDOM gaan nie die verhooogde tariewe kry wat hulle aangevra het nie, en siedaar, beurtkrag.

Genis ·

Ons as betalers kry nie “Beurt Betaal” nie…. Our people tap die land leeg, verniet ook nogals… En die res van Afrika wat hierheen vlug

Kobus ·

” die skielike onderbrekings grootliks toegeskryf word aan verouderde infrastruktuur en ʼn gebrek aan die nodige vaardighede in hul arbeidsmag om dit reg te stel. ” Kusile en Medupi verouderd? Vaardighede ? Hier is ‘n patroon. Voor Nersa moet besluit oor verhogings, is daar beurtkrag. Kry Eskom nie hulle sin nie, is daar beurtkrag. Dan , wat ook opvallend is is die feit dat verskeie statsies wat 100e kilo’s van mekaar is op dieselfde tyd onklaar raak. Ministers stel rade en kommissies aan vir nul en gener waarde, waarom kan die Eskom raad nie kundiges soos Ted Blom aanstel om te help nie. Nee wag, ek help sommer. Hier word sabotasie gepleeg en basta.

Nico ·

Eskom weet van 1994 dat die toerusting verouderd is, Eskom het al die geskoolde manne op vroeë pensioen gestuur en regstellende aksies in gestel nou moet die verbruiker sit met die gebakte pere, pateties.

Waarnemer ·

Ek haal aan”weens die gebrek aan die nodige vaardighede”…mnr Oberholzer my vraag us …..Wat het van al die Rotek Engineering se vakmanne geword wat tot si tien jaar gelede met toe oe n turbine uitmekaar kon haal,herstel en weer aanmekaar kon sit? Is hulle nou almal vervang met onbevoegde vakmanne wie die gebrek aan kundigheid het?BBBEE of wat oikal julle dit wil noem….Vakmanne uit ons buurlande!!!Wat het geword van die bekwame pensionarisse wie hul hulp aangebied het on ESKOm reg te ruk…Dit us vandat EVKOM ESKOM geword het dat dinge so agteruitgaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.