Beurtkrag weens ‘probleem met steenkool’

Eskom se Tutuka-kragsentrale. (Foto: Eskom)

Fase 2-beurtkrag sal weer vanaf 11:00 Vrydag ingestel word. Dit is onder meer omdat die verskaffing van steenkool aan een van die stasies tydelik weens probleme met kragtoevoer gestaak moes word.

Eskom beleef ook uitdagings met verskeie onklaar kragopwekkers.

“Die herstel van ʼn kragopwekkingseenheid by die Lethabo- én Majuba-kragstasie is vertraag. Intussen het nóg ʼn eenheid by Tutuka die gees gegee en drie eenhede by die Kendal-kragstasie is van die stelsel afgehaal.”

Volgens Eskom word daar boonop verwag dat die vierde eenheid by dié kragstasie ook binnekort verwyder sal word. “Die vervoerbaan wat dié eenhede van steelkool voorsien, is tans buite werking weens ʼn probleem met kragtoevoer,” het Eskom in ʼn verklaring gesê. “Geen steenkool word tans aan hierdie stasie verskaf nie.”

Eskom verwag om oor die naweek na ʼn hoër beurtkragfase oor te skakel, sodra hy ʼn idee het van die omvang van die probleem en wanneer dit opgelos sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Porseleintjie ·

Is ook seker apartheid en nie onbevoegdheid se skuld?

FC ·

Eskom moet val en klaarkry, sommer klaar val saam met goverment

James ·

Dit loop hand aan hand. Die dag wanneer die hele netwerk val – is die dag waneer die regering val. Julie se KZN probleme – gaan soos ‘n partytjie lyk. Wees voorbereid en paraat, en blymoedig in die wete dat dit die nekslag van die ANC Suid Afrika sal wees. Groot veranderinge, vra groot opofferings.

Michael ·

Dis darem wonderbaarlik wanneer daar verkiesing is of wanneer daar ‘n belangrike geleentheid vir die cANCer is dan het Eksdom geen probleem om genoeg krag te lewer nie. Kan iemand verduidelik hoe dit werk asb

Frank John ·

Selfs die Covid gevalle het gedaal vir die verkiesing. Covid buig voor ANC hahaha

Vernon ·

Verskonings op verskonings. Die energie -kenners was reg,dit gaan net erger raak!! Nou pluk hierdie onbevoegde en hopelose ANC die vrugte van kader aanstellings en blatante rasbeheptheid .

Leana ·

Maar tog is die mense nogsteeds dom genoeg om vir hulle te stem.

marius ·

Waneer jy so gewoond is om te lieg , dat jy jouself regtig glo

Jacques ·

Maar ons sal aanhou ANC stem, Mr. RamaPuppet, groei asseblief ‘n paar en begin die eerbare ding doen, jaag die useless ‘fellow comrades’ weg, en sluit die skelms toe.

Leana ·

Dit sal hy nooit doen nie want dan gaan almal sien hoe “useless” hy is.

Pieter ·

Hoekom sal hy dit nou wil doen? Hulle is dan almal saam in die ding.

James ·

Ja. Sommiges van ons het dit in 1992 al geweet. Ons het “Nee” gestem.

Anoniem ·

Maak maar gereed vir jarelange beurtkrag wat net gaan toeneem. Eie opwekking van son en windkrag is die enigste manier wat ons die frustrasie kan vermy.

Jeffrey ·

Die probleem is, meeste mense se begrotings is gesny tot op die been en het hulle skaars geld vir oordentlike kos, wat nog te sê van derduisende vir bystandbatterye en sonpanele, en banke se leningskreteria het die toeganklikheid tot lenings byna onmoontlik gemaak. Ek besit n huis en was afgekeer op n lening want ek wou gedeeltelik van die grid afklim, met n goeie kredietrekort en ek sou die paaimente kon bekostig. Die ANC het ons hele land in groot ellende gegooi. Dis nag vir ons. Letterlik en figuurlik

Anoniem ·

Ek verstaan dit Jeffrey, maar ons het geen keuse meer nie, beplan reg, begin klein en voeg by met tyd.

Retha ·

Makliker gesê as gedoen, met Staatspensioen van R1890 per maand, kan nie eers maandelikse pligte daarmee dek nie

Philip ·

Kul jou hier kul jou daar en siedaar .Ek kan ook n paar opwek eenhede en redes vir die onderbrekings in n hoed gooi en daarna dit aan die verbruiker voorhou as geloofwaardig redes.

Mariana ·

Dieselfde storietjies net ander naweek. Lekker man lekker.

James ·

Hoe lekker kry ek nou! Ek het laasweek al geweet – die kort onderbreking in beurtkrag was net polities. Nou’s hy verby, daai verkiesing. En BAIE diesel is gebrand. Fase vier teen Saterdag. LEkker!!

Daniel ·

Eskom! Eintlik moet julle naam wees Eksdom! Al wat julle doen is om n pleister op julle probleme te plak. Ek sidder om te weet die dag as die sweer gaan oopbars!! Ironies dat n kragstasie sonder krag is wat die steenkool met n vervoerband moet vervoer.

Johan D ·

Die kragstasie was nie sonder krag nie maar wel die steenkool vervoerbande! Dit kan nogal gebeur hoor en dan kan die stasie nie aan die gang gehou word nie!

Frikkels ·

Ag hoe lagwekkend tog! Die kragreus het probleme met steenkool toevoer as gevolg van krag probleme! Dis om van siek te word. Kragreus is nou dalk in lyn om ñ nuwe naam te kry, nl. Kragmuis.

Johan D ·

Dus sê jy eintlik dat die kragkabels en motors nie iets kan oorkom nie?

James ·

Alles. Ex Afrika, semper alliquid novi. So was dit nog altyd. Domheid – het nie ‘n bodem nie.

Jeffrey ·

Oeeeeee ek wil vieslike goed sê maar ek sal tronk toe gaan.

Jywilwat ·

“Die vervoerbaan is buite werking weens n probleem met kragtoevoer”? Kan Eskom nie eers meer vir homself krag gee nie??

James ·

`Happy days!. Ek was vir ‘n dag of twee bekommerd dat die ANC dalk ‘n omdraai gemaak het. Bly om te sien dis mislukkings soos altyd. Dit bevorder my saak – ongeag die ongerief.

BARNEY ·

Ek is verstom! Met de Ruiter se aanstelling het ek gedink dinge sal beter word, maar die teen deel is waar. Dit lyk of die will heeltemaal afval. In n normal wereld sou Eskom vervang gewees het. Wat van al die windplase se opwekking vermoe? Ons kan nie meer net kla nie en moet daadwerklik iets doen.

Waarnemer ·

Wat is nuus?Hierdie is ou nuus,almal het geweet dit gaan net tot 1 November hou.Kerskrag en jan tuis bly se karretjie is ons voorland hierdie jaar Desember.Die gebedelde geld om die koolstof spoor te verlaag gaan net so in sekere mense se persoonlike beursies beland….julle moet weet kers geskenke en kos moet gekoop word en dit kos BAIE geld.

Samuel ·

Wil Eskom regtig die probleem oplos? Ek twyfel. Die tegnici et al verdien oortyd met al die gewerskaf.

Jacobus ·

Escom se elektriese vervoerbande staan by kragstasie want daar is nie elektrisiteit nie???????
Ek dink die ANC breinspoel ons solank om hierdie multimiljard rande se kragskepe te regverdig.en buitensporige krag verhogings. Die versekerste inkomste vir die ANC elite is uit petrol belasting en elektrisieteit verkope.

James ·

Die gemiddelde leeftyd vir ‘n post-koloniale regering in Afrika, is 30 jaar. Gaan lees dit maar op. Sommiges van ons het daardie feit 30 jaar gelede versstaan. Ander het nie. En hier is ons, in Suid Afrika, 30 jaar later. Geniet.

Roebs ·

Dis die grootste klom snert, petrol gaan op, seker nou weer vlak 5 toe want dit is mos nou weer vakansie. Eks so moeg vir die gemors in die land.

Frank John ·

Verkiesing is klaar en mense kannie nou hul kruisie terug trek nie.

Dup ·

Miskien moet SA 24/7 beurtkrag hê.Dan kan ESKOM net af en toe aanskakel sodat jy kan koffie maak en was.Dan hoef jy nie die hele tyd te wonder nie.

Jr ·

Eskom IS DIE PROBLEEM. VERKIESING VERBY. BACK TO SQUARE ONE AGAIN

Saartjievandiebosveld ·

Julle moet nie bekommerd wees nie…ons het alles onder beheer….

Manda ·

Laat ek sien… ons het beurtkrag omdat Eskom ‘n probleem met kragtoevoer het…. Catch 22…

James ·

Tutuka was vir my as kind ‘n groot belewenis. Op ons plaas, en op al my maters se plase -was dit ‘n miernes van bedrywighede. Lorries op en af – met reuse pype en goeters – so groot dat die TPA paaie toemaak, soos hulle die parte inbring. EVKOM het twee heel nuwe woonbuurte gebou in Standerton. Amper oornag – en daai huise staan nog. Ons het klomp nuwe maats ontmoet, soos wat die Kennis ingevloei het, om Tutuka te bou en in stand te hou. Om nie te praat van New Denmark, die myn langs EVKOM nie. In 1984 – was ons laerskool te klein – gebars uit sy nate – en toe bou EVKOM Jeugkrag Laersskool. EVKOM het WOONBUURTE EN SKOLE GEBOU. Daai torings, dag na dag – al hoe hoeer. Die Energie in Standerton – nuwe skole – want daar was ‘n behoefte – die groei en vooruitgang.. Goeie “memories”. Jaarliks besoek ek Standerton – familie kersfees. Jaarliks, vertroebel my hart verder. EVKOM – het daai dorp GEMAAK. Toe kom Eskom. ANC. En kyk hoe lyk my geboortedorp nou…..

annie ·

Ek is daar gebore… En jare gelede het die Vaalrivier soos ‘n silwer slang gekronkel soos dit sy walle oorstroom sodat die Indiërs gereeld hul winkels moes ontruim. Maar deesdae as dit sou gebeur sal Greta opdaag met haar ‘huur-‘n-skare-tranetrekkers’ om klimaatsverandering op kamera vas te vang vir haar Nobelprystoekenning.

Keelvol ·

Ag nee….. dit raak nou uiters belaglik. Weet André de Ruyter nie hoe om volledige instandhouding te doen nie?

Aai ·

Gaan 100 jaar vat on reg te maak wat die ANC opgevoeter het in 27 jaar.

James ·

Dis wat gebeur wanneer beskawings van duisende jare – mag oorhandig aan mense wat nie die wiel kon uitpluis nie….. Verwoerd het probeer om julle te vertel – julle wou nie luister nie. So – geniet dit nou maar.

pamela ·

Lekker ne? Nou met petrol wat op is, gaan ons moet ligloop met die petrol verbruik met die generators ook.

Sarel ·

Eskom ondervind probleme met ” Kragtoevoer” ..het jy nou al so iets gehoor..
Die Eenhede Buitewerking…HOEKOM..
Redes word nooit gegee nie..
Sabotasie????
Dit het lanksl tyd geword dat Eskom oop kaarte speel.
Die Verbruiker dra die skade

annie ·

… daar’ s net 8% in my glasie pienk wyn… Nie krag nie om steenkool vir krag te verkry… Hoe werk dit? Wat was eerste die hoender of die eier? Ons is nou daar waar die slang sy stert begin insluk. Die prez wil al die pledges hê en ons, soos in handevat, sal dan met die hulp van die onwelkome koloniste nuwe krag opwek en dit dan vir die sakke van die naaste verkoop. En nou vind sabotasie plaas want die steenkoolmyne gaan in die slag bly. Onthou net die prez se naaste is nie noodwendig…

Genis ·

Ag twak man, dis omdat hulle net van BBEEE kan koop, dis hoekom… Kom uit daarmee en praat die waarheid…

Elmarie ·

Seker reeds begin om steenkool uit te voer en geld in die gatsak te druk. Hoekom omgee vir jou eie land as jy kan ryk word?

Duck ·

Hou tog op hou kla en doen iets daaraan, kry n inverter en wek jou eie sonkrag op en ‘n gas stoof vir kook, dit kan nog lank wees so belè maar in ietsie klein net vir ligte en noodsaaklike doeleindes. Kla….gaan beslis nie Eskom help nie. Ons is almal saam in die panarie. Kom ons maak maar die beste van ‘n sleg saak.

Brett ·

Geen steenkool weens krag toevoer…… Ek lag my pap…. Kry nie steen kool nie want daars n proebleem met krag dan sit ons maar die krag af…………. Die surkes kort net ‘n tent en rooi neuse vir al die narre en een rooi sokkerbal vir die hoof nar net die groot neus.

ESKOM moet val………
ESKOM moet val………
ESKOM moet val………
ESKOM moet val………

Frieda ·

Treurige klomp by Eskom met grooot salarisse !!
Wonder of hulle ook sonder ligte sit. Ek haat hulle by eskom….bring die land vinniger af as regering

Barney ·

So Eskom het nie krag nie want Eskom het nie krag? Wat mis ek hier?

Pieter ·

Dood het altyd ‘n oorsaak, al is dit ‘n gebrek aan asem…..

Nico ·

Die ANC regering moet ophou om die beste kole na Shina uit tevoer en die swak gehalte kole vir Eskom te gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.