Beurtkrag weer ingestel

(Argieffoto: Unsplash)

Beurtkrag sal om 17:00 Maandag weer ingestel word en tot 22:00 voortduur.

Volgens Eskom sal fase 1-beurtkrag vanaand geld ná die verlies van twee opwekkingseenhede by die Kusile-kragstasie, asook ʼn opwekkingseenheid by onderskeidelik die Kendal- en Tutuka-kragstasie.

“In hierdie stadium is 15 570 MW kapasiteit nie beskikbaar nie weens probleme by kragstasies terwyl 1 273 MW nie beskikbaar is nie weens beplande instandhouding,” het die kragvoorsiener gesê.

Die waarskynlikheid van beurtkrag vir die res van die week is hoog aangesien die kragnetwerk steeds onder druk is.

“Die kapasiteitstekorte sal vir die afsienbare toekoms voortduur en alle Suid-Afrikaners word versoek om hul elektrisiteitsverbruik te verminder, veral tussen 17:00 en 22:00 wanneer die vraag na elektrisiteit die hoogste is.”

Beurtkrag is ook die naweek toegepas, maar is Saterdag om 22:00 opgeskort voordat dit weer Sondag om 17:00 hervat het en tot 22:00 geduur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Adri ·

Ja, dan kan ons die hemehoë kragrekeninge se geld gebruik om sonkrag te koop.

Genis ·

Mees skandaligste SOE in die land… Net een vraag, waar is die sonkrag plase waaroor almal so spog? Of was Mantashe te besig met sy tweede meesters graad om dit goed te keer?

Renee ·

Kan iemand my aub reg help wat het geword van die miljoene rande se skepe wat in die hawens le wat veronderstel was om te help met die krag te kort of is ook net een van daai tenders

Persheks Adri ·

Hulle is ook lus useless pffft! Natuurlik gaan die aanvraag meer wees dis winter en regtig as ‘n mens so moet sukkel in spitstyd kan ek ‘n aar bars!

Pierre ·

reel net vir nood parlament sitting, dan “toor” hulle gou krag weer uit…

Willempie ·

“Die waarskynlikheid vir beurtkrag vir die res van die week is hoog….”… moet seker lees “….vie die res van die JAAR…”

Hendrik Marthinus ·

Moenie moan nie mense
Julle held is in beheer, as ek se ons kry Meer loadshedding van dat hy in beheer is gee julle thumbs down
Wat se julle nou

Adri ·

Ai, en ons het so gehoop die ou probleempie gaan sommer een oggend voor brêkvis vir ons opgelos word deur ons held.

Sambok ·

Verskonings!!pleks hulle reguit se dat daar nie genoeg kole is nie

LANA is ELANè ·

Asof die belastingbetaler enigsins iets meer van Eskom verwag!?
Krediteer asb net ons rekeninge regmatig met die gemiddelde ure se kragtarief wat mense nie krag het nie, dan mag ons dalk al beter voel rondom die patetiese diens wat daar van Eskom af kom!!

Keelvol ·

Gaan Callinan en Bronkhorstspruit ook beurtkrag kry vir 5 ure soos Ekurhuleni? Vra vir die res van Ekurhuleni.

Renier johannes ·

Enigste maatskappy wat nie wil he jy moet sy produk gebruik nie pateties

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.