Eskom het Woensdag aangekondig dat die ligte weer later vandag afgesit gaan word, nadat die kragvoorsiener opnuut opwekkingsprobleme begin ervaar het.
Fase 2-beurtkrag sal Woensdag weer van 17:00 tot 22:00 geld.
Eskom was genoop om opnuut beurtkrag in te stel nadat drie opwekkingseenhede onklaar geraak het. Beurtkrag is die hele week tot dusver op kort kennisgewing ingestel omdat die kragnetwerk onder enorme druk is.
“Vanoggend is twee opwekkingseenhede by die Hendrina-kragstasie en een by die Matimba-kragstasie uit die netwerk verwyder vir herstelwerk,” sê die kragvoorsiener.
“Een opwekkingseenheid by die Arnot-kragstasie is intussen weer in diens geneem en die eenhede by die Kusile- en Tutuka-kragstasie sal na verwagting teen Woensdagmiddag weer in werking tree.”
Eskom moet tans sonder 2 329 MW se opwekkingskapasiteit klaarkom weens beplande instandhouding, terwyl 15 988 MW nie beskikbaar is nie as gevolg van eenhede wat onverwags onklaar geraak het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
As Eskom kompetisie gehad het sou hy baie klieente verloor het met die swak diens en aanhoudende verskonings.
Ek gaan maar net die helfde van my DSTV rekening betaal aan die einde van die maand , omdat ek probleme het om dit te gebruik . Dit is pateties om die minste te se.
Elke dag se storie. Ons is bitter naby aan n totale ineenstorting. Die Eskom plunderaars sit lekker in hulle huise met kragopwekkers.
Hoe verkoop jy krag (PRE PAID) WETENDE jy het nie n produk om te verkoop nie? Is mos blatante bedrog?
Verbeel ek my of sukkel hul nou selfs om ordentlike loadshedding toe te pas…ekt het nog niks gekry nie? So unfair!