Beurtkrag weer moontlik

                                                                                                       Foto: GCIS

Foto: GCIS

Eskom sê hy verwag dat die kragnetwerk Donderdagaand weer onder druk sal verkeer.

Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, sê beurtkrag is Woensdagaand toegepas aangesien van Eskom se kragopwekkers onbeskikbaar was. Hy sê twee eenhede by die Duvha- en Kendal-kragstasies het afgeskakel en dat die kapasiteit wat gewoonlik van Cahora Bassa verkry word nie beskikbaar was nie.

“Ons vra om verskoning vir die ongerief aan geaffekteerde kliënte. Ons vermoed egter dat die stelsel Donderdagaand tussen 17:00 en 21:00 weer onder druk sal wees en doen ‘n beroep op gebruikers om elektrisiteit spaarsamig te gebruik in die tyd,” het Etzinger gesê.

Hy sê in ‘n poging om beurtkrag te vermy moet elektrisiteitsgebruikers alle nie-noodsaaklike toestelle soos swembadpompe en geisers in die periode afskakel.

“Kommersiële kliënte, spesifiek winkelsentrums en kantoorblokke, kan die grootste verskil maak deur nie-noodsaaklike ligte af te skakel en nie kantoortoerusting soos fotostaatmasjiene en rekenaars na ure in bystandsmodus te los nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

zahn ·

Kyk, ek verstaan alles, van hoe die probleem ontstaan hetn regdeur tot by die nuwe kragstasies wat nie in werking kom nie. Dis baie maklik, kyk wie is in beheer. My oplossing vir die probleem is die volgende: maak die prys van voorafbetaal elektrisiteit dieselfde, niks gratis nie, hulle mors dit. En tweedens, kyk na die kragdiefstal in die plakkerskampe. Deur net dit te doen kan ons maklik 30% spaar, minimum.

AmY ·

Hier is die oplossing: Die hele land kry pre-paid krag. En as jy nie betaal nie, het jy nie krag nie. Sodoende sal die wat ‘nou lekker lewe’ op ‘gratis krag’, (want mens mag moes die mense se krag sny nie), nie krag hê nie, en… siedaar, krag net vir die wat betaal.

Of is ek nou verkeerd???

Chivago ·

Amy – heeltemal korrek. Dit is egter makliker gesê as gedaan, ek het so ‘n jaar terug aansoek gedoen vir pre-paid en is ingelig dat my verbruik hoer is as die afsnypunt om te kwalifiseer. Maw, hoe meer jy gebruik hoe minder wil hulle toelaat dat jy spaar. So terloops, ons is 2 volwassenes en 1 kind, geen swembad, was wasgoed 1 x per week, gebruik glad nie ‘n tuimeldroer of verwarmers nie so dis nie asof ons vermors nie.

**** ·

Gaan daar weer beurtkrag wees vanaand ?? Ek leer nog vir Geskiedenis,skryf more eksamen !! Leer nog…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.