Beurtkrag weer terug

(Argieffoto: Unsplash)

Beurtkrag sal weer Woensdag van 14:00 toegepas word weens die kragnetwerk wat onder druk is.

André de Ruyter, hoof van Eskom, het Woensdagoggend tydens ‘n mediakonferensie gesê daar is ‘n verhoogde risiko vir beurtkrag weens totale onbeplande verlies aan kragopwekking van 14 444 MW.

Teen die einde van die mediakonferensie het De Ruyter aangekondig dat fase 2-beurtkrag om 14:00 vandag begin en tot Saterdagoggend om 05:00 sal voortduur weens nog eenhede wat onklaar geraak het.

Daar is onder meer probleme by die Kusile- en Medupi-kragstasies.

De Ruyter het ook gesê Eskom is van voorneme om die naweek meer as 3 400 MW se opwekkingsvermoë af te skakel ten einde instandhouding op sewe eenhede te doen. Dit is egter nie duidelik of Eskom nou hiermee gaan voortgaan nadat beurtkrag weer ingestel moes word nie.

Eskom het kort na die mediakonferensie in ‘n verklaring gesê fase twee-beurtkrag word geïmplementeer weens voortdurende onvoldoende opwekkingskapasiteit en die verlies van ‘n eenheid elk by die Medupi-, Duvha- en Kendal-kragstasies vanoggend. “Dit is om die oorblywende noodreserwes by die oopsiklusgasturbines en pompopgaarstasies te bewaar om hoër fases van beurtkrag te voorkom.”

Van die vyf eenhede wat gister onklaar geraak het, is ‘n eenheid elk by die Majuba-, Kriel- en Matimba-kragstasies weer in diens geneem terwyl daar steeds herstelwerk gedoen word by die oorblywende twee eenhede.

Totale onbeplande verlies aan kragopwekking het teen die einde van die mediakonferensie 15 485 MW beloop terwyl beplande instandhouding op 4 100 MW was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Johann ·

Kan hulle net ophou om EERS te se die “netwerk onder druk” en dan 3 ure later “beurtkrag”! Se net van die begin af beurtkrag! Ek laat my nie vertel hulle het nie al gister geweet van beurtkrag nie. Ons is nie stupid nie!

Belinda ·

Dis net soos covid, hulle weet presies wanneer die volgende vlaag gaan gebeur…. ek wonder net hoe het hul nou hierdie paar ander dae dit reggekry om nie beurtkrag in te stel nie (seker het iemand in n hoe gesag iets aangehad dat hul hom accomodate het) maar nou eweskierlik kan hul weer nie voorbly nie. snaaks…

VaalDonkie ·

Wat kan mens nou se wat nie alreeds honderde male gese was nie? Ek het in elk geval vanmore al my herlaaibare ligte deurgekyk en ek kry nog ‘n UPS more sodat ek kan aanhou werk as die krag afgaan vir lang periodes.

Strandloper ·

Try ducktape….meer tegnologie in dit as almal saam by esdom

Heinrich ·

Dankie Cyril, jou span se verantwoordelike bestuur van staatshulpbronne word raakgesien…

Adriaan ·

Daar word herhaaldelik met groot fanfare aangekondig dat “herstelwerk” en “instandhouding” gedoen gaan word, net vir dieselfde kragsentrales om keer op keer op keer probleme te gee. Hoe lank verwag hulle moet mense dit glo?

piet ·

Wat gebeur by ander maatskappye? Die CEO word gepos. Laat hierdie ou gaan en kry iemand anders wat die skip behoorlik kan bestuur.

Gerhard ·

Ek weet julle almal het al gehoor wat ek nou gaan se en ek weet almal is al net so frustreerd soos ek oor die hele beurtkrag besigheid. Waarom word die buurlande, wat krag van SA kry, nogal teen n laer tariewe, nie ook aan beurtkrag onderwerp nie?? Dit is regtig n skande wat ons regering en ESKOM aan ons mooi land se ekonomie doen. Ek is regtig siek en geirriteerd met alles wat hier aangaan. Oral waar die AenC betrokke is, is dit bankrot en of beroof. Skande Skande Skande

Etienne ·

Ag ou Andre, jy smyt jou naam weg! Niemand glo julle meer nie. More stage 4 voorspel ek….Hoop nie ek loop jou op die strand raak nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Johann ·

“totale onbeplande verlies….” Sê ALS!!!!!! Dis wat gebeur as ABSOLUTE ONBEVOEGDHEID die standaard funksionele vlak van n KADER ONTPLOOIDE personeel korps is.

Die RSA is in ENORME MOEILIKHEID!!!!!!

piet ·

Ek dink die CEO is useless. Ons het nog NOOIT so baie kragonderbrekings gehad nie.

Anoniem ·

Die CEO kan nie pa staan vir ‘n netwerk en kragsentrales wat 20 jaar gelede verkeerd ontwerp is en meer as ‘n dekade geneem het om voltooi te word nie. Hy kan die gemors ten beste net probeer bestuur, maar die skade is reeds aangerig.

cccp ·

… en weer-eens by die spoggerige, blink-nuwe trots van ANC-ESKOM, Kusile & Medupi korrupsie-stasies. Wat ‘n verassing.

Gerrie ·

Ek het gedink Andre is die regte man vir die job, maar hy lieg enbedrieg almal,jy stel almal teleur met jou gekonkel,

piet ·

Hy’s useless. Dit gebeur as jy ‘n ou aanstel wat geen kennis van die bedryf het nie. En jy’s reg, hy lieg. Hy het in die begin gese mense moet hom 2-jaar gee om dinge reg te ruk. Dinge is nou erger as ooit tevore.

Wakkerslaper ·

Mnr. De Ruyter kan nie die skuld gegee word nie. Inteendeel, ek dink hy doen sy uiterste bes om ESKOM net weer op ‘n manier aan die gang te kry. Vir die laaste 25 jaar is ESKOM geplunder en en tot in die grond in vernietig deur die terroriste regime en maaitjies – dit gaan JARE vat om die skade te herstel! En vandat Mnr. De Ruyter dinge probeer regruk by ESKOM kry hy die wind van voor. Ek het ‘n baie sterk vermoede hier is sabotasie en terreur aan die gang om Mnr. De Ruyter uit te probeer kry. Te veel korrupsie word uitgewys en te veel kaders verloor nou baie geld… en ons ken hulle geskiedenis van terreur pleeg as jy nie gelukkig is nie.

piet ·

Twak. Onder sy beheer het ons die meeste kragonderbrekings ooit. Hulle moet ontslae raak van hom en gou ook. Sy beste is duidelik ontoereikend, kry iemand wat werklik die situasie kan regruk.

Vexed ·

Ek stel voor jy lees weer wat Wakkerslaper geskryf het en reageer dan daarop. Wie stel jy voor moet Andre vervang? Enige idees is welkom.

Kokerboom ·

Nuwe kragsentrales Medupi en Kusile en eenhede onklaar? Die 2 kragsentrales het belastingbetaler duur gekos weens nalatigheid/bedrog en vorige Eskom bestuurders het skotvry daarvan afgekom. Skande

piet ·

Die goed is weer buite werking weens die nalatigheid van die huidige bestuurders. Useless, laat hulle gaan en kry iemand anders.

Jeffrey ·

Hier is raad vir mense wat nie sonpanele kan bekostig nie en ook nie lus is om te sukkel met n kragopwekker, dienste daarvan en petrol nie.
Laat sit vir jou n 3000w inverter in met twee deep cycle baterye wat hul op bote gebruik wat automaties charge wanneer daar krag is met n trickle charger en koppel dit op 3 of 4 addisionele muurproppe langs jou bestaande muurproppe wat netjies geinstalleer word met “trunking”. Met krag onderbrekings prop jy dan net jou lampe, tv’s, yskas, wi fi ens in daardie “dedicated” proppe in todat krag weer aankom. Jy kan heelwat goed so hardloop in jou huis vir om en by 3 tot 4 ure en meeste elektriesiens kan dit doen vir om en by R15 000. Ken mense wat so iets laat doen het en hul stelsel hou nou al n paar jaar.

Janine ·

Ons ligte, Internet, tv ens, hardloop al paar jaar lank so. Voor arme De Ruyter oorgevat het…. ;)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.