Beurtkrag weer toegepas: Só lyk vooruitsig

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Eskom het aangekondig beurtkrag gaan van Donderdag 08:00 weer toegepas word.

Volgens die kragvoorsiener sal fase 2-beurtkrag tot 22:00 toegepas word. Dit is weens die vertraging met die indiensstelling van vyf opwekkingseenhede asook vier eenhede wat onbeplande onderbrekings laas nag en vanoggend ondergaan het.

Vier eenhede het sedert Woensdag by die Kriel-, Tutuka- en Kendal-kragsentrale uitgeskop. Eskom sê daar is vertragings om twee opwekkingseenhede by die Tutuka-kragsentrale weer in diens te stel, asook ʼn eenheid elk by die Duvha-, Matimba- en Kusile-kragsentrale.

Die onbeplande onderbrekings het 2 000 MW beloop en die instel van beurtkrag sal Eskom help om aan die stygende vraag na krag te voldoen terwyl daar gewerk word om die onbeplande onderbrekings te herstel.

Die moontlikheid is groot dat fase 2-beurtkrag teen die aand na fase 3 kan skuif.

“Die druk op die kragnetwerk kan dalk regdeur die naweek voortduur.”

Die kragvoorsiener het ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsamig te gebruik en hom by te staan om die vraag te verminder.

Eskom sê hy sal verbruikers in kennis stel indien daar wesenlike veranderinge in die vraag na krag of die druk op die kragnetwerk is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wondermaarnet ·

Same old, same old. Dit sal seker nooit eindig nie.

Hennie ·

Wat ‘n spul patete! Het al die tyd in die wêreld gehad om behoorlike instandhouding te doen toe die vraag baie laag was gedurende die Vlak 5 inperking. Maar, omdat die trein meer as 47% oor staff is het die klomp glo nie geld nie. En die salarisse van hierdie mense is om van te droom! Gaan kyk maar by die kragsentrales waarmee ry die werknemers.
30 jaar terug was dit Dutsun 120Y’s en Volla’s. Vandag is dit Porsche en peper duur bakkies! Baie het sommer twee smart karre!

Joggie ·

Eskom “werkers” is die beste betaalde elektrisiteitmaatskappy in die wêreld!

Daleen ·

So waar wat jy se Hennie. ‘n Mamma van’ n kind wat saam my kleinseun swemlesse gevat het is ‘n “manager” by Megawatt Park – Eskom hoofkantoor. Hoor altyd hoe sy praat sy het vandag – op’ n werksdag – vir spa behandeling gegaan. Ry ‘n BAIE luukse kar. Doen opgraderings by die huis. En sy is’ n enkel ma. Ek het net altyd gedink hoe kry jy DIT reg? Ek dink korrupsie is baie algemeen in staats departemente en ons moet vir “die gelag” betaal.

Charl ·

Ek kom van n eskom dorpie af met die naam Kriel, die eskom werkers ry verseker nie met duur karre rond nie, en werk hul gatte af. dis die spul by megawatt park wat die duur karre ry en geld weghou van die kragsentrales af

Prikkie ·

Ken van hulle persoonlik wat nooit ‘n voet uit die kantoor sit vir werk doeleindes nie, maar ‘n reuse motortoelaag elke maand kry. Koop gereeld nuwe motor.

Michael ·

Ou De Ruyter is net so diep in die ANC se sakke soos al die ander. Met hom daar het net mooi niks verander nie want dis eintlik die vakbonde en ANC wat Eskom beheer.

koos10 ·

Hy is so diep opgekruip dat as CR tande borsel word sy hare gekam!

Martie Smartie ·

Ja nee wat het Andre de Ruyter nou al vermag in 8 maande – sweet blou all. Baie fabrieke funksioneer nie eens nie, hoe kan Eskom net bly droog maak ?

Excalibur ·

Ja-nee, so reis ek ‘n wyle gelede deur die DRK en daar in die dorpie Kindu vra ‘n passasier: Wat merk jul op was hier voor vuur vir verhitting, kerse vir lig, die gehawende omstandighede en geen infrastruktuur vandag? Ons dink nog so ‘n rukkie terwyl die Langley ons al lyfskuddend deur ‘n paar slaggate in die eens dubbelbaanhoofpad beur…en hy wys en se: “Krag, Treine & Teerpaaie!” en so waarlik daar sien ons ‘n stukkie teer uitsteek tussen al die slaggate, ‘n staalstompie van ‘n elektriese dubbeloorhang straatligpaaltjie in die gras en…by die groot rivier; sowaar in ‘n gehawende treinloods, ‘n paar “ZAR” treintrokke en oorgroeiede staaltreinspore wat die aangresende woude inlei; Suid…RSA toe. Die gids se vinnig dat eens 2 x US dollars = 1 Zaire dollar was en dat ons Suid-Afrikaners nie verbaas moet wees as hy net soos ons land se VN-soldate vandag in sy DRK; eendag in ons geliefde RSA; as VN-soldaat sal kom diens doen nie…en ons se almal vinnig NOOIT! Maar nou wonder ek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.