Beurtkrag weer toegepas: Só lyk vooruitsig

(Foto: Matthew Henry/Unspslash)

Eskom begin om 9:00 Maandag weer beurtkrag toepas.

Volgens die kragvoorsiener sal fase 1-beurtkrag tot 23:00 toegepas word. Beurtkrag sal moontlik ook tot Donderdag toegepas word.

“Dit is weens die aantal eenhede wat onbeplande onderbrekings ondergaan het en eers na verwagting in die week weer beskikbaar sal wees.”

Volgens Eskom sal dit die kragvoorsiener help om noodreserwes op te bou. Die noodreserwes is uitgeput terwyl die kragvoorsiener gespook het om die ligte aan te hou te midde van onderbrekings einde verlede week.

“Die toepassing van beurtkrag sal Eskom in ʼn beter posisie plaas om aan die stygende vraag te voldoen. Daar word intussen gewerk om die onbeplande onderbrekings te herstel.”

Eskom het gesê die kragnetwerk is tans onder druk. Onbeplande onderbrekings het 19:20 Sondag 11 700 MW beloop terwyl beplande onderbrekings weens instandhouding 4 963 MW beloop het.

Die kragvoorsiener het ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsamig te gebruik en hom by te staan om die vraag te verminder.

Waar kry ek my beurtkragskedule?

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 0860 037 566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die munisipaliteit se webwerf besoek om jou beurtkragskedule te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Scalla ·

verskonings, verskoning op verskoning, raak nou keelvol vir die spul se veskonings, doen iets daaraan!!!

Jaco ·

Waarom noodreserwes as daar oorgenoeg steenkool is dat van dit uitgevoer word? Iets maak nie sin nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.