Beurtkrag weer toegepas

kersEskom het om 16:00 Donderdagmiddag landwyd met beurtkrag begin weens lae dieselreserwes.

“Ongelukkig is dit nodig om fase twee-beurtkrag van 16:00 tot 22:00 toe te pas,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van die Eskom, gesê.

“Die dieselreserwes is basies uitgeput en ons is om die rede in ʼn moeilike situasie.” Die diesel word gebruik om die oopsiklus-gasturbines te bedryf. Dié kragstasies gebruik diesel om krag op te wek.

Etzinger het gesê die huidige vraag na elektrisiteit is hoër as Eskom se kapasiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Andries ·

Pragtig man ! jy het agtergekom die dieselreserwes is uitgeput. GEE DIE MAN N BONUS.

pop ·

Elke keer n ander storie en verskoning. Hulle weet nie of hulle Arthur of Marther is nie.

snip ·

Anon, ek weet nie in watter gedeelte van limpopo jy is nie, maar ons is hier teen die waterberge, en glo my eishkom hou nie by die tydgleuf wat hulle op hulle webwerf aandui nie.

Lourens Erasmus ·

Ons bly in Thabazimbi en hul gese krag gaan af wees tot 22:00 en dis al n half uur later en nog geen krag nie. Hoe werk hul dit uit want duidelik is hul onbevoeg en weet nie wat aangaan nie!!!!

lourens ·

Ek dink Eskom moet begin leer hoe werk tyd want hul worry ni oor ander mense nie solank hul sakke vol geld is maak ander dinge mos nie saak v hul nie. Hul moet begin wakker skrik of gee hul nou die skelms kans om tedoen wat hul wil!!!!!!!

boer ·

Afrika tyd mense, hulle werk op Afrika tyd. Dit beteken ek doen iets waar en wanneer ek wil,en vir solank as wat ek wil. Dis die tyd wat Eksdom gebruik.

Ek wonder of hulle die kragstasie wat met die diesel generators werk, onderhou, of gaan hulle dit ook net aanhou gebruik totdat dit ook oppak?

Pedrie ·

Briljant!! EN daar is sprake dat ons 13% meer gaan betaal vir elektrisiteit 2015 en weer in 2016 ook.

Ockert de Reuck ·

Daar is in 1985 gese hulle gaan die land onregeerbaar maak, hulle kry dit nou reg

adrian ·

as hulle kon sou hulle die MAAN ook af gesit het. Dankie vir die wonderlike natuur- laat die vlermuise maar uit kom, ons is reg vir hulle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.