Beurtkrag weer vandag toegepas

Argieffoto

Nadat Suid-Afrikaners vir meer as ‘n maand geen beurtkrag moes verduur nie, het Eskom Sondag aangekondig dat beurtkrag weer vandag toegepas sal word.

Die kragvoorsiener sê in ʼn verklaring Fase 2-beurtkrag sal van 13:00 tot 22:00 toegepas word. Dit is weens ʼn tekort aan kragkapasiteit. “Ons moet ook ons noodwater- en dieselvoorraad spaar en opvul om die moontlikheid en omvang van beurtkrag in die komende week te beperk,” lui die verklaring.

Tydens Fase 2-beurtkrag word 2000 MW krag op ʼn rotasiebasis bespaar op enige gegewe tydperk. Eskom het verbruikers herinner dat beurtkrag as ʼn laaste uitweg gebruik word om te verhoed dat die kragstelsel geheel en al ineenstort en die hele land sonder elektrisiteit gelaat word.

“Ons doen ʼn beroep op inwoners en sakeondernemings om elektrisiteit spaarsamig te gebruik. Skakel asseblief geisers en alle nie-noodsaaklike ligte en ander toerusting af om verbruik te verminder.”

Verbruikers wat deur hul munisipaliteit krag ontvang, kan op die bepaalde munisipaliteit se webtuiste kyk vir die beurtkragskedule. Direkte Eskom-kliënte kan www.loadshedding.eskom.co.za/ besoek of die inbelsentrum by 0860 037 566 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Wynand Swart ·

En wie se skuld is dit dat die krag network gaan val?

Hoc est bellum ·

ANC spog: “If the rand drops, we will pick it up.” Jy sal nie aan elektriese kragkabel vat as hy val nie, Pappie! ?

Ig ·

Dank die Vader ek het belê in Sonkrag. Kry almal jammer wat in Eksdom se genade oorgelaat is.

Gert Coertzen ·

Ek het nog nooit so groot bog storie gehoor nie! Maar net voor en gedurende die aansoek vir ‘n krag verhoging .Dan het ons ewe skielik beurt krag. Hulle lieg en bedrieg net om meer geld in hulle koffers te kry.

sarah ·

Nonsens…twak man…hulle kry nie die verhoging wat hulle wil hê nie…so ek glo julle storie glad nie…hoe dom dink julle is die mense…???

Ben ·

Waarvoor moet die publiek julle help? Julle mors ons geld met julle korrupsie, wanbestuur en super swak beplanning. Julle het geen genade as julle, julle tariewe vir jare nou al 3 keer die inflasie koers maak nie. Julle het 13 bonusse wat min maatskappy gee. Julle bestuur kry astronomiese salarisse. Wat sit julle op die tafel? Eskom word befonds deur die belasting betaler en dan word die belasting betaler uitgebuit?

Oom Koos ·

Raai wat ? Daar sal wel krag op 8 Mei wees sodat die piepols weer hul gunsteling party kan instem.

CW ·

natuurlik .stemvee moet sorg dat die rowers verder kan plunder

Keelvol ·

Aag Bog!!!!
Het mos aansoek vir verhoging vergroot. elke keer so.
Geen te kort..
Hulle kerm dan juis dat daar nie winns is nie omdat te min krag verkoop word. Daarmee stem ek saam. Te min word verkoop want te veel word weggegee. Hoe dink hulle.
Eintlik mors ek ook net my tyd want die ouens wat moet weet hoe ons betalers voel lees nie hier nie.

Sparkie ·

Die ekonomie het ineengestort, werkskepping het ineengestort, SAL het ineengestort, SARS het ineengestort, laat die kragnetwerk ook ineenstort! Dan het SOWETO, wat R15 biljoen skuld aan Eskom skuld, ook nie krag nie!

Elna ·

Hier in Kzn sit ons sonder water vanaf Woensdag en van 1 uur vanmiddag sonder krag ook nog. Dankie Ramaphosa en die cANCer regering!!!

Alet ·

Kan Maroela Media miskien ondersoek instel na telkomlyne wat al af is van die 2de Feb in dele van Kraaifontein. Hul gee geen verduideliking as jy navraag doen. Veral Belmontpark word geraak.

Dafer ·

Jy grap seker Alet! Maroela doen nie ondersoekende joernalisme nie!

Cherokee ·

Wat nie vertel word nie, en hierdie is inligting vanuit ‘n uiters betroubare bron, is dat geen krag voorsien gaan word vir 3 volle dae! Inligting is steeds skraps waarom, maar die 29ste, 30ste en 31ste van hierdie maand sal die krag netwerk heeltemal afgeskakel wees.

Karlien ·

Februarie het nie 30 of 31 dae nie dalk het die betroubare bron die verkeerde maand beet?

smurfie ·

Hahaha, skerp Cherokee.
Ek dink daar gaan ouens wees wat nie gaan snap dis net n grap nie… Karlien

Chris Ws ·

Ha ha ha dis ‘n baie goeie een!iemand moet dalk vir Evkom se hulle kan vir 3 dae baie krag spaar deur dit vir die hele land af te skakel!!ha-ha!

Cherokee ·

Chris, dit is so lekker om weer iemand te sien praat van EVKOM…

BaasJan ·

Die land se beskikbare elektrisiteit word gemeet in die hoeveelheid breinselle wat ESKOM bestuur…

smurfie ·

Fanie, word wakker. Dis net n grap!
Jyt geen sin vir humor nie

Maljan ·

Dis nou weer eskom se manier van geld maak. Sonder loadshedding sou ons egalige kraghebruik gehad het . maar as die krag so ruk lank af was, word ekstra krag gebruik om alles weer aan die gang te kry. Wie probeer hulle bs met die stunt?

John ·

Hoekom wil dit so al ruik na atoomkrag wat in aantog is? Die nuwe planne gaan die land in ellende dompel en mens hoef nie ‘n siener te wees om dit aan te voel nie. Die planne om Eskom in drie te deel, beteken dat drie besture aangewys sal word met ooreenkomstige salarisse en byvoordele en ‘n oorkoepelende bestuur met super-voordele en natuurlik vir almal nuwe kantore en personeel en die nodige ekstras. Alles om beleggers en banke te probee flous om meer lenings te gee vir elkeen afsonderlik, ipv vir een groot bedryf. So wil hulle afdankings probeer verhoed en die lekker lewe voorsit. Ons moet maar hoop die IMF en Wereldbank en what not het die afgelope tyd op hul koppe geval en kan nie meer somme maak maak nie. Daar is darem altyd die Ooste om oor te vat, maar dit gaan ‘n ligte mistakie wees…

trevor ·

En so hou hulle ons ‘at ransome’ as jy nie tevrede is met die 18 persent verhoging in my salaris sit ek af.

Koos de Meyer. ·

Die steenkool is seker na daardie 40 Chinese skepe toe wat buite Richardsbaai hawe lê. Die dood moet mos ‘n oorsaak hê.

Elizabeth ·

Nou tantrum Eskom om tariefverhogings te kry. Kom ons tantrum terug en belê in gasstowe en sonpanele …

JWC ·

En FW het die goed nie geweet nie?? Maar daar word steeds ANC gestem… Very intelligent – very!!

CW ·

hy het nie omgegee, sy geld mos gekry en verder het hy agter sy kop aan geloop of gehardloop

Johan ·

Die enigste MPY in die geskiedenis van tyd wat jou aanmoedig om Nie sy produk the gebruik Nie….Een van daai slegs in SA/Afrika scenarios ?????????????

Johanna Botha ·

En so skop die realiteit weer in van die gemors waarin die anc die land het …al die gepraat is leeg !

Jack Sadie ·

Bredasdorp ,’n klein dorpie in die Overberg, het net 4dae hierdie maand geen kragonderbrekings. 12dae dubbele onderbrekings. Bredasdorp betaal Eskom. Soweto, ‘n reuse krag misbruiker, het net 4dae dubbele kragonderbrekings en 12 dae geen kragonderbrekings!? En…hul rekekening is al voorheen afgeskryf!? Moet ons ook staak!?

Tanya ·

Kyk wie gee om julle wil nou goed op ons af dwing.Sorry ne julle probleem.As almal gas en sonkrag in sit wat dan.Nee julle het al weer nie gedink niek het alles gas in en begin nou met sonkrag

Bart ·

Back to the future.
Op skool het die dorps kinders ons gespot. Want ons het n generator gehad vir ligte en TV, n boorgat vir water en gas vir warm water.
Sou wou hoor wat sê hulle vandag

Wilma ·

Sorry ons val nie vi jul.leuens. .govt is soos n vreemde hond. Jy vertrou.hom nooit. Vertel die.liegstories vi jul.ondersteuners. die wie als vi soetkoek.opeet. HAJAHA. WTF

HPV ·

Alweer ‘n patetiese getjank en weeklaag van Eskom, wag seker nog steeds vir hul 2019 astronomiese prestasie bonusse asook salaris verhogings. Dit is in elk geval waar die meerderheid van die geld gaan, die res aan wanbesteding.
Wel ek het nuus vir hulle, teen die tempo wat besighede en veral gewone huishoudings hul wend na alternatiewe krag krimp hul inkomste daagliks.
Een van die dae sal hulle seker wetgewing aanvra dat ons nie meer sulke krag mag gebruik nie of dat ons belas word indien ons dit gebruik.

Joe Olivier ·

Doelbewuste en onwederregtelike weerhouding van krag, vanaf die SA se betalende publiek, in n poging om sy korrupte bestuur te finansier sien ek as niks anders as terrorisme nie.

aj ·

Suid Afrika moet geleidelik afskaal op duur ingevoerde olie wat tans werksgeleenthede finansier in ANDER LANDE.

As alternatief moet SASOL se wêreldklas brandstofvervaardigingstegnologie van brandstof uit steenkool, drasties uitgebrei word om ‘hitec’ weksgeleenthede in SUID AFRIKA te skep.

Sodoende word WAARDE TOEGEVOEG tot SA se onverwerkte STEENKOOL. Terwyl die gespaarde buitelandse valuta t.o.v. olie aankope benut word om meer SASOLS te bou.
(Ook vir AFRIKA!)

Die land se afhanklikheid van ingevoerde olie word daardeur verminder sowel groter beskerming teen die onvoorspelbare VSA dollar.

Mettertyd kan SASOL en ESKOM alternatiewe (son en wind) elektrisiteit opwekkingsaanlegte ontwikkel om voorsiening te maak vir die steenkoolreserwes wat opgebruik gaan word.

aj ·

DOELBEWUSTE SABOTASIE!

In die MAGSTRYD tussen EKSDOM moguls en President Paddapot!

Teen die verdeling van EKSDOM in 3 entiteite … (en die geleidelike privatisering daarvan!).

… en die 18% elektrisiteits verhoging wat EKSDOM by Nersa ingedien het.

Die enigste besigheid wat kliënte vra om minder van hulle produk te gebruik … terwyl hulle produksie en inkomste verminder!

Ek ·

Ai tog dink Eskom nou regtig ons as verbruikers is so onnosel. In die middel van die somer kragonderbreking net voor tarief verhoging. Ons moet begin weg doen met eskom.

Oom Walker ·

En dit nogal op ‘n Sondag wanneer die aanvraag op sy laagste is omdat meeste kantore, fabrieke, besighede, ens. dan toe is…

Adrian ·

Jammer Rhamaphosa jy wil escom in 3 dele verdeel dis net so goed as om die stoele op die titanic dek rond te skuif escom en die land is besig om onder die golwe in te sink te danke aan wie …… die ANC

piper ·

as eskom in drie gedeel word gaan dan drie departemente verskonings kan maak vir probleme,. ek verneem dat inplaasvan plaaslike bevoegde persone in diens geneem word kry eerder buitelandse werkers hoofsaaklik van italia , werk by eskom. hulle vat al die geld die land uit wat hulle hier verdien. bevoegde wit werkers word oor die hoof gesien,. skande.

Gert van Wierdapark ·

Kragvoor-siener se voet – eerder Krag-agterent-siener!

aj ·

Total ‘blackout’!

Dis wat jy kan verwag as jy ‘n bestuurder van ‘n ‘spaza shop’ aanstel oor die wêreld se 4de grootste kragvoorsiener nl. ESKOM!

‘Watch this space!’

Wat laat die ANC dink dat hulle kaders bekwaam genoeg is om SONDER ERVARING te kan BESTUUR in wêreldklas organisasies?

Glo hulle werklik dat slegs VELKLEUR ‘n persoon kan laat kwalifiseer vir ‘n top bestuurspos?

Glo hulle werklik dat slegs velkleur voorkom het dat hulle voor 1994 in top bestuursposte aangestel is?

Selfde by SAL, PRASA, DET ensovoorts!

Mzanzi!!!

Heksie ·

Julle wil tariewe verhoog, maar julle kan steeds nie die ligte aan hou nie?
Absoluut absurd!!

GM ·

‘n Uur of twee sou ek dalk nog kon hanteer het, maar amper vyf en ‘n half ure van loadshedding?
Plaas hul die geld gaan invorder by die informele nedersettings wat vir niks betaal nie.
Ons betaal belasting, levies, grondbelasting en het koopkrag. So waar is die diens?

Solar ·

Wat anders werk reg? Hoekom sal Eksdom reg werk? In Afrika moet jy slim wees, gebruik sonkrag en lag vir Eksdom! Hulle is bankrot, maar besef nie met beurtkrag kry hulle nog minder geld in nie!

Clipper ·

En natuurlik gaan Eskom se inkomste nou verder daal en hulle sal ‘n groter verhoging wil hê

Elizabeth ·

Ek dink dit het nou hoog tyd geword dat ‘n noodtoestand rondom Eskom afgekondig word. Hulle trek die hele land saam met hulle in die swartgat in. Geen betogings toegelaat, geen verdere ontwrigtings, sit alle bestuur op halfsalaris terwyl besluit word watter enkelinge mag bly. Kry internasionale konsultasie en dwing hulle aanbevelings af. Ons staan op die rand van die Eskomgat en kyk, terwyl dit daagliks onder ons wegkalwe.

Piet parys ·

Wonder of die buurlande ook beurtkrag kry en of hulle rekeninge betaal is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.