“Fase 1-beurtkrag sal van 16:00 tot 22:00 toegepas word weens ʼn tekort aan kapasiteit,” het die kragvoorsiener gesê.
Eskom het die naweek landwyd fase 2-beurtkrag toegepas. Die kragvoorsiener het vroeër Maandagoggend gesê die kragnetwerk sal die week steeds onder druk wees en dat die moontlikheid van beurtkrag hoog is. “Daar is ʼn tekort aan opwekkingskrag weens eenhede wat tans weens beplande en onbeplande instandhouding nie krag aan die netwerk kan voorsien nie.”
Fase 1-beurtkrag maak voorsiening dat tot 1000 MW se kragverbruik gesny word, fase 2 tot 2000 MW en fase 3 maak voorsiening vir die sny van tot 4000 MW se kragverbruik.
Indien jy ʼn Eskom-kliënt is, klik hier vir die beurtkragskedules.
Munisipale-kliënte kan hul beurtkragskedules op die onderskeie munisipaliteite se webwerwe kry. Eskom publiseer ook van die munisipale skedules hier.
Beurtkrag is al van voor 8:00 vanoggend toegepas. Ek wonder net hoe werk die skedules. Het sekere areas meer beurtkrag as ander? By my werk sit ons tot 2 keer per dag sonder krag en by die huis het ons nog nie 1 keer beurtkrag gehad nie en ek bly en werk soos 5 min se ry uit mekaar uit.
Ek ondervind dat beurt krag net in sekere areas toegepaas word. Ek sal graag ook wil weet hoekom dit so is en vir watter rede. Ek was gister in Kwagas Rand, Pretoria en daar rond gevra of daar beurt krag plaasvind en die antwoord was nee.