Beurtkrag wél nou tydens spitsverkeer

Argieffoto

Eskom het sy goeie voornemens om beurtkrag tydens spitstye op te skort, laat vaar. Die kragvoorsiener het aanvanklik gesê om die las op verbruikers te verminder, sou die entiteit nie beurtkrag van 06:00 tot 09:00 en 16:00 tot 18:00 toepas nie.

Eskom het egter Dinsdag gesê as gevolg van verdere kragonderbrekings en bykomende druk op die stelsel, het hy geen ander keuse as om beurtkrag tydens spitstye in te stel nie. “Van ons kragopwekkingseenhede is nog buite werking en ons maak reeds gebruik van noodreserwes om die kapasiteit aan te vul,” sê Eskom.

Teen Dinsdagmiddag het Eskom reeds 11 770 MW se krag verloor weens onbeplande onderbrekings. “Daar word hard gewerk om eenhede wat tans nie in die stelsel is nie te herstel en so vinnig moontlik weer aan die werk te kry.”

Fase 2-beurtkrag sal waarskynlik nog tot môre (Donderdag) duur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Daniel Pieter Schoeman ·

Weer eens gaan sy die krag op die regte plekke dan is beurtkrag nie nodig nie . Daar is heelwat wat nog nooit betaal het nie en dink jy hul sal probeer spaar. Nee Eskom word wakker en hou die krag aan

Ena1978 ·

En dan kry jy die munisipaliteite wat nie die gelde aan Eskom oorbetaal nie. Alhoewel daar mense is wat hulle gelde aan die munisipaliteite betaal dan sluk die munisipaliteit die geld. Dit maak my knorrig. Sny die middelman uit (die munisipaliteit) en laat die publiek direk hulle geld aan Eskom betaal. Dan gaan wel een klein probleem soort van oplos.

Niné ·

Ek is al so moeg vir Eskom se stories en verskonings. Ek glo niks wat hulle meer spin nie. Ek gaan van vandag af niks meer oor hulle lees nie. Laat weet my oor tien jaar as enige iets verander het. Oor en uit.

Jaco ·

Ek voel dieselfde, dit help my in elk geval niks om daaroor te lees nie, want dit plaas my geensins in n beter situasie nie, dit maak my nie ook meer voorbereid nie want ons het nou al vir dae lank geen beurtkrag gehad nie, maar vandag wel vir die eerste keer, soms gaan ons krag twee keer n dag af, soms is ons meer gelukkig. Soms gaan ons krag ook net af selfs al is daar nie beurtkrag nie. Soms word daar gesê dat geen beurtkrag sal plaasvind in spitstye nie, maar dan gebeur dit nogsteeds met n twee minute “kennisgewing” Daar word glad nie by die skedules gehou nie. So wat help dit ons word “ingelig”. Ons kan dan mos maar self ook raai raai speel, en maar net vrede maak met die feit dat eksdom die krag sal afsit wanneer hulle so voel.

Mensie ·

Laat vir werk elke oggend, gebruik soveel petrol! Laat om kinders te kry in die middae, betaal boete by skool. Kom laat by ‘n donker huis, moet kos op een of ander manier kry, huiswerk doen en kinders bad – een groot nagmerrie van ‘n gemors!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.