Beurtkrag wink eerste keer in weke

Eskom vra verbruikers om krag spaarsamig te gebruik weens groot druk op die netwerk. (Argieffoto: Mujahid Safodien/AFP)

Eskom het Donderdag gewaarsku dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word aangesien die elektrisiteitstelsel tans onder groot druk verkeer.

Intussen het die kragreus ook dienslewering in sommige geweldgeteisterde gebiede in Gauteng onttrek ná afloop van gewelddadige protesoptogte in dié provinsie.

Luidens ʼn verklaring wat Donderdag deur Eskom uitgereik is, het vier kragopwekkingseenhede by die Tutuka-, Medupi- en Majuba-kragstasies die gees gegee. Eskom het Donderdagaand met herstelwerk aan dié eenhede begin.

ʼn Eenheid by die Lethabo-kragstasie is ook buite werking terwyl herstelwerk gedoen word.

Eskom sê hoewel die stelsel tans in goeie werking is, sal hy genoop wees om beurtkrag vir die eerste keer sedert 22 Julie in te stel indien kapasiteit verminder.

“Ons doen ʼn beroep op verbruikers om krag spaarsamig te gebruik.”

Inwoners van sekere gebiede in Gauteng kan bykomende kragonderbrekings verwag, nadat Eskom se werknemers vandeesweek met klippe bestook en verhoed is om toegang tot Eskom se kantore in Diepkloof, Ga-Rankuwa, Mnandi, Robinson en die Zoma-kliëntenetwerksentrum (CNC) te verkry. Betogers het ook paaie versper en bande gebrand.

“Dié aktiwiteite benadeel Eskom se vermoë om kragtoevoer na geraakte gebiede te herstel,” sê Mashangu Xivambu, senior bestuurder by Eskom.

Xivambu sê lede van verskeie gemeenskappe in dié en ander betrokke gebiede peuter met kragmeters, maak onwettige kragkoppelings en beskadig elektrisiteitsinfrastruktuur wat tot sporadiese kragonderbrekings lei.

Sodanige onwettige aktiwiteite oorlaai kragtoerusting wat gevolglik aan die brand slaan of ontplof en verbruikers sonder krag laat.

“Om ons werknemers en kontrakteurs te intimideer, gevange te hou en hulle lewe te bedreig is betreurenswaardig.

“Ons sal aanhou om werknemers uit lewensbedreigende omstandighede te onttrek totdat ons meen dit is veilig om bedrywighede in dié gebiede te hervat.”

Xivambu sê dit kos Eskom baie geld en hulpbronne om krag aan “onwettige verbruikers” te voorsien.

Eskom sê hy het ʼn verantwoordelikheid om sy bates te beskerm en volhoubaarheid van bedrywighede te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Elize ·

Onderbreek krag ook in die gebiede waar hulle so erg onwettige konneksies het.

Hennie J ·

Stem heelhartig saam, maar moenie inmeng as die betalers die stelers aanvat nie!

Peter Pan ·

Ons land is ‘n joke! Ek wonder wat ander lande dink van ons patetiese land. Ek kry skaam…

Dries ·

Straf hulle, en laat die onskuldiges met die klipgooiers afreken.

Anoniem ·

Laat die klomp opstokers en die met onwettige aansluitings permanent in duiseternis wees!
Ons betaal belaglike hoë tariewe in elk geval om die klomp te sponser vir die mahalle eenheide per maand wat hul ontvang. Ons land se Sirkus is beslis die grootste een!

Jacobus Stephanus ·

Hoe dink die klipgooiery dan ? Werk dit sonder onderhoud !!! Om die werkers met klippe te gooi gaan die saak net versleg. ????????????????

Michael ·

Dis nie waar dat beurtkrag nou wink vir die eerste keer in weke nie. Ons wat krag direk van Eksdom verkry het al vir maande aaneen elke tweede dag vir ongeveer 5 ure per dag geen krag nie-wanneer jy navraag doen is antwoord eenvoudig-“load reduction”. Maroela julle moet nie toelaat dat Eksdom julle bedrieg met hul verklarings nie

Samuel ·

Volgens Ted Blom bedrieg Eskom ons in verband met beurtkrag.

Jr ·

Mense moet tot die besef kom dat “Eish iss brokken” is nou so ver in verlep is, dat NIEMAND sal dit meer reg kry nie. NIEMAND

Samuel ·

Skakel CR se huiskrag af. Skakel die parlement se krag af. Miskien sal Eskom se verskonings dan ophou. Alles in die land is gekaap, vernietig. De Ruyter kan nie teen die ANC wen nie.

marius ·

Brand en plunder dan kry jy sommer ‘n hele huis vol elektriese toebehore en krag , verniet . Jy mag net nie ‘n malungu wees nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.