Beurtkrag wink vanaand weer

(Argieffoto: Mazhar Zandsalimi/Unsplash)

Eskom waarsku die kans is groot dat beurtkrag vanaand weer ingestel kan word.

Die gewraakte stelsel is Woensdag om 06:00 opgeskort nadat dit oornag van toepassing was.

Eskom sê fase 2-beurtkrag gaan vanaand moontlik weer geld om die kragvoorsiener kans te gee om watervlakke by sy pompopgaarskemas aan te vul en die gebruik van diesel by sy oopsiklus-gasturbines tot die minimum te beperk.

“Die kragnetwerk bly onder druk. Hoewel ons oornag watervlakke by die pompopgaarskemas kon verhoog, gebruik ons tans dié noodmaatreëls, ook diesel, om in vandag se aanvraag te voldoen.

“Sou ons ander opwekkingseenhede kwyt wees, of nié die eenhede waaraan instandhoudingswerk gedoen word aanlyn kan bring nie, kan beurtkrag vroeër in die dag in werking gestel word.”

Woensdag teen 06:00 was 13 471 MW weens bedryfsprobleme nie beskikbaar nie.

“Ons tegniese spanne monitor die situasie en instandhoudingswerk duur voort sodat ons die moontlikheid van beurtkrag kan beperk,” het Eskom gesê.

Die kragvoorsiener het verbruikers gevra om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Aineeman ·

Ek is seker al die straatligte wat landswyd deur die dag brand gebruik baie krag. Begin daar en los ons uit vir n rukkie

JP ·

Magtig eskom kry jou huis in orde, ons is afhanklik van boorgat water en die geding van julle diskwalifiseer ons WATERBEURTE

Dom Vraag ·

Ag nee rerig. En hulle wil bonusse aan hulle betaal!!! Waarvoor??? Hulle lewer nie n diens nie. Moet kragopwekkers aankoop diesel en petrol ook nog en dan nog maandelikse krag rekening betaal ten duurste.
Nee rerig hulle sal vinger moet begin trek

Kobus ·

Eskom wat het van steenkool geword. Hkm is watervlakke nou eweskielik n probleem

Loraine ·

Daar is n oplossing maar die regering wil nie toelaat dat daar meer krag terbinos opgerig word wat genoeg krag kan en sal voorsien sonder geen krag onderbrekings nie. As al die mense net sal saam staan en eis vir beter diens kan dit dalk werk. Daar honderde in Kaap profinsie wat staan en nie werk nie net 1 of 2 wat werk. Kan julle dink met wind in Kaap soos hy nou waai en al die turbinos wat werk sal ons krag he vir die hele SA.

Johanna Botha ·

Hoekom in die aand as meeste fabrieke toe is ? Dit maak nie sin nie ? !

Ai Tog ·

@ Johanna Botha, om almal erger te verontrief en dis mos dan makliker vir die skelms om te plunder en moor.

Elizabeth ·

Ja, ons moet minder krag gebruik, volgende stap is hulle maak nie genoeg wins nie en stoot pryse op. Wat ons nou nodig het, is gratis krag (of absolute minimumpryse) om ons geteisterde gebruikers wat grootskaalse verliese a.g.v. Eskom se onvermoë ly, te bedank vir ons geduld. Eintlik behoort ons nou die keuse te kry om krag elders te koop sodat Eskom behoorlik ten gronde kan gaan en diegene wat diens wil lewer, ‘n kans in die mark kry.

Niklaas ·

Dit sal gaaf wees as hierdie knape dan net hou by die nakom van hul beloftes. Dan wil mens reg beplan as daar sprake is van geen krag vanaf byv 18h00. Vanoggend was daar plotseling krag afgesit vanaf 01h00 tot 03h30 en daar was weining waarskuwing daaroor.

John ·

Dis duidelik dat Eskomwerkers oor die feestyd leeggelè het en nou moet die 13e tjek uitbetaal word. Ons moet Eskom uit ons sisteem kry en gou want dit transformeer in ‘n parassiet wat geld en steenkool vreet en dit afsluk met diesel.

Saartjie ·

Die dorp waar ek bly het ons stiptelik beurtkrag 3 keer per dag en ons munisipaliteit skuld Eskom geen geld nie. Witbank het nie beurtkrag nie. My kollegas wat saam met my werk sé hulle kry nie beurtkrag nie. Wonder hoekom sekere dorpe dit vryspring

J ·

@Saartjie, wie okal dit vir jou gese het lieg, ons in Witbank kry beurtkrag. Onthou net, nie alle dorpe kry dieselfde tye nie, maak nie saak hoe naby hul aanmekaar is nie. Uvongo en Margate (4,2km) uitmekaar se beurtkrag was verskillend.

Elm a ·

As buurtkrag 6am begin…. Hoekom is pelzvale se krag Dan AL van vanoggend af

Wraggies ·

Nee wat hierdie gaan permanent wees, gaan selfs erger word, die wat kan sal moet ander plan maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.