“Dit is met spyt dat ons moet aankondig dat fase 2-beurtkrag van 16:00 tot 22:00 vanaand toegepas sal word,” het die kragvoorsiener gesê. “Enige veranderinge aan die reeds kwesbare netwerk kan op kort kennisgewing tot ‘n verandering in fase lei.”
Volgens Eskom word beurtkrag as ‘n laaste uitweg geïmplementeer. Die kragvoorsiener het ook oor die naweek beurtkrag toegepas.
Gebruikers wat hul elektrisiteit direk van Eskom ontvang kan die beurtkragskedule hier sien, en gebruikers wat deur hul munisipaliteit elektrisiteit ontvang, moet die betrokke munisipaliteit se webwerf besoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Dit is verbasind om te luister na al die verskoonings,en hoe hulle Eskom gaan regruk,nog nooit het die regering of die ANC daar in geslaag om iets regteruk nie,net anders om is waar, van hul vroegste tye word daar gepraat en baie ook,maar niks gebeur, net die soustrein werk.