Beurtkrag Woensdag weens ‘tegniese foute’

beurtkrag

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat hy van Woensdagmiddag af beurtkrag sal toepas.

“Eskom sal van 16:00 vandag [Woensdag] tot 22:00 fase 1-beurtkrag toepas. Dit is weens ʼn toename in kragverbruik en ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit as gevolg van tegniese foute by sommige van ons kragstasies,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

“Eskom wil ons kliënte verseker dat beurtkrag soos nodig toegepas word om die kragnetwerk te beskerm en te verseker dat onderhoud gedoen word om die voorsiening van elektrisiteit op die langtermyn te verseker.”

Die kragvoorsiener het gesê enige onverwagte veranderinge in die kragnetwerk, wat reeds onder druk is, kan lei tot beurtkrag op kort kennisgewing. Die maatskappy het ʼn beroep op kragverbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsamig te gebruik, veral gedurende die wintermaande.

Fase 1-beurtkrag word toegepas wanneer daar ʼn tekort van 1000MW krag is, terwyl Eskom na fase-2 sal oorbeweeg indien die tekort tot 2000MW vermeerder. Fase 3-beurtkrag word toegepas wanneer daar ʼn tekort van 3000MW is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Eddie ·

Ag shame Eskom. Ons weet julle wil n punt bewys deur die krag af te sit sodat julle n increase kan kry. Julle het mos die mense gedreig en gese daar sal nou meer load shedding wees as julle nie dit kry nie. Pleks vat julle die groot salaries wat julle kry en gaan koop diesel met dit. Glo julle sal dan genoeg diesel he vir 2 maande om die ligte aan te hou.

Landie ·

Ek voel soos ‘n vriendin van my se seuntjie dit gestel het, “I hope that company go to the devil”!!! As kleingoed dit al sê moet jy weet HOE moedeloos ons almal al is!!! :(

Gareth Gillmer ·

Ja nou wil Eksdom hul probleem ons probleem maak. Uneducated workers.

Weezie ·

Al so moeg vir dit, Ons krag is elke tweede aand van 6 tot 8:30 af,en dis moeilik want ek kom net voor 6 van die werk af.Ek wens die hele spil kry n kramp!!!!

Dave ·

Wees optimisties en sien die voordele ook raak – elke 2de aand is daar geen 7de Laan!

Hennie ·

“Tegniese onbekwaamheid” moes dit eder gelees het. Al die vaardighede is mos al gevra om die tuig neer te le of is sommer summier afgedank. Wonder net hoe lank gaan die “tegniese foute” nog aanhou.

Dave ·

Korrek…. die ANC en die DA het al die vaardighede gevra om af te tree of oorsee te gaan werk soek en tegnies is dit ‘n groot fout.

Dave ·

Sal dit graag wil lees Anet. Het ander soortgelyke artikels gelees maar sal hierdie ook graag wil lees maar dit maak nie oop. Is die skakel reg? Wat gebeur tussen energy & analyst?

Thys ·

Net te snaaks dat elke slag as hulle meer geld soek die netwerk onder druk is en dat dit enige tyd kan verswak…. En so gebied dit alle keer met verhoging tyd!

Peet Schabort ·

So dit gaan ‘n heel normale dag wees.
‘n Abnormale dag in SA is wanneer niks verkeerd loop.

ella ·

Ja nee ek wil nie spog nie, maar ons dorp is in gedeel saam met n hele paar swart woongebiede. So ons kry maar min krag onderbrekings. As ons kry is dit op n heel gerieflike tyd.

Gerhard Bezuidenhout ·

Tegniese foute se hulle .Indien hulle nie van bekwame mense ontslae geraak het nie was daar nie tegniese foute nie want die mense het geweet wat hul doen die installalies was behoorlik gediens . Indien die ANC gedrewe Eskom nie so rasbehep was nie sou ons ligte gebrand het .Saammet dit het nepotisme en korrupsie gekom en die kragverbruikers betaal nou n duur prys om kaders en trogvarke vet te voer.

Dave ·

Die DA-lede stem saam met die ANC dat velkleur en nie bevoegdheid die kritieke faktor is by wie die land se kragsentrale en ander belangrike instellings moet bestuur, Gerhard. So, hulle mag nie kla nie maar moet tevrede wees want húlle kry waarvoor hulle stem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.